Skep werk met SA se taalbeleid

Inkhata parlementslid Koos van der Merwe het BMW gedwing om hul dienskontrak in Afrikaans (‘en hopelik ander tale ook’) beskikbaar te maak. Hierdie groot maatskappye kom te maklik weg daarmee om SA se grondwet, tale en taalbeleid te ignoreer. As hulle gedwing word om al SA tale te gebruik, sal hulle ‘n paar poste moet skep vir vertalers – meer mense het werk, en meer mense voel welkom in hul eie land. Dis mos goed vir almal.

Dieselfde argument kan ook gemaak word vir SA winkels en openbare plekke wat swak voorsiening maak vir gestremdes. As gestremdes polities ‘n mag word, en winkels en die regering dwing om beter voorsiening te maak vir almal, volg weer so ‘n wen-wen situasie: werkskepping en ‘n meer menslike land waar almal welkom voel.

Natuurlik het alles ‘n ekonomiese koste. Die koste daarvan om die staat se fasiliteite en dienste te verbeter laat bv minder geld oor om op oorsese vlugte of BMW’s vir politici te spandeer.

No comments yet

Leave a reply