Is ons dom en wreed?

‘n Paar jaar gelede het die dogter van ‘n ANC leier gekla dat Afrikaners “retarded” is. En Walton het geskryf oor een van die vieslike Afrikaanse blogs wat mens soms teekom (se maar niks van die manier hoe hy daaroor geskryf het nie). Is hierdie bloggers te dom om in te sien hoeveel vyande hulle vir ons maak? Soms hoop ek dit kom uit dat dit in werklikheid ons vyande is wat daardie blogs skryf amper soos die DA se vals briefskywers.

My skoonpa (‘n boer), kla soms oor ander boere wat hy soms mee te doen kry wat niks lees nie. “Hulle lees nie eers die Landbouweekblad nie”, sê hy graag. Hoe dom moet mens wees as dit jou nie pla dat jy niks weet nie? Hoe is dit moontlik dat die Afrikaner se projek om homself op te hef in die tyd toe ons politieke mag gehad het, so gefaal het dat sommiges ongeletterd is? Het daardie projek dalk niks verder as die stede en sommige dorpe gestrek nie, en was sommige plattelandse skole dalk soortgelyk aan “Bantu Education”?

Maar as dit tog maar net by domheid gebly het. Daar is nog wreedheid ook. Genadelose onmenslikheid, wat skynbaar sonder enige rede gepleeg word. Sommiges moor of rand tot ou swart mense en swart kinders aan. Dit lees ek alles in hierdie Sunday Times artikel. Boonop word hulle dan soms deur wit landroste beskerm en kom skotvry. Hoe dom moet ‘n landros wees wat dink hy help sy mense deur hulle misdade oor te sien?

Simphiwe Bophela

This entry was posted in afrikaners, politiek and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Is ons dom en wreed?

  1. Hoeveel onse is daar in jou pond?

  2. Basil sê:

    Goeie vraag Johan!

  3. Alleman, ek stem saam dat baie Afrikaners oningelig is. Ek dink egter dis ‘n internasionale verskynsel. Veral in die VSA, maar ook in baie ander lande.

    Ek stem ook saam dat daar nog heelparty Afrikaners is wat die rassistiese stigma wat aan Afrikaners kleef, versterk. Maar ek dink dat wreedhede deur Afrikane op blankes in Suid-Afrika baie meer algemeen is en feitlik daagliks voorkom. Die enigste verskil is dat dit nie berig word as rasse-voorvalle nie, maar onder die bree mantel van misdaad berig word. In baie gevalle, glo ek, is die graad van wreedheid teenoor (blanke) slagoffers slegs rassisties verklaarbaar. Die oorsprong van hierdie rassehaat, is ‘n heel ander debat.

    My antwoord op jou vraag is dus: Ja, daar is Afrikaners wat bepaald dom en wreed is, maar nie dommer of wreder as Xhosas of Zoeloes nie.

  4. alleman sê:

    Johan en Basil, ek dink ek weet wat julle bedoel. As individue is ons nie nie aanspreeklik vir wat ons mede-Afrikaners doen nie. Ons het in elk geval nie geweet dat hierdie boere hierdie dinge gaan doen nie, en kon dit nie verhoed nie.
    Hierdie soort denke is moontlik want ons tydsgees beklemtoon die individu, en ontken tot ‘n groot mate dat groepe belange en verantwoordelikhede het. Dit is vir my ook soms ‘n uitweg en verlossing om net ‘n idividu te wees.

    En tog, groepe bly bestaan. Boere word as groep aangekla, of hulle nou daarvan hou of nie. En as Afrikaners as groep wil beding vir hul (ons) belange, moet ons nie wegskram van verantwoordelikhede nie. Mens kan nie groepsbelange wil hê, en as jou groep tot verantwoording geroep word skielik net ‘n onskuldige individu wil wees nie.
    En daarmee bedoel ek dat mense wat rassisties praat of wreed optree, nie verdra moet word nie. As daar byvoorbeeld ‘n boer of ‘n landros is wat so optree soos wat die artikel sê, moet “ons” nie met hom praat of sake doen nie. Hy moet nie op die kerkbanke kan gaan sit voor hy nie verander het nie. “Ons” kan eerder geld gee vir regs- en mediese hulp aan sy slagoffers. Ek glo dit is wat medemenslikheid (soos ook verkondig deur die Christelike geloof), van “ons” vereis.

    En om terug te keer na die manier hoe Boere as groep aangekla word – gaan kyk bietjie hier

    Nou ek weet dat elke Jan Rap en sy maat deesdae ‘n blog het, en dat sommiges maar net die rassistiese haatspraak van idiote is. Dis beter om sulke tipes te ignoreer.
    Maar Professor Ridwan Laher is nie sommer enige hierjy nie. Hy het ‘n invloedryke posisie en word betaal om te skryf en te sê dit wat hy sê. En hy glo dat meer swart mense deur wittes aangerand of vermoor word as andersom. Hy glo dat “Whites killing Blacks in these circumstances is almost a colonial birthright”.
    Hy het nog nie die feite van ‘n formele studie tot sy beskikking nie, maar hy glo dit kom. Want hy ken vir Jody Kollapen van die Menseregtekomissie wat ‘n verslag moet indien oor boere se vergrype.

    Hy beskryf wit klagtes oor misdaad as volg:
    “they wank so persistently about crime and corruption all the time”

    Vir hom, en ek glo sy soort denke is algemeen in die regering, het Boere eintlik nie gronde om oor plaasaanvalle te kla nie want hulle verdien dit, en hulle is in elk geval besig om misdaad te “racialize”. Maar Boere kan wel as groep verantwoordelik gehou word vir misdade (hulle is in elk geval almal skuldig), sonder dat mens mag sê Prof Laher “racialize” nou misdaad. En die misdade van Boere moet gebruik word om die proses te versnel om hulle van die grond af te kry.

    As die Boere wel almal so is, wens ek hom alle sterkte met sy projek toe. Dis net dat die Boere wat ek ken, glad nie so is nie.

    En dis hoe en hoekom ek die woord “ons” gebruik.

  5. alleman sê:

    Boer ek glo ook dat die graad van wreedheid teenoor blanke slagoffers slegs rassisties verklaarbaar is.

  6. alleman sê:

    Herman Toerien skryf hier onder meer oor die fabrisering van aanklagte teen boere wat soms plaasvind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s