Statisties gesproke

Ek sien nou die dag iemand troos ‘n misdaad-slagoffer dat noudat sy reeds deurgeloop het, haar kanse kleiner is om weer deur te loop. Dit is ongelukkig nie so nie.

1/10

Vat nou maar die geval van ‘n lotery. Gestel jou kans om te wen is 1/10, en jy wen nogtans. Wat is jou kans om weer te wen volgende keer? Nog steeds 1/10.  So is dit ook met misdaad – jou kanse om weer deur te loop bly teoreties dieselfde, maar in praktyk kom sekere menslike faktore nog by.

Binne-inligting

Seker die belangrikste faktor wat bepaal of jy gaan deurloop, is binne-inligting. Misdadigers wil graag vooraf weet wat om te verwag. Daarom, as jy reeds deurgeloop het, moet jy nie dink jou kans om weer deur te loop is dieselfde as die gemiddelde Suid-Afrikaner nie. Want as jy reeds deurgeloop het, en jy het nie jou blyplek en omstandighede verander nie, sou ek skat daardie binne-inligting kan weer teen jou gebruik word, en jou kanse is bo-gemiddeld om weer deur te loop.

2010

Min besoekers aan Suid-Afrika in 2010 sal seker ernstig deurloop, want binne-inligting oor hulle bestaan nie. Ek dink nie 2010 is van belang in die misdaad – kwessie nie. Dit moet ook nie aangevoer word as ‘n rede hoekom ons misdaad moet beveg nie.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged , . Bookmark the permalink.

One Response to Statisties gesproke

  1. Gert sê:

    Misdaad is n groot probleem ja, maar die regering se onvermoe om die situasie te verbeter is n nog groter probleem. Kyk wat se die mense op http://www.bcnet.co.za

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s