Archive for Januarie, 2007|Monthly archive page
Waar is die Afrikaanse bloggers?
‘n Groeiende lys is te kry by blogafrikaans. Daar is ook nog so ‘n paar by Mweb. Maar eintlik is daar baie minder as wat ‘n mens sou verwag. Ek dink die hoofrede is eenvoudig. Baie mense wat in Afrikaans op die Web skryf, doen so by Litnet se SêNet brieweblad. Daar verskyn honderde briewe per dag wat andersins in blogs sou kon wees. Litnet is al lank in die land en het ‘n baie groot leserstal. Maar sy ouderdom wys – dis nie ‘n mooi site nie, en dis veral nie lekker plek om te navigeer nie. Dis nie so maklik om ‘n spesifieke debat te volg nie, en as jy iets daar weer wil vind is jou kanse skraal. Deesdae se blog – sagteware werk baie beter.
Mense wat daar deelneem kan gerus (as hulle iets sien wat die moeite werd is), dit op blik.co.za byvoeg, sodat die ouens wat nie Litnet wil probeer navigeer nie, dit nog steeds kan lees.
Skep werk met SA se taalbeleid
Inkhata parlementslid Koos van der Merwe het BMW gedwing om hul dienskontrak in Afrikaans (‘en hopelik ander tale ook’) beskikbaar te maak. Hierdie groot maatskappye kom te maklik weg daarmee om SA se grondwet, tale en taalbeleid te ignoreer. As hulle gedwing word om al SA tale te gebruik, sal hulle ‘n paar poste moet skep vir vertalers – meer mense het werk, en meer mense voel welkom in hul eie land. Dis mos goed vir almal.
Dieselfde argument kan ook gemaak word vir SA winkels en openbare plekke wat swak voorsiening maak vir gestremdes. As gestremdes polities ‘n mag word, en winkels en die regering dwing om beter voorsiening te maak vir almal, volg weer so ‘n wen-wen situasie: werkskepping en ‘n meer menslike land waar almal welkom voel.
Natuurlik het alles ‘n ekonomiese koste. Die koste daarvan om die staat se fasiliteite en dienste te verbeter laat bv minder geld oor om op oorsese vlugte of BMW’s vir politici te spandeer.
Comments (7)
Lewer Kommentaar