Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’
Hier doen ek nou iets wat ek self nie goedkeur nie – om ‘n boek wat ek nie gelees het nie te kritiseer. Maar die boek Oorwin Plaasaanvalle deur Lukas Swart bevat ‘n DVD wat veronderstel is om jou van Afrikatekens te leer
Uit die resensie: ‘Die verkenners pak ook sogenaamde Afrikatekens (takke stokke, klippe, blare en letterlik enige ander voorwerp) op die grond uit wat aan die aanvalspan kommunikeer presies wat gedoen moet word en wanneer. Met behulp van die tekens kan die aanvalspan bv. sien of die beoogde slagoffers verkrag, vermoor, vermink, of slegs beroof moet word.’
Daar is ook ‘n Afrika tekens webbladsy wat waarsku:
“Vir die wat hoogmoedig en te slim is om van die vyand se metodes teen ons te leer, sal Jesaja 5 vanaf vers 13 spoedig ‘n werklikheid word. Wanneer jy met hierdie dinge die spot wil dryf, hou tog net in gedagte wat met die spotters van Noag, Josef, Moses, Jakob, Elisa en soveel ander gebeur het”
Hierdie soort waarskuwing is vir my ‘n teken op die grond. ‘n Teken van ‘n gedreig om jou te dwing om saam te stem, of ten minste stil te bly oor jou voorbehoude. Daarom dink ek daar is ‘n goeie kans dat die hele idee van Afrikatekens uit die duim gesuig is.
16 comments so far
Leave a reply
Net soos talle kere in die verlede – as jy ‘n Suid Afrikaner wil oortuig – gebruik aanhalings uit die Bybel!. Ek moet ook die geloofwaardigheid van hierdie storie in twyfel trek. Die feit dat hulle probeer om geld maak uit die boek en ander dienste wat aangebied word deur AKSKA help ook nie juis om my van opinie te laat verander nie.
Arnold ek stem saam oor die gebruik van die Bybel, maar wat die geldmaak betref verskil ek. Dit is nie verkeerd om geld te maak uit dienste wat ander mense se lewens kan red of beveilig nie. Dis maar wat die mediese dokter, die veiligheidsman en die sweiser van veiligheidshekke ook doen.
Maar mens se dienste moet die geld werd wees.
Dit voel ook nie vir my reg om uit “Afrikatekens” geld te wil maak nie. Kan nie presies my vinger daarop sit nie.
Miskien het dit te doen met die feit dat ek dink dis ‘n spul versinsels. Dalk nie doelbewus nie, dalk bloot net die gevolg van ‘n vrugbare verbeelding, maar strooi, nietemin.
Dit voel ook nie vir my reg om uit “Afrikatekens” geld te wil maak nie. Kan nie presies my vinger daarop sit nie.
Miskien het dit te doen met die feit dat ek dink dis ‘n spul versinsels. Dalk nie doelbewus nie, dalk bloot net die gevolg van ‘n vrugbare verbeelding, maar strooi, nietemin.
[...] spot met Noag? Na aanleiding van ‘n inskrywing wat ek op iemand se blog gelees het (alleman: Afrikatekens en ‘Oorwin plaasaanvalle’ ), het iets waaroor ek ‘n ruk terug gewonder het, [...]
Nou wonder ek wat daai stokkies wat so oormekaar lê om jou avitar se “A” te maak beteken…?
Kan iemand wat die boek gelees het, of die dvd gesien het, asb vir my laat weet wat die teken is vir “betaal geld in hierdie arme ou se rekening”? Dis iets wat ek sal kan gebruik – en wat sal bepaal of ek daarin sal glo, of die spot sal dryf met mense wat wel daarin glo…
Ek het nie die boek gelees nie, maar ‘n vriend van my het onlangs sak en pak uit sy huis getrek toe die Lukas-ou hom oortuig het dat hy in is vir ‘n moerse rooftog omdat daar allerhande tekens voor sy huis was. Papiertjies en stokkies en ag… die hele ashoop het skielik tekens van gevaar gespel.
Alleman, miskien moet jy maar by jou eie goedkeurings bly, lees die boek dan kan jy saampraat. Aan die anderkant hoef jy nie, dis jou lewe, jou vrou ,jou kinders… Moet net nooit se jy het nie geweet nie.
Hier’s ‘n man wat 14 jaar van sy lewe opgeoffer het om jou die sleutel tot misdaadvoorkoming in ‘n boekvorm te gee en jy skiet dit af sonder om die boek te lees.
Sterkte.
Dit sal goed wees as iemand die boek en DVD kan ondersoek, want as is dit nonsens is, gaan soveel mense onnodig in vrees lewe bloot omdat die wind die stokkies op ‘n sekere manier gewaai het. Sien asseblief rightsaidreverend se kommentaar hierbo. Meer nog – die lukrake val van stokkies ensomeer kan rasseverhoudinge nog verder vertroebel.
Myns insiens is Afrikaners een van die mees goedgelowige nasies, en word maklik met ‘n slap riem gevang.
Rightsaidreverend, as jou vriend uit sy huis getrek het was dit sy eie keuse en verseker nie die Lukas ou se aanbeveling nie. Jy sien as jou vriend die boek gelees het sou hy presies geweet het hoe om die situasie te ontlont.
Alleman, ek verskil van jou, Afrikaners is nie goedgelowig nie. Daar is egter die wat alles aanvaar wat vir hom opgedis word, net omdat hy eenvoudig te sleg is om te dink. Dit is egter nie uniek aan afrikaners nie.
Ek hoor wat jy se oor rasseverhoudinge en ja dis ‘n probleem… Die vraag is vir watter redes het swartmense dit al die jare vir blankes weggesteek?
Aan die ander kant is dit ook so dat dit ‘n deel van die swart kultuur is wat deur kriminele gekaap is om hulle doel te bereik.
Daar is ‘n groot deel van die swart bevolking (veral in stedelike gebiede)wat die “taal” nie meer verstaan nie.
Hoe ook al dit bly ‘n probleem. Radikale swart groepe erken dat as die kennis van die “taal” aan blankes bekend word hulle die land nooit weer sal kan “skoonmaak” van die “umlungu” nie.
Myns insiens is dit ‘n kragtige wapen om op te neem in die stryd teen misdaad.
Sjoe alleman…. soos jy noem… ‘n mens sal nou nie gewoonlik iets kritiseer waarvan jy nie die moeite gedoen het om uit te vind nie.
Wanneer jy 2 keer verhoed dat jou bakkie gesteel word, dmv die erkenning van die tekens, SONDER dat Lukas sy voete in jou erf sit dan gesels ons weer.
As jy rondry en jy sien soveel tekens dat jy nie weet wat om meer af te neem nie, dan gesels ons weer.
As jy saam met Lukas op ‘n plaas in die berge stap en hy wys vir jou stap-vir-stap hoe die moord beplan is dan gesels ons weer.
As hy vir jou ‘n datum uitwerk van ‘n moontlike aanval en die kiewiete gaan mal presies op die regte tyd en jou honde blaf so dat jy nie met hulle kan huishou nie, dan gesels ons weer.
So: As jy nie van die idee hou nie – LOS dit uit. Moenie daaroor bekommerd wees nie en moenie aannames maak waaroor jy nie kennis dra nie.
AKSKA groete
Kobus
Die tekens is seker goed, solank dit net nie ‘n wig tussen ons en swartmense bring nie, want die meeste van hulle is goeie mense
Thinus
AKSKA stem saam. Lukas werk saam met swart informante wat hom help met van die tekens.
Julle kan gerus die SATM dvd bestel (R50 plus posgeld) en dan mooi luister oor hoe hy se dat misdaad almal raak en dat die radikale groep swartes in die minderheid is.
Dankie Kobus, ek sal wel
Dankie Thinus – skreeu as daar iets is wat jy nie verstaan nie.
Groete
Ek het die boek gelees en die DVD gekyk. Die DVD bevat net breekstukke en maak jou lus vir meer, wat waarskynlik die doel is. Ek weet van die tekens vanaf Boy Scouts, ons het daar ook van geleer.
Ek dink tog dat Lukas weet vaarvan hy praat maar dit is duidelik dat hulle nie heeltemal in beheer is nie omdat misdaad selfs in hulle gebiede nog plaasvind. Wat my ook pla is die sektierse aard van AKSKA. Dis amper soos n’ kerk. Gaan lees maar hulle forums. Dit gaan meer oor godsdiens as tekens. Elkeen probeer vir die ander bewys dat hy nog gemakliker is en nog meer die Here vertrou. En dat enige politieke ontwikkelinge hulle nie bang maak nie omdat hulle altyd alles verstaan en kan verklaar en nie so banggat soos die nie-AKSKA lede is nie. Hulle is mos altyd in beheer. Dis hoe hulle “pose”.
Ek is nie so seker nie. Daar is ook teologiese snert soos die stories hoe die VSA met hurricanes gestraf word as hulle die Jode uit Gaza uit dwing, en hulle wissel gedurig tussen oortuig wees van die ou Apartheid orde en dit weer wil sleg maak. As AKSKA Apartheid sleg se is dit OK, maar as jy die ou army kritiseer stenig hulle vir jou. Nogal skitsofreen. Ek dink Lukas se probeem is dat hy goed is in tekens maar nou dink dat hy die wereld kan verklaar, pleks net by sy kundigheidsgebied te bly en dit saam met profesionele dienste uit te bou. Ek was in die begin heel excited oor hom maar intussen dink ek hy wil net altyd reg wees, tipiese PF-houding. Ek dink dis ligetiem van om om geld te wil maak maar sy dienste moet meer profesioneel bemark word omdat mense nie die tyd het om gedurig die stokkies in hulle jaard te lees nie. Dit is eenvoudig nie praktikabel nie. Dis beter om melbourne toe te verhuis pleks om elke dag stokkies te moet lees. Huidiglik werk dit so dat as jy die tekens self kan verstaan het jy miskien n’ kans, maar AKSKA is baie versigtig om geen verantwoordelikheid op hulle te neem nie, so op die ou ent moet jy of n’ pro soos Lukas word wat betekn jou werk gaan suffer, of jy moet in elk geval n’ profesionele sekuriteitsfirma bertrek, so waarvoor leer jy die taal?