Wat verg dit om iets groots te bereik?

Ek lees in die New Internationalist (Maart 2007), van Thomas Clarkson se ‘Anti-Slavery Committee’.   Hy het ‘n stuk teen slawerny geskryf, en daarna, terwyl hy een aand op sy perd ry, het hy besluit:

‘It was time some person should see these calamities to their end’

Hy het toe sy organisasie in 1787 gestig,  en Britanje te perd deurkruis (altesame 56 000 km !), om sy radikale idee te bevorder.

Olaudah Equiano, ‘n voormalige slaaf, het  ook vir 5 jaar lank Brittanje deurkruis met sy autobiografie.  Uiteindelik het hulle die steun van William Wilberforce, ‘n parlementslid, gekry en openbare mening oor die saak landswyd omgekeer.   In 1792 het die parlement gestem om slawehandel uit te faseer. Maar dit het nog 15 jaar geneem voor slawehandel beindig is, en daarna nog 30 jaar voor slawerny in die Britse Ryk beindig is.

Slaweskip

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged . Bookmark the permalink.

2 Responses to Wat verg dit om iets groots te bereik?

  1. George Maru sê:

    Ek dink mens het uithouvermoë en baie geduld nodig, want dit gebeur nie oornag nie.

  2. alleman sê:

    Ja, eintlik is hierdie stuk deels ‘n verdere antwoord op ‘n jou valentynsdag en slawerny – stuk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s