My swaer het een keer gesê:
Ek kan ook dig, dis baie maklik:
ek sit
ek staan
toe val ek om
hier lê ek nou!
My swaer het een keer gesê:
Ek kan ook dig, dis baie maklik:
ek sit
ek staan
toe val ek om
hier lê ek nou!
Kategorië sommer net
Tagged: digkuns, gedigte
Blog at WordPress.com. Theme: Cutline by Chris Pearson.
5 responses so far ↓
Tania // Maart 5, 2007 at 11:02 vm |
Ek dink hierdie gaan ‘n lang gesprek wees. Kom ons definieer nou maar eers weer wat ‘n gedig is, en besluit of enigiets wat so geskryf word dat die reels nie volgemaak word nie, geld as ‘n gedig, in welke geval hierdie ook ‘n gedig is:
Ek is jammer dat ek
nie
kappies en deeltekens getik het
nie
maar ek weet
nie
hoe om dit op hierdie skootrekenaar te doen
nie
Tania // Maart 5, 2007 at 11:05 vm |
NASKRIF: In die dae toe ek gereeld gedigte geskryf het (sowat 10 tot 20 jaar gelede) het ek soms gedigte geskryf met ‘n rym- en ritmeskema waarby die afkapping van reeltjies vir my oorbodig en onnodig gelyk het. Dit het dus op die oog af na gewone prosa gelyk. Sou dit as gedigte tel of nie?
alleman // Maart 5, 2007 at 8:29 nm |
Sorry Tania, ek is nie juis ‘n gedigteleser of kenner nie. Ek het maar net my swaer se ou grappie neergeskryf vir ingeval iemand dit dalk geniet.
Tania // Maart 7, 2007 at 9:02 vm |
Agge neeeeeeeeeeeee! Dit sou nou so ‘n lekker laataandgesprek gewees het oor ‘n onbenullige onderwerp en nou wil jy nie saamspeel nie…
alleman // Maart 7, 2007 at 12:46 nm |
Wanneer dit kom by gedigte, hou ek van eerlikheid – soos jou ‘hoekom ek gestrip het’. Maar ek kan nie saam gesels oor iets soos rym- en ritmeskemas nie.