alleman

Sir Mugabe en wie se titel afgeskaf moet word.

Junie 25, 2008 · Lewer Kommentaar

Gister het Mugabe sy Britse titel verloor.  Dit is vir my nogal hartseer, want as jong man het hulle hom en sy merkwaardige eerste vrou baie sleg behandel.  Later het hulle begin om in hom te belê as leier – ‘n proses wat baie heuning om die mond smeer behels, en in 1994 is hy tot ridder geslaan.
Hierdie heuning om die mond smeer – proses word op elke leier by wie Brittanje invloed wil hê tot ‘n mate toegepas.  Die hoogtepunt daarvan is ‘n ontmoeting met die koningin.

Dit moet baie moeilik of selfs onmoontlik vir enige individu wees om koelkop  te bly wanneer jy deur ‘n groot klomp welgesproke, magtige mense so vereer en gewine en gedine word, en ek glo hierdie proses speel ‘n groot rol in die verengelsing van Afrika.  Natuurlik is leiers soos Smuts, Mandela en De Klerk ook so behandel.

Thabo Mbeki het dit ook nie vrygespring nie – hy met sy Engelse landheer klere, whiskey, pyp en Shakespeare aanhalings.

Maar iewers loop die metode dikwels skeef – dis half te verwagte want dit is valsheid en manipulasie.   En wanneer die die groot liefde tussen Brit en Afrikaan op die rotse loop is die uitval baie lelik soos ons nou sien.

Ek weet nie of Mugabe en Zimbabwe ‘n ander pad sou kon loop as die Britte meer reguit en konsekwent was in hoe hulle met leiers uit die kolonies omgaan nie – miskien wel. Maar ek voel die Britte sal ‘n groot slag vir gelykheid en demokrasie slaan as hulle eerder nou die monargie en alle titels afskaf.

Kategorië afrika · mag · politiek · witmense
Tagged: , , , ,

0 responses so far ↓

  • There are no comments yet...Kick things off by filling out the form below.

Lewer Kommentaar