Boeke wat jou krag neem

Ek kan nie juis Engelse voorgeskrewe boeke uit my skooldae onthou nie, behalwe ‘My family and other animals’ wat OK was. Op universiteit onthou ek hoe depressing JM Coetzee se boeke was, en hoe verskriklik depressing en vervelig was ‘Story of an African farm’ – miskien sal ek vandag anders daaroor voel, maar lg boek veral het my gees laat verlep. Ook al daai langdradige ou Engelse boeke.
Gelukkig het ons ook ‘The adventures of Huckleberry Finn’ gedoen – wat ‘n fantastiese boek – het dit al etlike kere weer gelees. In Afrikaans kom einltlik net Dalene Mattee daarby, vir my in elk geval.
Die meeste ander Afrikaanse skrywers waarvan ek weet probeer hard om enige moontlike lesers te laat uitsterf deurdat hulle hul polse self afsny uit smart oor die mensdom. Miskien kan iemand wat Afrikaanse literatuur bestudeer, my vertel van nog Afrikaanse boeke wat nie so is nie.

This entry was posted in sommer net and tagged . Bookmark the permalink.

14 Responses to Boeke wat jou krag neem

  1. sparrows sê:

    Lees ‘n bietjie Koos Kombuis…

  2. Salige Rus sê:

    Ek is nie ‘n literator nie, maar ek kan nogal Kuifie aanbeveel. (Hoewel dit ‘n vertaling uit die Frans is.)

  3. George Maru sê:

    Wat van Etienne Leroux en Marita van der Vyver? Hulle wroeg nie.

  4. jimi4life sê:

    lees meer dig bundels: antjie krog kleur kom nooit alleen nie,
    danie marais in die buitenste ruimte en lees seblief koos kombuis!

  5. alleman sê:

    Sparrows en jimi4life: ek het nie eers geweet Koos Kombuis het boeke ook geskryf nie – ek lees nogal sy goed in die koerante (op die Net), so ek sal ondersoek instel. Ek het nog nie van Danie Marais gehoor nie, so sal uitvind. As ek gedigte lees, bv Antjie Krog, gebeur ‘n snaakse ding met my – dit tref en raak my, maar om een of ander rede is die uiteinde dat ek nog versigter raak vir gedigte.

    Salige Rus: ek het al Kuifie boeke gelees – maar nie juis geniet nie.

    George: Ek sal beslis ondersoek instel na Etienne en Marita. Dis die verwagting wat ander skrywers gelaat het, wat my bietjie sku vir die 2 gemaak het, sonder dat ek regtig iets geweet het van hulle.

    Ek moet ook bysê, dat ek my woorde so bietjie berou – ek en ‘n pel het bv eenkeer soos kinders gesit en luister toe sy vrou vir ons uit Riana Scheepers se ‘Haai Katriena, wat vertel jy my nou!’ voorgelees het, sommer so onbeplan, en sederdien het ek al haar ander boeke ook gelees. Verder is ek ‘n sucker vir Dana Snyman se stories.

  6. idiwidi sê:

    Probeer Raka-die roman van Koos Kombuis eerste. En hoekom probeer jy nie ook Andre P Brink se Duiwelskloof as jy van Dalene Matthee gehou het nie. Bidsprinkaan of Inteendeel van Brink ook. Hou maar eers vir Karel Schoeman en Marlene van Niekerk vir laaste (ek’s nou besig om Agaat te lees en geniet dit geweldig, maar ek’s bevrees jou polse mag miskien in gedrang kom).

  7. sparrows sê:

    Koos Kombuis het eintlik geskryf voordat hy begin musiek maak het.

    Hmmm, ek het Raka-die roman geniet, totdat ek by die einde gekom het. Dit was vir my asof hy net moeggeraak het om te skryf, en toe vinnig ‘n einde bedink het. Ek het sy outobiografie – Seks, drugs & Boeremusiek nogal geniet, asook Suidpunt Jazz.

  8. jimi4life sê:

    die hele ding met gedigte lees is , dat dit totaal oop is vir interpretasie.
    dis nou as dit reg gedoen word. behalwe antjie krog en koos kombuis is charles bukowski my hero
    hy is ‘n amerikaanse dude wat totally teen alle vorm van conformity gegaan het en die rouste, bullshit looste poems geskryf het. hy’s soos ‘n fucked up rockstar in die wereld van die ja en amen gang.

  9. Ek sit nou weer en dink… Ek weet nie of jy Marita van der Vyver sal geniet nie. Ek dink net sy is ‘n voorbeeld van Afrikaanse skryfwerk waar daar nie gewroeg word nie.

  10. Nico sê:

    Bly om hemelsnaam weg van Karel Schoeman af – ek het in my lewe nog nooit so deur ‘n boek gewroeg soos deur “By Fakkellig” nie.

    Koos Kombuis word ‘n paar keer genoem, maar ek self het nie baie van Hotel Atlantis gehou nie, alhoewel dit uitstekend geskryf is – dalk moet ek dit weer lees. Suidpunt Jazz het ek sommer net neergesit na die 2de bladsy. Raka was fantasties, dog baie sinister, nes Hotel Atlantis. Probeer ook “Die Dieper Dors” van Koos.

    “Classics” in Afrikaans vir myself is natuurlik alles wat PJ Schoeman geskryf het – veral “Op die Klein Spoortjies”. Dan is ek ook baie lief vir Wyle Pieter Pieterse se werfjoernale.

  11. Try Vincent Pienaar se Kringfluit. Dis verseker nie polskou materiaal nie.

  12. dignet sê:

    ek stem saam- lees bietjie afrikaanse gedigte, dit lees nie so lank nie🙂 breyten breytenbach, eybers, van wyk louw.. gaan koop ‘n ‘Versamelde verseboek’.

  13. Nico sê:

    Het jy al “Bidsprinkaan” van Andre P. Brink probeer? Het hom nou die dag aangeskaf en dit lees nogal lekker.

  14. Barnie sê:

    Jong, daar is baie skrywers wat mens uiteindelik kan voorstel. Twee van my persoonlike gunstelinge is Ettienne van Heerden en Eben Venter.

    Rakende Marlene van Niekerk (iemand het iewers genoem dat hy “Agaat” lees) kan ek verseker “Memorandum” aanbeveel. Dit is egter ‘n baie uitdagende boek en as jy nie lus is om moeite te doen by jou leesproses nie sal ek dan eerder wegbly. Nietemin het hierdie boek vir my sterrestelsels oopsgesluit. Probeer gerus ook “Triomf” deur dieselfde outeur.

    Laastens sal ek jou afraai om Ingrid Winterbach/Lettie Viljoen te lees (as jy ooit die behoefte sou gehad het). Ek het onlangs “Die boek van toeval en toeverlaat” gelees en het gevoel of ek mal word. Dit was nie sleg nie, maar dit het my vreeslik gefrustreer.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s