Die koninklike troue, gelykheid, republikeine en die held van Bahrein

As daar ‘n koninklike troue in 1902 was, sou  geen Afrikaners dit gevier het  nie.  Want ‘n monargie is ‘n heerskappy wat sy belange met bloedvergieting bekom het of uitgebrei het. Hierdie heerskappy het in die verlede ook die verowering van kolonies ingesluit, die afbrand van plase, konsentrasiekampe en sulke dinge.

Daar is mense wat  beweer dat die Britse monargie nie (meer) heerskappy uitoefen nie; dat hulle onskadelik is want Brittanje is nou demokraties.  Dit is net tot ‘n mate waar, want die Britse republikeinse groep Republic wys gereeld gevalle van magsmisbruik deur die koninklikes uit.  Maar meer spesifiek, die Britse monargie is vlagdraers vir die  idee dat een mens of familie van hoër waarde as ander is, en dat voorregte erflik is, in plaas daarvan dat mens dit verdien – die grootste simbool van ongelykheid.

Die voortbestaan van die Britse monargie, en daardeur die regverdiging van ongelykheid, verskaf ‘n handige regverdiging vir die idee dat despote soos koning Mswati van Swaziland (wat ‘n gas by prins William en Kate Middleton se troue gaan wees), ook kan aanhou met hul heerskappy – dat hulle kan aanhou om kritici en mense wat demokrasie wil hê, te vermoor.

Ook die prins van Bahrein is genooi na prins William en Kate Middleton se troue. Prins Salman bin Hamad bin Isa Al Khalifa is die tweede in  bevel van Bahrein se weermag, en is diep betrokke by die onderdrukking van protes daar.

Die onderdrukking van protes in Bahrein word gedoen met die hulp van soldate uit Saoedi-Arabië, gestuur deur die  Saoedi – koninklikes wat net so wreed en korrup soos Bahrein s’n is.   En soos jy seker kan raai, is ook die Saoedi  koninlikes genooi na die “feë-verhaal” troue.

Oorerwing en hoe monargieë ontstaan

  • In Noord Korea word Kim Jong Un gereed gemaak om die mag by sy pa te erf.
  • Hosni Moebarak, die afgesette diktator van Egipte, se seun Gamal was gereed gemaak om by hom oor te neem.

Hierdie gevalle wys hoe ‘n monargie ontstaan – hulle het nog net nie astrant  genoeg geraak om hulself ‘koning’, en hul seun ‘prins’ te noem nie.   Maar daar is werklik geen mistiek of romantiek aan ‘n koning of koningin nie.

Soos verwag kan word, is Naspers publikasies vol van ‘n eindelose geswoon oor die “feë-verhaal”.   Dit maak my bitter.

Eens, lank gelede, was ons republikeine.  Koos de la Rey was ‘n republikein.


About these ads
This entry was posted in suid-afrika and tagged , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Die koninklike troue, gelykheid, republikeine en die held van Bahrein

  1. attie sê:

    Aan die een kant dink ek mense kyk oor die romantiek van ‘n feeverhaal, maar in wese stem ek met jou saam. Monargie het nie mooi na die wereld toe gebring nie.

  2. ekisanna sê:

    Gedeeltelik saam, maar dan kan ek ook nie help om te vra: “Wat bring demokrasie?”

    • alleman sê:

      Wat bring demokrasie? Ek dink die republikeinse idees van vryheid, gelykheid en broederskap. Die idee dat as die land en sy rykdomme daar is vir almal om te geniet, nie net of veral vir die heel boonste elite soos die monargie en adelikes nie.

  3. Goed gestel, alleman! Bly jy het hieroor iets geskryf. En dit is mos nou maar soos die wereld is (verwysend na oa Bahrein) – sommiges kom met moord weg en ander nie. Die saamgekloek van die ryk adelikes is effe sieklik, want dis immers die 21ste eeu!

  4. Louwie sê:

    “Die idee dat as die land en sy rykdomme daar is vir almal om te geniet”
    Doen Republieke regtig beter? Die rykes word ryker en die armes word armer in al die sogenaamde vrye Westerse demokrasië.

    • alleman sê:

      Louwie, ek wil nie beweer dat Republieke altyd beter doen nie. Die stryd van die armes is ‘n ewige stryd,
      Maar die Republikeinse manier van dink is ‘n voorganger van baie ander idees wat ten doel het om dinge beter te maak vir die vertraptes, en in sommige monargie, byvoorbeeld Swede en Nederland, het is idees wat uit republikeinse idees voortspruit van krag sonder dat hulle monargie uit die weg geruim is.

  5. Pingback: Voordele van die verengelsing van Suid-Afrika | alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s