Archive for Mei, 2008|Monthly archive page

As ons dit dan nie self kan doen nie…

… sou ek eerder die Sjinese wil kry om te kom help.

Litnet blogs is hier

Dit het al ‘n maand gelede bekend geword, dat Litnet gaan blogs kry, maar dis nou by Litnet self aangekondig.

Die artikel by book.co.za sê onder meer Litnet “is headed for the realm of web 2.0″.  So die afgelope maand sit ek in afwagting van ‘n mooi WordPress multiuser plek waarop mens kan trots wees.  En wat ook al die ander goed wat Litnet doen, huisves (in plaas van die huidige platform wat nie eers ‘n nuusvoer het nie).  Maar in plaas van WordPress multiuser, is dit maar net 24.com se ou platvorm, met ‘Litnet’ vooraan die URL geplak.  Ek was so teleurgesteld toe ek dit sien.

Nietemin, mens kan weekliks in aanmerking kom vir pryse van R1000, R500 en R300, en daar gaan interessante skrywers wees, so mens moet seker maar onthou dat die inhoud die belangrikste is.  En mens moet seker jou eie mense se pogings ondersteun, so ek sal beslis oorweeg om te skuif.

Skakels:
Litnet blogs
Pryse, reels ensomeer
Etienne van Heerden skryf daaroor

Die AWB hou dit Engels

Na gesprekke op Mhambi se blog (hier en hier), en ‘n besoek aan die AWB se webbladsy, lys ek hier hoe dit vir my lyk waarvoor hulle staan:

Hulle is nie regs of libertyns nie, want:
“If we did have a volkstaat with the liberal, Afrikaner socialists running the state, I would be perfectly satisfied”

Hulle is ook nie links of progressief nie want:
“I have to point out that liberalism walks hand in hand with Socialism whose cousin is communism. In one of your posts you mentioned that communism has merits. The premis of communism is that all individuals are equal; this then ties in with the liberal hate for racial discrimination, but to quote George Orwell, “All [animals] are equal, but some are more equal than others”.

Hulle is ook nie republikeins nie – ‘nobility’ word omtrent met oopmond bewondering goedgekeur:
“The current french president may have hungarian heritage, but after the 3 generations that his family has live in France, it certainly no longer makes a difference (besides he is from hungarian nobility, not just a plain commoner and he is european).”

Hulle is ook nie Christelik nie, want haat en minagting drup uit alles wat hulle sê.

Hulle is ook nie vir Afrikaans nie – trouens hulle webladdsy is feitlik geheel en al Engels, en die idee van kontak met Afrikaanse bruinmense word geminag, terwyl Engelse en enige ander wittes welkom sou wees in die staat wat hulle hoop om te verkry.

Hulle het eintlik geen beginsel van enige aard nie, net ‘n dom haat vir swart en bruin.

Ek het ook baie probleme met wat alles in SA verkeerd is.  Ek wil ook maar soos Mondli Makhanya vra: what grave sin did the people of South Africa commit to deserve rule by Thabo Mbeki? How did we offend the deities?

‘n Nuwe Afrikaanse bewustheid is nodig om die balans in SA te herstel, en om die probleme aan te pak.  Maar hierdie ouens gaan niemand help nie – ek vermoed hulle is net geskik daarvoor om, wanneer niemand kyk nie, padtekens te bekruip en te sabotteer.