Gays se stryd en wetenskap

Ek verwonder my daaraan dat gays toegee dat wetenskap gebruik kan word in debatte rondom gay sake.  Deur te sê die wetenskap het bewys dat homoseksualiteit normaal is, of dat dit bewys is dat terapie nie seksuele orientasie kan verander nie ensomeer, skep hulle ‘n presedent om die wetenskap in hierdie sake te betrek, en dit is (teoreties ten minste), ‘n fout.

Waar laat dit hulle byvoorbeeld as ‘n wetenskaplike iewers wel ‘n metode vind om mense se seksuele orientasie te verander?  Of as die politiek so verander dat die wetenskaplike konsensus besluit dit is ‘n afwyking?   Ek skryf hieronder oor wat ‘n menslike, politieke en veranderlike ding die wetenskap is.

Gays moet nie agter die wetenskap skuil nie, want hul stryd is nie ‘n wetenskaplike saak nie, maar ‘n politieke stryd wat daaroor gaan om nie deur die staat of kerk voorgeskryf te word nie.
Hulle het gekom waar hulle is deur politieke stryd, en dit sal (moet) altyd ‘n politieke saak bly.

Wetenskaplikes ‘het bewys’

Daar is soveel universiteite en institute en almal ding mee om vondse.  Die bevondsingsliggame ken vondse toe op grond van artikels wat publiseer word in wetenskaplike joernale.  Nie alle joernale is gelyk nie – nie eers amper nie.  In elke veld is daar van hoogs gerespekteerdes  tot heel obskures.   In die natuurwetenskap is Nature die klassieke voorbeeld van ‘n hoogs gerespekteerde joernaal.   Hierdie  hierargie van  joernale, en die wetenskaplike proses is eintlik duister vir gewone mense, en ook vir joernaliste.

So lees ons dikwels in koerante dat wetenskaplikes dit of dat bewys het.   Dis eintlik nie heeltemal wat gebeur het nie.  Die wetenskaplikes het iets publiseer, en die joernalis het daarvan te hore gekom.  Maar die joernalis weet nie noodwendig  van die meningsverskille, gevegte, foute, kook van resultate en politiekery wat agter die skerms aangaan nie.  Dan is daar nog die korporatiewe bevondsing – wetenskaplikes wat betaal word om dit of dat te bewys – wat hulle dan ook doen.

Die wetenskap is ‘n menslike proses, en feite is veranderlik – en dis nog maar net die natuurwetenskappe.  Ek dink die geestewetenskappe is nog baie meer ‘menslik’.   Modegiere, politiek en agendas is aan die orde van die dag, en dit alles word bedryf deur mense wat gesukkel het om Statistiek 101 deur te kom…

Daarom dink ek alles wat sielkundiges sê – oor gay sake of wat ook al – moet in die trant van ‘n vertelling, eerder as ‘n bewys opgeneem moet word.   Nie dat dit ongeldig of onwaar is nie – dit kan soveel (of min) geldig of waar wees as ‘n letterkundige werk.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged , , . Bookmark the permalink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s