Archive for September, 2007|Monthly archive page
Mens kliek
Mens klik nie op skakels nie, jy kliek. As jy die twak by Naspers is wat met die geklikkery begin het is, wel ek aanvaar dit nie so nie. Gaan sê dit maar vir Ton Vosloo. Toe, hardloop voor die paadjie vol dorings word!
Hoekom slaan jy jou kind?
1. Omdat hy iets doen wat jou voor ander mense embarasseer.
2. Omdat hy iets verg wat vir jou op daardie oomblik baie moeilik is.
Die idee dat ‘n ouer sy kind slaan vir die kind “se eie beswil” is nonsens. ‘n Ouer slaan ‘n kind omdat hy sy selfbeheersing verloor het weens een van bogenoemde 2 redes.
Daar is baie van ons wat sê dat ons geslaan is as kinders, en ons het “goed uitgedraai”, of “niks oorgekom nie”. Ek self is ook geslaan as kind, en ek glo as die ouerliefde andersins daar is, kan ‘n kind meesal sonder te erge skade grootkom. Maar die slaan help vir niks, en is nie ‘n goeie ding nie. Dit gee maar net vir die ouer verligting van sy onmiddelike frustrasie, en verneder die kind.
En so baie ouers het nie regtig tyd of liefde vir hul kinders nie, so die kenmerk van hul verhouding met hul kind is een van slaan of verneder die kind sodra hy iets doen wat nie op daardie oomblik gelee is vir die ouer nie.
Hierdie idees is goed bekend in Europa en die meeste ander dele van die wereld. Seker nêrens word kinders so geslaan soos in SA nie, en tog gaan dit baie goed in hierdie ander lande.
Lees gerus ook hier wat prof Jonathan Jansen sê.
Wat gaan hier aan, Van Zyl Slabbert en Naspers?
In ‘n stuk getiteld Só sal oorlopers tot rus kom, skryf Van Zyl Slabbert oor hoe die proporsionele stelsel in SA bedoel was as ‘n oorgangsmaatreel, en hoe die kabinet hom in 1995 aangestel het as voorsitter van ‘n taakspan wat voorstelle vir ‘n finale kiesstelsel vir die 1999 verkiesing en daarna moes maak. Hy skryf:
“DIT was gou baie duidelik dat die regerende party en die amptelike opposisie geen entoesiasme vir die verandering van die bestaande kiesstelsel gehad het nie.”
En hy skryf verder oor hoe die oorstapreel die aanspreeklikheid van die parlementslid teenoor die kieser nog verder gereduseer het. Alles goed en wel, enige redelike mens (behalwe jou gemiddelde parlementslid) sal hartlik saamstem. Maar Slabbert kom dan met die stelling dat in Brittanje, as ‘n parlementslid bedank, hy “’n tussenverkiesing as kandidaat van sy of haar nuwe party moet [moet] veg”. Dit is glad nie die geval nie, en dit is verstommend dat Van Zyl Slabbert so dink, aangesien hy die voorsitter van ‘n taakspan was wat oor sulke dinge aanbevelings moes doen.
‘n Britse parlementslid word as persoon verkies, en is verantwoordelik vir, en aanspreeklik aan sy kiesafdeling. Tydens ‘n verkiesing weet die kiesers presies wie die individu is vir wie hulle stem. Hy kan aan enige party behoort, of selfs as onafhanklike staan. Sy aanspreeklikheid kom nie in gedrang as hy oorloop nie, want hy as indiwidu bly nog steeds aan sy kiesafdeling aanspreeklik, en tydens die volgende verkiesing kan hulle met hom maak wat hulle wil. En die Britte gebruik hul politieke verteenwoordigers. Hulle skryf briewe (wat parlementslede moet beantwoord), en besoek hulle om hul saak te stel. ‘n Ware demokrasie.
Ek sien verder dat mens jou mening oor die saak kan lug deur ‘n SMS teen R1.50 aan By te stuur. Ek hoop nie Naspers gaan op hierdie manier geld begin maak nie - dit behoort gratis te wees om jou mening te lug.
Comments (6)
Comments (15)
Comments (4)