Wat maak ‘n goeie blog artikel?

Vir my is dit eerlikheid – maar jy moet terselfdertyd verstaan wat sal interessant sal wees vir iemand wat jou glad nie ken nie. (Laasgenoemde is een rede hoekom MySpace vir my so erg is). Party mense skryf lekker op LitNet, byvoorbeeld hierdie stuk van Inarie Dreyer
Een van die eerlikste blogs is ‘Uit die siel van ‘n boer’ .

My laaste voorkeur is dat dit nie te ‘n lang stuk moet wees nie. (Dis nou weer waar ek goed vaar.)

This entry was posted in sommer net and tagged , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Wat maak ‘n goeie blog artikel?

  1. George Maru sê:

    Oor die algemeen stem ek vir korter bydraes, alhoewel langer bydraes soms ook welkom is. Dit moet ook maklik lees, m.a.w. paragrawe, leestekens ens.

  2. alleman sê:

    Ja, dit moet eintlik so lank wees as wat dit verg, maar dikwels lees ek iets wat baie verkort kan word.
    Ek kan nie meer 19de eeu se boeke lees nie – te langdradig. Mense se aandagspan word seker maar al korter met die dat daar soveel meer dinge is wat om ons aandag meeding. En op die Web is mense se aandagspan erg kort.

  3. Nie om my eie beul te blaas nie, maar ek voel ek het die resep ontdek. Korterige inskrywings met interessante / stimulerende / vermaaklike inligting, afgewissel met langer inskrywings – as ‘t ware mini-essays.

    ‘n Gemiddelde blog post se lewe is nie vreeslik lank nie. As jy gelukkig is, diep ‘n search engine hom soms vir iemand uit, maar meestal sneuwel hy kort nadat hy geskryf is. Weens die kortstondige aard daarvan, maak dit sin om slegs van tyd tot tyd behoorlike, goed deurdagte, LANG posts te maak. Om elke dag ‘n laaaaaaaaaaang inskrywing te maak is (behalwe as jy Steve Hoffmeyer of Fokofpolisiekar is) bloot onekonomies.

    Belangrikste van alles is dat beide posts – kort en lank – goed geproeflees en versorg moet word. Kort beteken nie jy kan dit afjaag nie.

    Sien ook http://www.modernlifeisrubbish.co.uk/article/ethical-blogging-101 vir ‘n artikel oor ethical blogging.

  4. alleman sê:

    Ek dink dit hang deels af van hoeveel jy te sê het. Daar is diegene wat kán skryf – en werklik iets het om te sê – soos George Maru. Daai soort het nie tips oor hoe of hoe lank om te skryf nodig nie.
    Jy kry selfs ouens soos Jeremy Weate wat honderde lesers het, en met wie die blog-ding heeltemal op hol gaan. Hy skryf ook baie goed, maar heeltemal te veel (vir my in elk geval)
    Ek verkies eintlik blogs wat ‘n tema het, soos Ugo Okafor se African Architecture and Design en (weereens) George Maru se blog.

  5. Ek stem. Tog bly die feit staan dat mense by verstek nié wil lees nie. (Navorsing het dit bewys.) Hoe langer ‘n inskrywing, hoe meer treffend moet dit wees. Ek twyfel of iemand ooit daai lang inskrywings oor mense se gemoedstoestande lees – die litmus toets vir ‘n goeie blog, dink ek, is of dit onbekende mense kan trek. Die’s wat jou per abuis met Google of iets dergeliks ontdek en dan sommer aanbly om die res van die posts te lees. En jou dan bookmark. Onthou, fans tel tegnies nie. Hulle WIL lees, maak nie saak hoe lank die posts is nie.

  6. alleman sê:

    ‘Daai lang inskrywings oor mense se gemoedstoestande’ – Dis eintlik nogal handig hoe die meeste van hulle vanself by MySpace aanmeld – so dis maklik om hulle te vermy.
    Jy is reg oor ‘of dit onbekende mense kan trek’, maar wat bedoel jy met fans? Hoe kan mens fans hê behalwe deur goed te skryf?
    Of praat jy dalk van Stellenboschers wat mekaar ken? Indien wel is dit nogal raar.

  7. Hehe, goeie punt. Dis nogal half ‘n paradoks – die onbekende mense word juis die fans as die blog goed is. Met fans verwys ek eintlik na mense wat uit blote liefde vir jou jou blog sal lees. Soos jou ma of jou meisie of jou beste pel. In my nederige opinie tel hulle nie😉

  8. (die eerste ‘fans’ in my vorige comment verwys na random googlers, die tweede ‘fans’ na die actual fans waaroor ek gepraat het – die familie-tipe)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s