Hoe om jou bullshit agter te laat.
Ek wil graag hê godsdiens moet ‘n progressiewe krag in die samelewing wees, maar soms kan ek nie help om te dink dis dalk maar net ‘n soort snobisme nie.
As ‘n predikant/teoloog se basiese motivering in sy godsdiens is om mense te beindruk, sal geen hoeveelheid tips van my hom kan genees nie. Maar as godsdiens vir hom werklik ‘n progressiewe krag in die samelewing is, kan ek ‘n paar tips aanbied wat die simpel tegnieke wat hy op teologieskool geleer het, kan help teenwerk.
Net soos my Christelike skoonsuster, gril ek vir die diplomatiese, glibberige en passielose manier wat NG teologiestudente geleer word om hulself uit te druk, wat Kobus hier goed demonstreer met sy vlakke van “ongemak” soos uitgewys deur Siener.
Om nie eers te praat van die vlak van bullshit in sinne soos die nie:
“maar is ek ook as teoloog ongemaklik”
en veral:
“Jy sien, as teoloog is ek geskool in histories kritiese eksegese, en sekere vorme van ‘n postmoderne hermeneutiek”
Gewone Christene, om nie eers te praat van ateiste nie, hoef nie sulke snobkak te verdra nie.
So kom ek gee my tips. Behalwe om bogenoemde soort nonsens te vermy, moenie sê:
“Ek weet nie of dit die tipe onderwysers is wat ek soek nie.”
Sê eerder:
“Dis nonsens om te dink dat ‘n onderwyser se geloof en wereldbeskouing nie na vore sal kom nie”
of, selfs nog meer reguit:
“Ek dring daarop aan dat my kinders onderrig word deur iemand wat onbeskaamd Christelik is”
En laastens: kry ‘n bietjie passie, of los dit eerder heeltemal.
17 responses so far ↓
Girl van die Suburbs // September 27, 2009 at 10:42 vm |
Ai…. Ek verstaan nie hoekom alle Lelaars onder dieselfde kam geskeer word nie. Nie almal is so pateties nie. Ek voel dat daar ‘n groot tekortkoming is in die drie suster kerke wat onderrig betref oor die simpel oortuigings wat elkeen sy leerskool maak.
boerinballingskap // September 27, 2009 at 1:00 nm |
Alleman…baie goed gestel! Ek dink jy raak ‘n teer, maar baie belangrike, punt aan.
alleman // September 27, 2009 at 2:36 nm |
Ja, julle twee, ek voel eintlik al spyt oor die kru en onhoflike manier wat ek aangegaan het. Ek dink ek moes bloot net gesê het “die feit dat jy histories kritiese eksegese en postmoderne hermeneutiek bestudeer het, is nie opsigself ‘n argument nie. As hierdie vakke enige waarde het, behoort hulle jou te help om ‘n argument te maak sonder om die vakke se name by te sleep”
Maar ongelukkig, soos baie goed waaroor mens blog, kom dinge al ‘n lang pad. Hierdie soort taal irriteer my al lank voor ek Kobus se blog begin lees het.
Girl van die Suburbs, ek skeer nie alle leraars oor dieselfde kam nie. Ek het bv hope respek vir twee ander dominee bloggers: Attie Nel en Rightsaidreverend.
Ek lees selfs Kobus se blog, en hoewel dit soms pretensieus is, kan ek sien hy dink darem ook oor dinge.
Vlam // September 27, 2009 at 7:52 nm |
Wel, as dit jou sal laat beter voel, ten minste het ek jou kru en onhoflike taal verstaan. :wink:
tiaan // Oktober 1, 2009 at 3:45 nm |
Sjym man. Voor ek (ok mar net ‘n kommin jeugdominee en toevallig een van Cobus se klasmaats) op die “ons-is-nie-almal-so-nie-” bandwagon spring, onthou dis sy persoonlike skryfstyl, hallo! Kyk verby die varnish en lees wat daar onder staan. Julle kry dit obviously reg, so moenounie iemand uithaal oorlat hy op ‘n sekere manier skryfie. Kom nou.
alleman // Oktober 1, 2009 at 6:02 nm |
Nice try Tiaan, maar ek het regtig nie die tyd of belangstelling om enigeen se skryfstyl aan te vat nie.
Ek dink as mens soos Kobus skryf, lewe jy in ‘n teologiebubble.
As mens in ag neem dat die eerste gelowiges nie teoloë (wat teologie gestudeer het), gehad het nie, en dat talle wetenskapgesindes vandag betwyfel dat julle enige iets sê wat selfs waar is, dan moet julle begin besef die onus rus op julle om te bewys dat julle enige legitimiteit het – enige relevansie hoegenaamd vir gewone mense.
En die soort taal wat Kobus gebruik het, het geen aanduiding daarvan nie. Dis wat my gepla het, en dis die bubble wat ek wil bars.
boerinballingskap // September 28, 2009 at 12:26 nm |
Soms is dit nodig om nie doekies om te draai nie. Ek dink baie bloggers (ek inkluis) is soms skuldig aan onnodige selfsensorskap.
Andrew // September 28, 2009 at 5:00 nm |
Shit ek dink dis great dat jy so vloek Alleman.
Wat is jou opinie oor godsdiens onderig in staats skole?
alleman // September 28, 2009 at 5:36 nm |
Ek bekommer my nie juis daaroor nie, Andrew. Ek sien die kwessies raak daar rondom, maar ek sien ook dat dit iets positiefs kan wees.
Andrew // September 28, 2009 at 5:41 nm |
Jy is ‘n ateis en jy sien nie fout daarmee om vir kinders te leer dat stok ou mites waar is nie?
alleman // September 28, 2009 at 7:08 nm |
Slim tegniek Andrew, om die vraag so op te stel dat jy my omtrent uitnooi om te sê “ja dis goed om onwaarhede vir kinders te leer”. Die saak is nie so eenvoudig nie, en my siening daaroor ook nie.
rosalindfranklin // September 29, 2009 at 4:01 nm |
“Jy sien, as teoloog is ek geskool in histories kritiese eksegese, en sekere vorme van ‘n postmoderne hermeneutiek”…dit is presies hierdie hoogdrawende kak wat gemaak het dat mense se: Ja dominee, dis reg dominee.
Ek is bly jy het jou saak sterk gestel, ek is mal, daaroor. Ek voel soms alleen in my manier van sake stel.
Steeds glo ek kinders sal beter baat vind by iets soos, etiek, basiese filosofie en moraliteitsdebate as ‘n geskool in geloof. ons weet tog uit die geskiendenis hoe geloof verdraai word, al is die intensies hoe goed.
Bertus Piesangverkoper // Oktober 6, 2009 at 7:19 nm |
Goeie magtag Alleman, maar ek het nou hierdie inskrywing geniet. Ek gaan vanaand met ‘n groot smile op my bakkies slaap.
Joh // Oktober 7, 2009 at 5:39 vm |
Stem saam met Rosa, filosofie en dié se sub-velde van moraliteit en deugsaamheid is broodnodig as skoolvakke om ons samelewing te beskerm teen kommuniste soos Nzimande. :mrgreen:
Ek dink nie godsdiens, in die tradisionele sin soos beoefen in meeste Afrikaanse kerke, het die hedendaagse relevansie om van veel waarde te wees nie. Maar terselfdertyd dink ek ook dat in die afwesigheid van enige iets anders wat kan help om ‘n gesonde samelewing te bou, sulke godsdienste, met mites en al, beter is as niks.
Andrew // Oktober 7, 2009 at 12:00 nm |
‘n Redelike en praktiese kompromie is bereik deur die komentators op hierdie blog, dws morele en etiese filosofie kan die gekheid van godsdiens vervang. Persoonlik sou ek wou sien dat onderwysers wat hul kafpraatjies oordra aan klein kinders, strafregtelike aangekla word, maar ek moet seker ook opofferings maak, net soos hulle.
Waneer kan dit toegepas word? Binne ‘n jaar, dekade of millennium? My geld is op dekade.
alleman // Oktober 7, 2009 at 7:12 nm |
Hoegenaamd nie Andrew, dink ek.
As daar iets goeds is wat kan kom in die plek van godsdiens sal ek dit steun. Maar ek sien nie dat die anti-teiste iets het om te bied in die verband nie, om die waarheid te sê julle gee my koue rillings.
Ek dink ek moet volgende iets skryf oor wat ek dink die anti-teiste het om te bied.
Andrew // Oktober 8, 2009 at 8:44 vm |
“As daar iets goeds is wat kan kom in die plek van godsdiens sal ek dit steun.”
Ja ek ook, en dit behoort nie te moeilik te wees om so iets te kry nie. Soos jy weet is daar heelwat van die drie groot gelowe se “teachings” wat immoreel is gemeet teen vandag se standaarde, selfs teen ons land se wette.