Archive for Augustus, 2009|Monthly archive page

Dorp

Op die balkon van ‘n woonstel bo die PEP-Stores staan ‘n maer wit ou en suig hard aan sy sigaret.  Hy kyk na die besige toneeltjie onder hom.  Dis warm.  Papiere waai rond. Mense groet mekaar luid.  Afrika musiek pomp uit die klomp taxis waar mense met hulle shopping inklim.

Die wit ou lyk nie of hy die beat vang nie.