Archive for Augustus, 2007|Monthly archive page
Is ons dom en wreed?
‘n Paar jaar gelede het die dogter van ‘n ANC leier gekla dat Afrikaners “retarded” is. En Walton het geskryf oor een van die vieslike Afrikaanse blogs wat mens soms teekom (se maar niks van die manier hoe hy daaroor geskryf het nie). Is hierdie bloggers te dom om in te sien hoeveel vyande hulle vir ons maak? Soms hoop ek dit kom uit dat dit in werklikheid ons vyande is wat daardie blogs skryf amper soos die DA se vals briefskywers.
My skoonpa (‘n boer), kla soms oor ander boere wat hy soms mee te doen kry wat niks lees nie. “Hulle lees nie eers die Landbouweekblad nie”, sê hy graag. Hoe dom moet mens wees as dit jou nie pla dat jy niks weet nie? Hoe is dit moontlik dat die Afrikaner se projek om homself op te hef in die tyd toe ons politieke mag gehad het, so gefaal het dat sommiges ongeletterd is? Het daardie projek dalk niks verder as die stede en sommige dorpe gestrek nie, en was sommige plattelandse skole dalk soortgelyk aan “Bantu Education”?
Maar as dit tog maar net by domheid gebly het. Daar is nog wreedheid ook. Genadelose onmenslikheid, wat skynbaar sonder enige rede gepleeg word. Sommiges moor of rand tot ou swart mense en swart kinders aan. Dit lees ek alles in hierdie Sunday Times artikel. Boonop word hulle dan soms deur wit landroste beskerm en kom skotvry. Hoe dom moet ‘n landros wees wat dink hy help sy mense deur hulle misdade oor te sien?
Shmaak jy al die lekker woorde?
Dit lyk my daar is deesdae ‘n mode onder Engelssprekende Suid-Afrikaners om Afrikaans in sekere ‘lekker’ situasies te gebruik. Hiermee (so voel dit vir my) wil hulle aandui dat hulle Afrikaans ook sy plekkie gun…
Dis nou nie ‘n plek as Universiteitstaal of werklike amptelike taal van die land nie. Enige iets wat van belang is, moet nog steeds in Engels gebeur. Maar hier en daar kan daar darem ‘n ‘lekker’ Afrikaanse woord gebruik word, byvoorbeeld in sosiale situasies. Om Afrikaners te beloon dat hulle nou Engels praat feitlik orals behalwe in hul eie huise.
Dis ‘n soort grootmoedigheid van die oorwinnaar.
Comments (6)
Comments (6)