Wat gaan hier aan, Van Zyl Slabbert en Naspers?

In ‘n stuk getiteld Só sal oorlopers tot rus kom, skryf Van Zyl Slabbert oor hoe die proporsionele stelsel in SA bedoel was as ‘n oorgangsmaatreel, en hoe die kabinet hom in 1995 aangestel het as voorsitter van ‘n taakspan wat voorstelle vir ‘n finale kiesstelsel  vir die 1999 verkiesing en daarna moes maak.  Hy skryf:

“DIT was gou baie duidelik dat die regerende party en die amptelike opposisie geen entoesiasme vir die verandering van die bestaande kiesstelsel gehad het nie.”

En hy skryf verder oor hoe die oorstapreel die aanspreeklikheid van die parlementslid teenoor die kieser nog verder gereduseer het.   Alles goed en wel,  enige redelike mens (behalwe jou gemiddelde parlementslid) sal hartlik saamstem.   Maar Slabbert kom dan met die stelling dat in Brittanje, as ‘n parlementslid bedank, hy “’n tussenverkiesing as kandidaat van sy of haar nuwe party moet [moet] veg”.  Dit is glad nie die geval nie, en dit is verstommend dat  Van Zyl Slabbert so dink, aangesien hy die voorsitter van ‘n taakspan was wat oor sulke dinge aanbevelings moes doen.

‘n Britse parlementslid word as persoon verkies, en is verantwoordelik vir, en aanspreeklik aan sy kiesafdeling.  Tydens ‘n verkiesing weet die kiesers presies wie die individu is vir wie hulle stem.  Hy kan aan enige party behoort, of selfs as onafhanklike staan.  Sy aanspreeklikheid kom nie in gedrang as hy oorloop nie, want hy as indiwidu bly nog steeds aan sy kiesafdeling aanspreeklik, en tydens die volgende verkiesing kan hulle met hom maak wat hulle wil.  En die Britte gebruik hul politieke verteenwoordigers.  Hulle skryf briewe (wat parlementslede moet beantwoord), en besoek hulle om hul saak te stel.  ‘n Ware demokrasie.

Ek sien verder dat mens jou mening oor die saak kan lug deur ‘n SMS teen R1.50 aan By te stuur.  Ek hoop nie Naspers gaan op hierdie manier geld begin maak nie –  dit behoort gratis te wees om jou mening te lug.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to Wat gaan hier aan, Van Zyl Slabbert en Naspers?

  1. Dankie vir die toeligting. Interessante inskrywing. Die merkbare verskil tussen die stelsel is, dat in SA, die PARTY uber alles is (verklap dit die oorblyfsels van Stalinistiese gene?), wyl in Brittanje die INDIVIDU ‘n groter rol speel (sy karakter, bestuur, aanspreeklikheid ens.)

  2. Naspers is al geruime tyd besig om ‘n ekstra geldjie in te samel met menings. Almal wat kan, melk maar die sms-koei.

  3. alleman sê:

    Ek stem saam, behalwe oor die Stalinisme. Die feit is dat die Nasionale Part se onderhandelaars net soveel, of meer, geblameer kan word as die ANC oor die proporsionele stelsel. En die DA het ook ja gesê vir die oorstapreel. Selfs die Vryheidsfront aanvaar oorlopers.
    Ek dink ons moet aanvaar en hardop sê dat ons parlement en die wat daaraan deelneem ‘n klug is. Om ‘n parlementslid te wees is ‘n baie cosy joppie, maar baie irrelevant. Die ANC het lankal al hul swaargewigte elders – byvoorbeeld in die sakewereld ontplooi.
    Ook ander, soos Raenette Taljaard het ander werk gaan vind waar hulle bydrae darem iets werd is.

  4. alleman sê:

    George, ek sien nou eers jou kommentaar so tussen my Akismet spam. As sms die woord is wat Akismet pla, werk dit maar redelik simplisties. WordPress behoort te “weet” dat jy nie ‘n spammer is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s