Waar is die Afrikaanse bloggers?

‘n Groeiende lys is te kry by blogafrikaans. Daar is ook nog so ‘n paar by Mweb. Maar eintlik is daar baie minder as wat ‘n mens sou verwag. Ek dink die hoofrede is eenvoudig. Baie mense wat in Afrikaans op die Web skryf, doen so by Litnet se SêNet brieweblad. Daar verskyn honderde briewe per dag wat andersins in blogs sou kon wees. Litnet is al lank in die land en het ‘n baie groot leserstal. Maar sy ouderdom wys – dis nie ‘n mooi site nie, en dis veral nie lekker plek om te navigeer nie. Dis nie so maklik om ‘n spesifieke debat te volg nie, en as jy iets daar weer wil vind is jou kanse skraal. Deesdae se blog – sagteware werk baie beter.

Mense wat daar deelneem kan gerus (as hulle iets sien wat die moeite werd is), dit op blik.co.za byvoeg, sodat die ouens wat nie Litnet wil probeer navigeer nie, dit nog steeds kan lees.

This entry was posted in sommer net and tagged , , . Bookmark the permalink.

7 Responses to Waar is die Afrikaanse bloggers?

  1. redhonda sê:

    Dag ek is die enigste een wat hier in Afrikaans gaan blog – bly om te sien ek is toe nie alleen nie! Groetnis!

  2. alleman sê:

    Hello en welkom. Daar is nog heelwat Afrikaanse blogs. Kyk gerus by BlogAfrikaans.co.za en blik.co.za

    Ek en my seun is treine – fans.

  3. Janee, daar’s ‘n hele klompie Afrikaanses. Jy moet net weet waar om te kyk…

  4. Gert sê:

    Nog n lekker “klets” site is http://www.bcnet.co.za – Baie eenvoudig en maklik om te navigeer.

  5. John sê:

    Ek is die net van my vriende dat Afrikaans spreek … daar is nie baie Afrikaanses waar ek woon nie. Ek het Afrikaans in twee weke van die Boek van Mormon geleer, en het ek nie viele geleerdhede gevind om dit te pratikeer.

  6. alleman sê:

    John – Ek is beindruk – ek het ‘n paar jaar gelede Frans probeer leer, en kon nie vorder nie. Om in twee weke so goed te skryf is uitstekend.

  7. Hier is ‘n hele paar afrikaanse bloggers, soos Johan segt mens moet hulle net vind. Litnet is seker die slegste ontwerpe site wat ek al op afgekom het, en die potensiaal vir ‘n regte Suid-Afrikaanse sosiale netwerk is ongelooflik daar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s