Hou op wolf-wolf skree

Johan Wingard skryf in vandag se Rapport oor mandaatlose Afrikaner organisasies, en “dat dit nie altyd duidelik is of hulle namens Afrikaners of namens blankes optree nie”. Dit is ‘n baie goeie punt. Hy skryf verder oor die kwessie van gesneuwelde weermagsoldate se name by Vryheidspark, en dat daar by Salvokop reeds ‘n monument vir hierdie soldate is…

Dit is iets waaroor AfriForum baie, baie lawaai opgeskop het. Totaal onnodig. Ek wil nie se: ‘Hoekom moet Afrikaners altyd kwaad en kwaai wees?’ nie, want daar is een of twee goed om baie kwaad oor te wees. AfriForum en ander moet net oor daardie goed baklei, en nie altyd ongevraag oor elke ou klein dingetjie nie.

This entry was posted in politiek and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Hou op wolf-wolf skree

  1. anja sê:

    Daar is soveel verskillende perspektiewe wat hierdie onderwerp betref. Ek verstaan almal se standpunte. Wat my betref kan die ANC hul Freedom Park behou, dit is vir hulle van sentimentele waarde en ek sien nie die nut om daaraan te gaan karring nie. Ek verstaan wat Afriforum en Steve Hofmeyr-hulle probeer doen het toe hulle Vryheidspark toe gegaan het en hul eie monument gaan oprig het. Hulle wou vir die regering wys dat hulle deel is van (die Nuwe) Suid-Afrika en dat die mense wat op die grens was ook ‘n deel van ons geskiedenis uitmaak wat nie ontken MAG word nie. Ek dink ook hulle wou die boodskap oordra dat dit onaanvaarbaar is vir die regering om honderde-miljoene Rande van die belastingbetalers se geld te spandeer sonder dat die belastingbetaler ‘n sê het.

    Mnr Serote en sy span is weer van die mening dat die troepe op die grens nie deel van hul ‘struggle’ was nie.

    My pa was ook op die grens en hy sal een van die eerstes wees om te erken dat die gesneuwelde troepe wat op die grens was, nie hul name langs die van die Kubane wat tans by Vryheidspark vereer word sou wou gehad het nie.

    Laat die ANC hul monument hou en hul helde vereer, daar is plekke waar die grensvegters vereer word. More, oormore wil hulle weer aan die Vrouemonument kom karring en dit sal nog groter moeilikheid afgee.

    Ek het ongelooflike respek vir die werk wat Afriforum (Solidariteit) en baie van die ander “Afrikaner”-organisasies doen. Ek dink hulle verteenwoordig ‘n redelik groep van die Afrikaanse-bevolking, waarskynlik nie almal nie. Ek waardeer dit wat hulle doen om ons kultuur te behou, want dit voel al asof ons stukkies van onsself verloor in die poging om in te pas by die “reënboognasie”.

    Ons het ‘n ongelooflike erfenis wat gevier moet word, en al hoe meer (veral jong) mense is besig om ‘n nuwe trots vir hul kultuur te ontwikkel en los te breek van die propaganda in die media oor die verlede. Nes in elke kultuur het ons ook in die verlede foute gemaak, maar die feit bly staan dat ons bygedra het tot die vooruitgang van hierdie land!

    Ek is wit, en ek is ‘n Afrikaner. Dit het my lank gevat om dit te kon sê sonder die skuldgevoel wat aan my opgedring is. Ek sal nie verskoning maak daarvoor nie, en net omdat ek trots is op my kultuur, maak dit my NIE ‘n rassis nie. Ek is trots op waar ek vandaan kom, sonder om ‘n ander se kultuur af te breek.

    Of al die Afrikaner-organisasies “mandaatloos” is, sal mense ure oor kan debateer, want elke organisasie verteenwoordig ‘n deel van die groep, anders sou hulle in alle waarskynlikheid nie bestaan het nie.

  2. alleman sê:

    Ek dink tog Johan Wingard is reg oor die mandaatloosheid. Dit mag wees dat Afriforum deur ‘n groot klomp mense gesteun word. Maar het hulle steun vir hierdie spesifieke aksie getoets? En het hulle mense mislei deur te suggereer dat daar nie ‘n monument vir diegene wat “op die Grens” gesneuwel het nie?

    Soms skep nie-regerings organisasies ‘n polemiek met die uitsluitlike doel om hul steunbasis en begroting te versterk – dit sien mens baie in Engeland.

    Ek het ook waardering vir wat Afriforum (andersins) wil bereik, maar mens moet ook krities kyk na wat hulle doen.
    Is dit reg om hul ondersteuners se geld op ‘n aksie te gebruik wat dalk nie weldeurdag is nie? En dis nie net geld wat hulle opgebruik nie. Die heersende elite, en ons Engelssprekende mede – Suid-Afrikaners het net ‘n beperkte hoeveelheid tyd en aandag om aan Afrikaner – kwessies te bestee. Ons moet mooi dink oor wat om met daardie aandag te doen.

  3. oopkop sê:

    Dit is juis hoekom ek gesê het dat ons eindeloos kan debateer oor daardie organisasies se mandaat vir dit wat hulle doen.

    En dan weet ons ook as dit by geld kom, mense se motiewe altyd anders beïnvloed word. Ek is nuuskierig om te sien waarop hierdie hele storie gaan uitloop.

  4. boerinballingskap sê:

    Wie wil nou hul naam eintlik op ‘n monument he saam met ‘n klomp voormalige terroriste??? Sinloos.

  5. alleman sê:

    Ek stem nie met jou vereenvoudigende benaming van “klomp voormalige terroriste” saam nie. Dit dui nie op begrip van wat werklik gebeur het nie. Miskien is jy nog baie jonk, maar daai ouens het nie sommer net gedoen wat hulle gedoen het nie – hulle het baie goeie redes gehad. Vir baie jare het die blanke regering geweier om met die (toe nog volkome vreedsame) ANC te praat voor lg met ‘n gewapende stryd begin het.

  6. idiwidi sê:

    Ek is dit met jou eens dat die grens tussen Afrikaner en wit Suid-Afrikaners soms heeltemal te maklik vervaag in ‘n getwis van dié aard. Wanneer dit gebeur is dit geheel en al teen-produktief, want in plaas daarvan om die Afrikaner te help skep aan ‘n nuwe identiteit wat pas binne die raamwerk van ‘n nuwe Suid-Afrika, ploeg dit weer terug in rasgebonde wrywing en word apartheid-polemiek weer by die agterdeur ingenooi. Daar is geen manier waarop die Afrikaner se saak op díe manier bevorder sal word nie. En daarbenewens vervreem dit ook talle groepe en indiwidue wat andersins moontlik ‘n positiewe bydrae sou wou lewer in die vooruitgang van ‘n nuwe identiteit.

  7. alleman sê:

    Iwidiwi – presies! Jy stel wat ek probeer sê het eintlik veel beter as ek. As al ons mense eerder meer en wyer wil vriende maak, en die land en sy geskiedenis werklik probeer verstaan (soos sommige wel doen), sal ons ook beter “gehoor” word wanneer oor stoei oor goed wat net ons raak. Dis eintlik sleg vir ons saak dat ons altyd net saam met wit Engelse in ‘n kampie wil dwing.

    Anja, ek wil eintlik nog weer op jou antwoord, maar kom nie op die oomblik daarby uit nie!

  8. boerinballingskap sê:

    Ha-ha! Nee, ek is nie eintlik meer so jonk nie, maar dankie vir die kompliment.🙂 “Een man se vryheidsvegter is ‘n ander man se terroris”. Wanneer jy egter begin bomme plant en “non-combatants” aanval, definieer jy jouself outomaties as ‘n terroris. Party mense het baie goeie redes om moord te pleeg, maar dit regverdig nie die verkeerde daad nie. Ek sal nooit geweld voorstaan as oplossing vir enige probleem nie.

    Ek glo die ANC het baie goed daarin geslaag om die gemiddelde Afrikaner te breinspoel, hom/haar uit die geskiedenis te skryf en met ‘n verwronge skuldgevoel te laat wat keer op keer weer aan hom/haar opgedring word. Die oorwinnaars skryf die geskiedenis. So het die ANC daarin geslaag om die geskiedenis as’t ware te “verbeter”, sodat hulle as die cowboys beskou word en Afrikaners as die “kroeks”. Die NP het dieselfde gedoen tydens die apartheidsjare. Ek het gehoop ons sou wel ‘n balans in SA kon vind en werklik ‘n nuwe, vooruitstrewende en stabiele demokrasie skep waar velkleur nie meer tel nie. Ongelukkig het dit nie gebeur nie en lyk dit ook nie of dit binnekort sal gebeur nie. Die skille het lankal reeds van my oe afgeval.

  9. oopkop sê:

    boerinballingskap – jy sê dit baie goed.

  10. alleman sê:

    boerinballingskap – Ek stem eintlik saam met alles wat jy nou sê. Ek is self nie gebreinspoel nie – maar kom ook moeilik klaar met mense wat nooit die ander kant se saak kan insien nie – wat ek verkeerdelik uit jou kort kommentaar afgelei het.
    Wat my betref het beide kante hulle aan terrorisme skuldig gemaak. Maar net een kant loop vandag met ‘n skuldgevoel.
    Verder dink ek Afrikaners is oor die algemeen nie baie goed daarmee om sy eie saak te handhaaf nie. Om jouself te handhaaf verg (minstens) 2 goed:
    1. Ferm op jou regte staan
    2. Vriende maak en persepsies beinvloed
    Dinge loop nie net vanself reg nie – ons het in ‘n groot mate nagelaat om bogenoemde 2 goed reg te doen.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s