Archive for the ‘boeke’ Tag

7 Habits of successful dominees

Ek lees glad nie meer selfhelp boeke nie, want ek het gevind dat ek nie kan onthou of toepas wat die tipe boeke sê nie. Ek kan byvoorbeeld nie eers een van die 7 Habits onthou nie. En die Road Less Travelled se kaart vir my lewe is ook lankal al verlore. Tog staan 7 Habits vir my uit, want my dominee van so 11 jaar gelede het een keer, kort na ek die boek gelees het, daaruit gepreek sonder om erkenning aan die boek of skrywer te gee. Dit is die een ding wat ek altyd van 7 Habits sal onthou.

Boeke wat jou krag neem

Ek kan nie juis Engelse voorgeskrewe boeke uit my skooldae onthou nie, behalwe ‘My family and other animals’ wat OK was. Op universiteit onthou ek hoe depressing JM Coetzee se boeke was, en hoe verskriklik depressing en vervelig was ‘Story of an African farm’ – miskien sal ek vandag anders daaroor voel, maar lg boek veral het my gees laat verlep. Ook al daai langdradige ou Engelse boeke.
Gelukkig het ons ook ‘The adventures of Huckleberry Finn’ gedoen – wat ‘n fantastiese boek – het dit al etlike kere weer gelees. In Afrikaans kom einltlik net Dalene Mattee daarby, vir my in elk geval.
Die meeste ander Afrikaanse skrywers waarvan ek weet probeer hard om enige moontlike lesers te laat uitsterf deurdat hulle hul polse self afsny uit smart oor die mensdom. Miskien kan iemand wat Afrikaanse literatuur bestudeer, my vertel van nog Afrikaanse boeke wat nie so is nie.