Archive for Maart, 2007|Monthly archive page

Partykeer kry ek so ‘n oranje-blanje-blou gevoel..

as ek ‘n wit, tweetalige blog lees.

Boeke wat jou krag neem

Ek kan nie juis Engelse voorgeskrewe boeke uit my skooldae onthou nie, behalwe ‘My family and other animals’ wat OK was. Op universiteit onthou ek hoe depressing JM Coetzee se boeke was, en hoe verskriklik depressing en vervelig was ‘Story of an African farm’ – miskien sal ek vandag anders daaroor voel, maar lg boek veral het my gees laat verlep. Ook al daai langdradige ou Engelse boeke.
Gelukkig het ons ook ‘The adventures of Huckleberry Finn’ gedoen – wat ‘n fantastiese boek – het dit al etlike kere weer gelees. In Afrikaans kom einltlik net Dalene Mattee daarby, vir my in elk geval.
Die meeste ander Afrikaanse skrywers waarvan ek weet probeer hard om enige moontlike lesers te laat uitsterf deurdat hulle hul polse self afsny uit smart oor die mensdom. Miskien kan iemand wat Afrikaanse literatuur bestudeer, my vertel van nog Afrikaanse boeke wat nie so is nie.

Afrika

‘We did not inherit Africa from our fathers but we have it on loan from our children.’
-Amish gesegde aangepas deur ‘n Ghanese vrou

Telkom

Ondersteun greenman se Telkom veldtog!

Digkuns

My swaer het een keer gesê:

Ek kan ook dig, dis baie maklik:

ek sit
ek staan
toe val ek om
hier lê ek nou!

Wat maak ‘n goeie blog artikel?

Vir my is dit eerlikheid – maar jy moet terselfdertyd verstaan wat sal interessant sal wees vir iemand wat jou glad nie ken nie. (Laasgenoemde is een rede hoekom MySpace vir my so erg is). Party mense skryf lekker op LitNet, byvoorbeeld hierdie stuk van Inarie Dreyer
Een van die eerlikste blogs is ‘Uit die siel van ‘n boer’ .

My laaste voorkeur is dat dit nie te ‘n lang stuk moet wees nie. (Dis nou weer waar ek goed vaar.)