Tiere en wolwe
Vandag het dit redelik hard gereen en terwyl ons ry se ek vir my driejarige seun nou reen dit katte en honde. Hy hou toe van die sêding, en sê toe ‘nou reen dit tiere en wolwe’. Ek dink toe by myself dat dit nooit tiere en wolwe reen hier in Engeland nie. En ek dink aan een dag in Bloemfontein toe dit so hard gereen het dat alle verkeer heeltemal moes stop – geen ruitveer kon voorbly nie – mens kon eenvoudig niks behalwe water sien nie. Tiere en wolwe sowaar. Die gode wat Afrika bliksem vir al haar sondes. Tien minute later het die son helder geskyn en alles was blink, vars en gereinig. Enorme stapels kumulus wolke het bo alles uitgetroon en ek het nederig gevoel.
Dis soveel makliker om ‘n ateis in Engeland te wees.
2 comments so far
Leave a reply
Ons het vandag tipiese Engelse weer hier in die Kaap. Ek moet bieg, ek het self lanklaas ‘n goeie donderstorm beleef.
oulike storie