Shmaak jy al die lekker woorde?

Dit lyk my daar is deesdae ‘n mode onder Engelssprekende Suid-Afrikaners om Afrikaans in sekere ‘lekker’ situasies te gebruik. Hiermee (so voel dit vir my) wil hulle aandui dat hulle Afrikaans ook sy plekkie gun…

Dis nou nie ‘n plek as Universiteitstaal of werklike amptelike taal van die land nie. Enige iets wat van belang is, moet nog steeds in Engels gebeur. Maar hier en daar kan daar darem ‘n ‘lekker’ Afrikaanse woord gebruik word, byvoorbeeld in sosiale situasies. Om Afrikaners te beloon dat hulle nou Engels praat feitlik orals behalwe in hul eie huise.

Dis ‘n soort grootmoedigheid van die oorwinnaar.

This entry was posted in afrikaners, witmense and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Shmaak jy al die lekker woorde?

  1. Dat Afrikaans ooit weer ‘n behoorlike plek as akademiese taal sal hê, lyk maar vir my onwaarskynlik. Al wat ons kan doen is om Afrikaans te gebruik, gebruik, gebruik waar ons ookal kan. Ek Shmaak Amatomu, veral hulle statistieke as jy by hulle geregistreer is – ek het nog nie hulle ‘shmaaks’ probeer nie.

  2. Anoniem sê:

    Alleman, ek dink jy sal vind dat Afrikaanse mense dikwels presies dieselfde met Engels doen. Dit is o.a. maar omdat die “ander” taal ‘n mens toelaat om ‘n bietjie die konteks te verskuif, “get it”? Dit illustreer, volgens my, die diep tweetalige identiteit van die Blank-en-Bruin-samelewing. Minagting van Afrikaans vind ek ongelukkig al te dikwels onder Afrikaanssprekends, byvoorbeeld dié vir dit maar net soveel beter is om in Engels te studeer as in Afrikaans ens.

  3. alleman sê:

    My Kop Op ‘n Blok ek bewonder ook Amatomu, meer nog, ek bewonder die briljante web strategie van die Mail & Guardian. So miskien vertoon my stuk tekens van suur druiwe. Want wie gaan Afrikaanse koerante uit Naspers se doodsgreep red?

    Anoniem jy is boonop reg oor die konteks- verskuif ding.

    Maar ek glo dat die kwaadwillige afskaal van Afrikaans as akademiese taal sou nooit geduld sou gewees het as die ANC nie so ‘n houvas op ons gehad het deur die skuldgevoel spel wat hulle so goed speel nie. Enigeen behoort te kan sien dat hierdie spel nou erg uitgespeel raak, en daarom glo ek die erosie van Afrikaans as akademiese taal kan gekeer word.

  4. Afrikaans sal nie verdwyn as ‘n universiteitstaal nie. Dis ‘n grondwetlike reg om onderrig te kry in jou moedertaal; ‘n reg is iets wat jy nie kan wegvat nie, nie iets wat jy kan afdwing nie.

    Dis ongrondwetlik om die oorblywende Afrikaanse universiteite te dwing om hulle taalbeleid te verander vir anderstalige sprekers. Want dan neem jy Afrikaanssprekendes se regte weg en forseer jy ander se regte op ‘n instansie af.

    Ek weet – dit het reeds met die meeste universiteite gebeur. Maar dit sal byvoorbeeld nie sommer met Stellenbosch gebeur nie; daarvoor is daar heeltemal te veel bruin en swart Afrikaanssprekendes in die Wes-Kaap. Op die platteland, ook, is Afrikaans die lingua franca.

    Oor Engelses wat Afrikaanse woorde gebruik: dis ‘n bekende linguistiese verskynsel genaamd kodewisseling en gebeur met nagenoeg elke taal op hierdie planeet 😉

  5. Errol sê:

    I think you’ll find the reason so many English South Africans now use Afrikaans sometimes, is because
    1.)people who left high school after apartheid often studied at Afrikaans institutions like Stellenbosch,
    2.)because all the people who went to London to work on the two year work visa often used Afrikaans in public places when they didn’t want to be understood by passers by.
    3.)a lot of English people like Afrikaans music now that it no longer consists only of crap like it did in the 80’s (i forget the name – but who was the man who used to give out roses to the old ladies – “Gee haar ‘n roos?”).
    4.)the fact that Afrikaans is no longer forced on people
    5.)that the “face of Afrikaans” is no longer fat, lecturing Afrikaans government ministers with no hair and really shitty accents, but rather young, talented sports, entertainment and music people
    All these factors contribute to Afrikaans now being percieved as not un-desireable. Kind of like extreme makeover – it’s all about how you present yourself…
    As for “Om Afrikaners te beloon dat hulle nou Engels praat feitlik orals behalwe in hul eie huise. Dis ‘n soort grootmoedigheid van die oorwinnaar.” – do you really believe English SA was plotting the downfall of Afrikaans, and then sat down as a group and decided that each English person should say 20 Afrikaans words a week to reward you for the fact that the government is anti-Afrikaans? How did you guess? Bet you didn’t know it was on the orders of spacemen who hide behind the moon and are plotting to steal South Africas gold!

  6. alleman sê:

    Errol ek is soms spyt ek het daardie stuk geskryf, maar dis hoe ek gevoel het. Natuurlik is daar niemand wat beplan het dat Engelse 20 Afrikaanse woorde per dag moet sê, of ‘n beplande aanslag deur English SA nie.
    Nietemin, mag en selfbelang het ‘n manier om mense op sekere maniere te laat optree sonder dat enige beplanning daaragter sit. Die feit dat jy nou hier op my Afrikaanse blog kom Engels praat is ‘n aanduiding van hoe jy reken die magsbalans tussen ons is. Dit is soortgelyk aan die manier hoe wit mense tradisioneel van swart mense verwag om hulle wit tale te praat.

Lewer kommentaar op My Kop Op 'n Blok! Kanselleer antwoord