Archive for Mei, 2007|Monthly archive page
Skaam?
‘Ek kry skaam om te sê ek is afrikaans’ het hierdie ou geskryf na aanleiding van wat hy alles op Aardklop gesien het.
Daar is maar altyd sommiges wat hulle swak gedra. Ook onder ander nasies soos die Engelse. Die vlagswaaiende dronk en geweldadige Engelse by sportbyeenkomste en in Spanje se vakansieoorde het ‘n Engelsman eenkeer laat skryf dit lyk vir hom hoe trotser iemand is op Engeland, hoe minder trots kan Engeland op daai persoon wees. Virseker is dit ook so met Afrikaners. Ek is nie trots of skaam nie maar ek bly lief vir my mense al ken ek sommiges se foute.
Ek dink dis ‘n probleem dat mense altyd ‘trots’ wil wees op hul volk of span of sulke goed. Doen eerder iets wat jou trots maak op jouself
Wat is al die nonsens oor Sussie Wie?
Aan almal wat so gal braak oor Sussie Wie wil ek net sê ek hou van haar. Daar is iets nuuts aan die manier hoe sy boeremusiek, Afrikaans en Afrika musiek meng in Ring ka ting. Vorige pogings soos Johannes Kerkorrel was eintlik te ernstig.
Ring ka ting is baie speels en aangenaam, soos baie Afrika musiek eintlik is. Dit speel reguit met platvloersheid sonder om rerig te platvloers te wees- daarom is dit baie interessant, en baie Afrikaans!
Wanneer dit kom by produksie kwaliteit, kan goed wat nie so sterk staan op daardie gebied nie, ook suksesvol wees omdat dit oorspronlik is.
Die ouens wat geblog het oor hoe kak daardie video kamtig is, het waarskynlik ‘n CD met Wenners Wenners Wenners Wenners Wenners iewers in hulle huis. En daaraan is nie salf te smeer nie.
Comments (17)
Comments (4)