Klipgooi Christene

Wat sê mens van iemand wat so maak:

Hy skryf ‘n stuk oor of homoseksualiteit sonde is of nie. Sy artikel struktuur lyk so:

“Daar is twee redes waarom dié leefstyl veroordeel word.”

“Eerstens, die mediese wetenskap veroordeel dit:”
<hengse klomp goed vanaf elders hier geplak, ongeag die feit dat mediese wetenskap nie in die veroordelings-besigheid is nie>
“Tweedens, veroordeel die Bybel dit”
<bybelverse ensomeer>

Nou wonder ek maar net hoekom die Bybel eers tweede gebruik word in hierdie veroordeling. En hoekom hierdie soort mense nog so arrogant is. Hoekom kan hulle nie hul besig hou met vas, offerdiere slag ensomeer, en ander mense met rus laat nie?

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged , , , . Bookmark the permalink.

23 Responses to Klipgooi Christene

  1. sonkind sê:

    Alleman – daar is ‘n gesegde: “Take it from who it comes.” Net soos die armes, sal ons altyd die armsaliges ook met ons he. Steur jou nie daaraan nie!

  2. alleman sê:

    Jy is reg – ek moes nie oor hulle geskryf het nie.

  3. Roer sê:

    Ek ken hom. Hy’s dierbaar. Ek ken jou nie, maar jy is ook dalk dierbaar. Dis sy blog. Laat hom skryf wat vir hom belangrik is. So ver ek verstaan is dit waaroor blog gaan. Dis jou blog so ek kritiseer jou nie. Kom maar net op vir my maat. Aangename kennis Alleman.🙂

  4. alleman sê:

    Ek vermoed ek is nie juis dierbaar nie. My seuntjie is wel, maar ek laat hom nie toe om ander mense met klippe te gooi nie!

  5. Sam van Thumbsuckers sê:

    Boet, dis nie ek wat dié goed sê nie! Die artikel spreek vanself. Alles feite. Ek veroordeel jou nie – ek waarsku. Waarsku jy jou seun? Indien nie is dit baie liefdeloos. Die feite is: homoseksuele betaal daagliks in hierdie lewe ‘n prys vir hul sondige leefstyl. Tweedens, die wat hulle nie bekeer nie sal volgens die Woord van God ‘n ewige prys betaal na die dood. Sê nie ek, maar die FEITE! (Vir die rekord: nie net homoseksuele betaal die prys nie – ook onbekeerlike sedelose heteroseksuele, diewe, skinderbekke, ens. ens. Watter een is jy?

  6. alleman sê:

    ‘n Mens se waarkuwings (of gebrek daaraan) het nie ‘n effek op wat jou kind se seksualiteit gaan wees nie.
    En ‘n ouer se liefde word eers werklik getoets wanneer jou kind nie so uitdraai as wat jy graag sou wou hê nie.

  7. 1.Ek kan nie onthou van waar maar daar is ge se (laat hom wat sonder sonde is die eerste klip gooi)
    Ha? Jammer ek my self nie in jou nie.
    2.Is die Homo kwesie meer sensitief oordat.
    a.uit die kas is en mense probeer dit aanvaar.
    b.meeste mense iemand ken en die persoon is n eerbare mens.
    MAAR IS DIT KLIP GOOI OF WARE ONDERSTEUNIG EN HULP.

  8. Sonde bly sonde en om ander klip Christene te noem gaan niks aan die feite verander nie. Daar is geen een sonder sonde en ons moet mekaar dus vermaan om te bekeer van ons onderskeie sondes. Net omdat ons almal sondes het, kan ons nie die sondes probeer regverdig nie. Tugtig ‘n wyse en die word meer wys, maar tugtig ‘n dwaas en die word kwaad. Ek sal jou aanvaar met jou sondes, aanvaar ook my. Ek sal strewe om die sondes in my lewe te oorwin, strewe jy ook om dieselfde in jou lewe en moontlik sal on albei deur vergifnis en genade redding ontvang.

  9. alleman sê:

    Dit lyk vir my daar is net 2 opsies. Of Christene moet hul veroordeling staak (soos baie Christene wel doen), of Gays moet die kerk vaarwel roep. Ek kan nie eintlik mooi verstaan hoekom hulle dit nie in elk geval doen nie.

  10. Allerman, daar is nog ‘n opsie en dit is, dat ons mekaar vergewe en verdra. Daar is nog nooit ‘n gay persoon in ons gemeente weggewys. As een ‘n dronkaard, dief, hoereerder, moordenaar of watter volhoubare sonde het, kan en mag hulle nie leiers (opsienes) wees in God se kerk. Net so ook gays en dit het niks met oordeel of verwerping te doen, maar wel dat God ‘n God van orde is. Omdat baie nie hul sin kry en nie bereid is om kinderlik, God se gesag ondergeskik te wil wees, gooi hulle ‘n “tantrim” (bose gees) en vlug dan van die kerk (Heilige Gees – van waarheid). Om vir die kerk vinger te wys is verkeerd en ons moet eerder die vinger, elkeen na hulself wys.

  11. alleman sê:

    Ek kan nie glo jy praat van verdra in die eerste sin, en dan noem jy gays in dieselfde asem as moordenaars nie.
    Wat is die verskil tussen hierdie soort verdraagsaamheid en haat?

  12. Ons moet elke siel liefhê, met ‘n goddelike liefde en ongoddelike dade sal ons haat. Sou my kind verkeerde dade pleeg, sal ek hom tugtug omdat ek afkeer vind in die verkeerde dade, tog sal ek my kind nie haat nie.
    Is gay’s dan meer heilig as diewe of moodenaars, dat jy ‘n asem probleem daaroor het?

  13. alleman sê:

    Jy kan nie aan jou kind se seksualiteit verander deur hom te tugtig nie. As jy dit doen, gaan jy oneindig hartseer vir jouself en jou kind bring. En jy gaan niks bereik nie.

  14. Daar is dinge wat ek as ‘n mens, in hierdie lewe, nie kan verander nie en tog kan die dinge, nie goed gepraat word nie. Al is ek ongelukkig oor die toedrag van sake en al sal ek nooit gelukkig wees daaroor nie, sal ek nog steeds lief wees vir my kind.

  15. Nog 'n sondaar sê:

    JY/Julle praat van verdra en liefde, van God se genade, sonde en dinge wat jy nie kan verander nie…Jesus Christus het tussen die Tollenaars en Hoere geleef en gewerk (en seker maar die Homoseksuele ook)- sonder om te veroordeel. Jy! en jou kerk, is die eeste wat oordeel, dan word dit onder die dekmantel van ‘verdra’ en ‘God se liefde’ gedoen! Ek skaam my. Laat ek my eerder in my binnekamer en op my kniee na God se vergiffenis vra as in jou skynheilige kerk, sonder sonde en vol van moordenaars, diewe, dronkaards, en ek weet nie wat alles is nie..Lyk my jou kerk is nie nodig nie, net sondaars gaan kerk toe. Moenie dink jy is verhewe bo sonde nie. Het Jesus nie gese: ‘Kom na my toe, soos jy is’ nie…Dws, met al jou sonde en jou hele wese (homoseksuele ook!!) en hy het ONS nie net verdra nie!! Hy het ons lief en is steeds lief vir ons. Wonder net, het Hy nie ook ONS sondes met sy bloed gewas nie? Of het hy ons aan die kruishout uitgesonder? Sover ek kan onthou, as ek my Bybel (ja, dis die swart boek wat ek tussen my pornografie bere – of so iets)reg lees, het Hy vir die MOORDENAAR wat saam met hom gekruisig was, gese, dat díe ‘SAAM MET HOM IN DIE PARADYS’ sal wees. Wie is jy om namens God te wil veroordeel? ‘Die wat oordeel, SAL veroordeel word’ Mens in glashuise gooi nie met klippe nie, die skade is oneidig groot en jy lyk vir my bly in ‘n groot glaspaleis.
    O ja, Gays word deesdae , ‘aanvaar’, solank dit asseblief tog net nie in ‘my’ familie is, wat nog te se uit my gesin, is nie. Ek hoop en bid (Ja, ons doen dit partykeer ook)dat jy nie groen koring op die lande het nie. Die skande sal net té groot wees en die aanvaarding net té erg!! O genade en wat van die sonde oor jou dak
    ‘Skuus, laat ek liewer my groot mond nou toe hou..ek veroordeel niemand nie..ek se maar net

  16. Nog ‘n sondaar, ek stem saam met jou, jy het ‘n groot bek. Nouja, daar is dus iets waaroor ons saam stem.
    Jy hou blykbaar nie van die waarheid nie en is ook blykbaar so bederf, dat jy kwaad word en in ‘n tantrim gaan, as jy nie jou sin kan kry nie.
    Jy weet in die eerste plek niks van my familie af, jy beskuldig my, dat ek oordeel, omdat ek die waarheid vertel, wat in die Bybel staan.
    Jesus het tussen die Tollenaars ens. beweeg en tog, deur Sy leefwyse en heenwysing, het hy hulle aangespoor tot bekering en nie hulle slegte dade probeer goed praat.
    Jy kan jou gerus skaam, vir wat jy hier bo geskryf het, want jy het duidelik nie my skrywes met nugterheid gelees nie.
    Sou jy weet wat in Kol. 1 v 24 staan, sal jy besef dat ek nie ‘n kerk het nie en is ook maar net ‘n lid, aan die liggaam van Jesus Christus, wat die gemeente (church volgens die engelse bybel) is. Ek wonder of jy ooit Jesus Christus in Sy liggaam (gemeente/kerk) ken.
    Jy klink vir my herderloos, dus wonder ek of jy ooit jou binnekamer ken.
    Waar Jesus sê ” kom na my toe, net soos jy is” kan ons die volgende daarin lees: 1. “Kom soos jy is” en deur die invloed van Sy heenwysing en voorbeeld, sou ek kinderlik wees, kan ek bekeer tot eer van God.
    2. Los die verskonings van, ek wil eers dit reg maak in my lewe of dat doen in my lewe, voordat ek “kom soos jy is”.
    Die moordenaar wat saam met Jesus aan die kruis was, het berou gehad oor sy dade, was nie selfvoldaan soos die ander ou en daarom was daar vir hom vergifnis.
    Blykbaar sien jy my, as iemand in jou verlede en haal jy nou jou woede en frustasies, op my uit. Ek is nie daardie iemand nie hoor, “dus get over it and lighten up”.
    Ek het medelye met almal wat sondig, myself ingesluit, maar dit beteken nie, dat ek die sonde gaan goedkeur, as dit ‘n gruwel, in die oë van God is.
    Blykbaar dink jy ek is verheuwe, lees dus Heb. 3 v 1 en kom weg van die aardse/vleeslike dinge en word deel van ‘n hemelse roeping.

  17. attie sê:

    Ek is ‘n Christen. Op my blog sal jy sien ek is ‘n dominee ook. My kind is gay. Ek het haar baie lief. Sy het die Here lief. God is meer volmaak as ek. Sy liefde is groter as myne. Ek weet dat homoseksualiteit nie die onvergeefbare sonde is nie – ek weet ook daar is verskriklik baie oor hierdie saak wat ek nie weet nie en nie verstaan nie. Die skrywer gooi seker klippe. Wat doen die sommiges op hierdie blog. Nou het die veroordeelder van gay mense die klippe wat hy kry verdien. Kom ons verskil, maar kom ons doen dit met wedersydse respek vir mekaar. Ons hoef nie op dieselfde manier te veg nie. Ons hoef nie te veg nie, maar ons kan bly praat.

  18. alleman sê:

    Dankie Attie – dit is baie waardevolle en wyse woorde wat jy hier geskryf het. Ek respekteer dit, al is ek nie gelowig nie.

  19. Nog 'n sondaar sê:

    Ek behoort my te skaam!!! Dit is witgepleisterde grafstene soon jy, wat klippe gooi, wat jou te moet skaam. Ons moet net heeltyd daarvoor bontstaan . En dit onder die dekmantel van God!! Ja, ek skaam my, ja…vir jou!!!

    Dit het geensins enigiets te doen, met ‘hou niks van die waarheid nie’ Ons raak gatvol, omdat ons nie ook ‘n plek in die son gegun word, deur mense soos jy, nie. Waaroor ons geen beheer het nie. En dalk is ‘n tantrum tog geoorloof!
    Ons is goed genoeg om in jou wereld belasting te betaal, goed genoeg om in jou oorloë te veg, goed genoeg om jou, te versorg, te bedien, jou kinders op te ly, die lys gaan aan en aan…
    Maar enigsins anders, is ons mos die sondaars in die verderf … Jy sê, dat jy die waarheid wat in die Bybel staan verkondig, en in dieselfde asem, dat jy nie gelowig is nie? Kom by, dit strook nie met mekaar nie! Wat maak dit dan
    enigsins saak wat in die Bybel staan.
    Jy pik ‘n versie op en hardloop jouself te pletter teen die muur en verkoon my, maar soos die meeste soos jy, gryp maar net wat van jou van toepassing is en basta met die eintlike boodskap…ek kry jou jammer. Jy gaan met oogklappe deur die wereld. Tipiese hoendergeloof!

    Heeltemal reg , ek ken jou en jou familie nie – dank die Vader, spaar my dit! In die selfe lig, ook, ‘dank die Vader’ vir MY familie en MY pa wat nie oordeel of veroordeel nie.

    Herderloos, is ek beslis nie. ‘n Binnekamer het ek ook, en is ook so in daaglikke gesprekke met My Verlosser. Nie net sommige aande, 10 min voordat ek gaan slaap nie, om my gewete te sus nie.

    Jy moet dalk in die spieël gaan kyk en jouself sien vir wat jy is, en ophou om ander mense te kritiseer. Gaan op jou knieë en smeek self om genade en prys Hom oor Sy genade en jóu seëninge en vir die feit dat hy ook vir jóu sondes gesterf het. Dalk sal dit ook goed wees vir jou saligheid om dalk te begin glo… Dan sal jy nie al hierdie snert op die net verkondig nie. Dalk iets meer positief en konstruktief!!

    En hiermee het ek genoeg gesê…

    Met die maat waarmee jy meet sal jy gemeet word…
    So, as die skoen jou pas, dra dit met gemak…!
    Ek slaan my hande saam…vir jóu ook

  20. Ek bely liewers my sonde voor God, en nie voor mense nie. Ek het berou oor my sondes, is gelowig en is afhanklik van God se genade en vergifnis. Nooit sal ek Sy woord probeer verdraai, om my sonde te probeer regverdig. Ek ken ‘n aantal gay mense, wat ook soms by my aan huis kuier en ek verwerp hulle nie. Jy het, in dit wat ek geskryf het, gelees wat jy wil en nie wat ek geskryf het nie, so, jammer vir jou. Jy het my persoon aangeval en het dus net gemaai wat jy gesaai het. Ek het ook nie gemeet nie en sal ook nie God se maatstaf probeer verander, om my swakheid te regverdig. Ek sal dit nie duld as ander dit probeer doen. Volgens Jes. 62, sal ek nie swyg of stil bly en daar is altyd wagters op Sion’s mure.
    As ek nie in Christus Jesus was, volgens Rom. 8 en Kol. 1 v24, sou ek ‘n wit gepleisterde graf gewees het, maar die skoene wat ek aan het, is die skoene van die bereidheid om die Evangelie van vrede te verkondig (Efes. 6 v 14 – 15).
    Nooit het ek een geoordeel, maar my punt is, dat ons nie ons sonde kan regverdig, deur die Skrifte te verdraai nie en ek het nog niemand veroordeel nie.
    So slaan ek my hande saam ook vir jou.
    Attie en Allerman, jammer dat ek die klippe net terug gegooi het, wat na my gegooi is, my bedoelling is maar om water (Evangelie) te gooi.
    Vrede vir julle almal.

  21. attie sê:

    Skuus dat ek weer hier kommentaar lewer. Ek verstaan “Nog ‘n Sondaar” se aggressie. Ek sien ook ook “Nog ‘n Sondaar” se persoonlike verhouding met die Here raak. Kom ons kom by die sogenaamde “bottomline”. Hoe word mens gered? Is dit nie deur geloof in Jesus Christus alleen nie. Homoseksueel; Geskeide; Moordenaar; Kinder-molesteerder; ens. ens. Net geloof. Dalk moet ons as Christene maar meer sê wat Jesus vir die vrou gesê het wat die Fariseërs met klippe wou doodgooi: “Ek veroordeel jou ook nie!” EK sou eerder skuldig wou wees aan te veel genade as te min. God kan self die “hekke” na die hemel bewaak. Ek hoef dit nie vir Hom te doen nie. Skuus ek skryf so lank.

  22. Attie, ek stem saam dat geloof in Jesus Christus kan my red, maar dan moet my geloof met werke gepaard gaan (Jak. 2 v 14). Die werke uit geloof moet in Jesus Christus wees, wie se liggaam Sy gemeente is (Kol. 1 v 24). My werke moet dus in Sy gemeente wees.
    Waar het ek die geloof gekry? Rom. 10 v 17, deur die woord van God en tog wil baie so teen die woord van God gaan.
    Genade is nie ‘n jammer kry saak nie, maar ‘n mate van die gawe van Christus (Efes. 4 v 7). Die vraag is, het ek die genade of te wel, die genade gawe in ‘n mate?
    Die werke is dus nie uit myself nie, maar ek moet net ‘n instrument wees, sodat die mate van die genadegawe van Christus, deur my kan werk.
    Ons moet deel wees, van die heemelse roeping (Heb. 3 v 1), dan is daar geen hekke om oor te kommer.
    Groete

  23. Sandra sê:

    Ek weet hierdie post is nou al eeue ou, maar dankie, Hans Matthysen, dat jy so ‘n goeie voorbeeld stel vir ‘n ware verdraagsame Christen. Sonder om te oordeel, maar steeds met geduld die aanslae van ander vat om Christenskap hoog te hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s