Wat is in ‘n vlag?

Die ou SA vlag was ‘n manier om wittes te verenig. Dit was ‘n projek om ‘n einde te bring aan die vyandskap tussen Afrikaner en Engelsman. Die magshebbers van die tyd het ingesien dat wit eenheid nodig was om blanke voorreg in stand te hou ten koste van, tot uitsluiting en tot nadeel van swartes. Dit is hoekom die Britse imperiale vlag (wat eintlik menseslagting simboliseer) ook deel van die ou SA vlag was.

‘n Vlag is een van die tegnieke wat die maghebbende elite van ‘n land gebruik om die bevolking gehoorsaam te hou (sport is nog so ‘n tegniek). Laat hulle ‘trots’ wees, dan sal hulle tevrede wees met hul lot (en die elite los om te maak wat hulle wil). Deur ‘n vlag te swaai (en ‘trots’ te wees) aanvaar jy eintlik die maghebber se agenda vir jou.
Deur die ou vlag te swaai wys jy nie dat jy vir jouself kan dink en die maghebber se agenda vir jou kan ignoreer nie. Jy wys maar net dat jy na die ou agenda verlang. Toe iemand anders as die huidige klomp vir jou gedink en besluit het.

This entry was posted in politiek, witmense and tagged , , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Wat is in ‘n vlag?

  1. ek moet erken, jy’t ‘n vervlaks goeie standpunt hier beet. veral oor sport. tog is ek nie so seker of nasionale solidariteit noodwendig heeltemal ‘n slegte ding is nie. dis tog juis die “elite” waarna jy hier verwys wat die probleem is.

    sosialisme, dan maar?

  2. alleman sê:

    Johan, ek moet erken, ek het ‘n bietjie haastig geskryf – moes nog bysê dat dit eintlik jou stuk was wat my inspireer het om ook ‘n mening te waag.

    Nasionale solidariteit is ‘n goeie ding – maar ek dink dis beter as dit van onder af kom deurdat ons mekaar leer ken, en met medemenslikheid elkeen sy stukkie son gun, as dit wat van bo van die elite af kom.

    Sosialisme? – nie noodwendig nie, maar daar is tog sekere insigte wat ons aan Marx en kie te danke het.

  3. verseker. af met die elite. hulle stink na slegte literatuur en denkfoute.

  4. JohanneS

    joe… jy beweeg hoor..

    moenie omkyk…

    ek is agter jou..!

    Sien jou da….

  5. vergeet van die vlag… luister na die basuin…!

    Mag God jou ryklik seën.

    johannes_11

    besoek gerus
    ook http://www.familyradio.com en
    http://www.timehasanend.org
    of luister in die aande om 19h30 of 23h30 na die program OPEN FORUM op Family Radio
    oor AM 1197khz ….oppi draadloos (skakel net jou rekenaar af…. Interference)
    en vir diegene wat nog Short Wave kan opvang SW 3230khz en SW 6020khz (21h00 tot 23h00)

  6. alleman sê:

    JohanneS ek verstaan nie eintlik jou bydraes nie. En ek is ook nie mal oor die advertensie wat jy op my blog kom plaas het nie. Dit het niks met die saak van die artikel te doen nie, en is eintlik maar net spam.
    Jy wen nie vriende vir jou saak deur dit dit doen nie.
    En as jy gedink het jy verbeter daai sites se Google pagerank, het ek ook nuus vir jou. WordPress.com sit ‘n rel=’external nofollow’ by jou skakel, so dit help jou niks.

  7. Alleman

    jammer… as ek jou gepla het…

    dalk sal iemand anders jou dalk vorentoe weer aan hierdie info herrinner….?

    As jy reken dis spam… dan is dit die beste spam… wat ek al ooit in my kort internet lewe gelees het.

    (Jesaja 52:7) Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

    Vrede

    johannes coetzee

  8. alleman sê:

    Johannes

    Ek is nie vyandig teenoor Christene nie. Self kan ek tans nie ‘die basuin’ hoor nie, maar ek het al Christene teegekom wat my beindruk het. Ek dink mens moet baie moeite doen as jy skryf. Jy moet by die onderwerp hou, maar jou Christenskap kan wel na vore kom, en as daar iets aan is kan jy dalk iemand vir jou saak wen.
    So miskien kan jy skryf oor hoe mense ‘n dieper en ware eenheid (die solidariteit waarvan Johan praat) rondom Jesus kan he eerder as die kunsmatige eenheid van politici rondom vlae.

    -Vrede vir jou ook!

  9. Alleman

    Ons vind ons eenheid juis in Sy Woord as finale gesag…

    onverdeeld en gehoorsaam aan dit waarvoor Sy Vlag(die Woord) staan

    ek is eerstens burger van die Ewige Koningkryk…

    en die plek waar ek ‘n verskil sou maak is onder my eie afrikaanse taal en volksgenote…

    As ons dus ons taal en volk se vlag… belangriker ag as die “eerste”… is eerste ek … en daarna almal wat my volg in die moeilikheid….!

    Want dan kry ek met God se Vlag te make…

    en wie kan staan teen daardie Leermag…!

    Dan word die volgende woorde waar…

    (Mal 1:4) As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou—dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!

    (Mal 1:5) En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die HERE oor die gebied van Israel!

    En dit het niks te make met die volk Israel soos hy vandag daaruit sien nie…

    Hier word van die ewige “eternal” Israel gepraat…!

  10. hex sê:

    ‘n Vlag is natuurlik ook ‘n ding wat mens aan die brand kan steek as jy vies word vir jou regering, of iemand anders s’n.

  11. Callie sê:

    Die ou SA vlag simboliseer vir my aan die een kant sekuriteit, dit is ‘n deel van die afrikaner(wat groot geword het in die 80’s) wat jy nie kan losskeur nie.

  12. alleman sê:

    Dit is so dat mense geheg geraak het daaraan, en daar was baie positiewe dinge in daardie tyd soos meer sekuriteit (behalwe vir diegene wat dit gewaag het om teen die staat te wees).
    Maar daar is niks ewig of grondig aan ‘n vlag nie. Dis beter om mense raak te sien as om ‘n vlag te swaai.

  13. Walton sê:

    “The dominant ideas in society”, said Karl Marx, “are the ideas of the ruling class”.

    You’re quite right about national symbols. Anarchists traditionally used a black cloth as an ‘anti-flag’ for precisely this reason – to demonstrate that they were following no one’s agenda but their own.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s