Ek moes nog ver bestuur, en bestel ‘n espresso (my gunsteling soort koffie) in Kuruman, maar die vriendelike kelnerin bring toe ‘n groot koppie koffie. My skoonsus vra toe of hulle dan nie weet hoe maak mens espresso nie.
“Nee ons weet, maar ek het gesê maak vol daai koppie, ons kan nie die meneer so kroek nie!”
7 responses so far ↓
boerinballingskap // Junie 29, 2008 at 10:42 vm |
:)
rosalindfranklin // Junie 30, 2008 at 2:47 nm |
Goeie ou platteland waar hulle jou nie wil kroek nie!
mykopop // Junie 30, 2008 at 7:37 nm |
Ek was weer onlangs vir my eerste keer in Italië. Ek het al iewers van ‘n Americano en ‘n Lungo gelees en dog dis dalk dieselfde ding, m.a.w. iets meer soos ‘n gewone koppie koffie. Voel ek toe so bietjie gekroek met ‘n lungo as ek nou nie meer lus vir espresso is nie – nou het ek eers weer my kennis verfris, as daar ‘n volgende keer is sal ek hoor of hulle dalk ‘n Americano kan maak.
alleman // Junie 30, 2008 at 9:24 nm |
Wat my verbaas het van Italië is dat die heerlike koffie so goedkoop is. Ons het selfs padwerkers gesien wat ‘n ruskansie vat met daardie lekker koffie.
Wipneus! // Julie 1, 2008 at 1:03 nm |
he he :)
Roer // Julie 10, 2008 at 4:05 nm |
Ag dis pragtig. Net in die platteland.
Skoor // Oktober 23, 2008 at 11:57 vm |
Die opregtheid van die nasie! i like.
So, hoe wakker was die meneer toe na sy ongekroekte espresso??