Hoekom slaan jy jou kind?

1. Omdat hy iets doen wat jou voor ander mense embarasseer.
2. Omdat hy iets verg wat vir jou op daardie oomblik baie moeilik is.

Die idee dat ‘n ouer sy kind slaan vir die kind “se eie beswil” is nonsens. ‘n Ouer slaan ‘n kind omdat hy sy selfbeheersing verloor het weens een van bogenoemde 2 redes.

Daar is baie van ons wat sê dat ons geslaan is as kinders, en ons het “goed uitgedraai”, of “niks oorgekom nie”. Ek self is ook geslaan as kind, en ek glo as die ouerliefde andersins daar is, kan ‘n kind meesal sonder te erge skade grootkom. Maar die slaan help vir niks, en is nie ‘n goeie ding nie. Dit gee maar net vir die ouer verligting van sy onmiddelike frustrasie, en verneder die kind.
En so baie ouers het nie regtig tyd of liefde vir hul kinders nie, so die kenmerk van hul verhouding met hul kind is een van slaan of verneder die kind sodra hy iets doen wat nie op daardie oomblik gelee is vir die ouer nie.

Hierdie idees is goed bekend in Europa en die meeste ander dele van die wereld. Seker nêrens word kinders so geslaan soos in SA nie, en tog gaan dit baie goed in hierdie ander lande.

Lees gerus ook hier wat prof Jonathan Jansen sê.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd and tagged , , , , . Bookmark the permalink.

16 Responses to Hoekom slaan jy jou kind?

  1. dit het verseker ‘n effek op die persoon se psige. ek’s egter ‘n bietjie versigtig om ‘n waarde oordeel te maak en te sê dis “sleg”. (of “goed,” for that matter”.)

  2. Ek verskil van jou standpunt, maar voel nie ernstig genoeg daaroor om dit te debateer nie. Al wat ek kan se, is dat ek niks inherent “sleg” daarin kan vind nie. Ek maak ook ‘n onderskeid tussen “tugtig” en “mishandel”. In baie gevalle is dit ook nie so dat ‘n gebrek aan selfbeheersing die oorsaak van tug is nie.

  3. Ek stem nie met die prof saam nie. Daar is darem ‘n groot verskil tussen deur die gesig klap en ‘n pak slae op die sitvlak gee.

    Hy sê: “Kinders leer uit gewelddadige optredes soos ’n pak slae deur ouers dat ’n mens dit wat jy wil hê, bekom deur diegene van wie jy verskil, fisiek aan te val.” Snaaks dat ek of enige van my broers, of my kinders (ons het hulle geslaan toe hulle klein was) dit nie aangeleer het nie. Die prof verkies dan seker dat die kind moet aanleer dat hy/sy die belangrikste persoon in die wêreld is en kan doen net wat hy wil.

    Alleman, die kind het miskien op daardie stadium bietjie vernedering nodig (voor die ouer – nie in die openbaar nie). Ek gee toe die ouer kry ook sommer dalk bietjie verligting, maar weereens, hy doen dit met die hoop dat die kind sal leer hy kan nie maak soos hy wil nie en dus toekomstig die ouer die frustrasie sal spaar.

  4. hexi sê:

    Nee wat, ‘n pakslae op sy tyd is koning. Renier kry een maal ‘n ligjaar pak en dan gaan dit weer goed vir lank. Kinders soek dissipline en ek sê nie slaan hom amper dood nie, paar houe op die agter-wêreld kan nie kwaad doen nie. Ek slaan nie my kind omdat ek my sin wil hê nie en ek slaan hom nie kort-kort nie. Renier was so 6j oud toe hy R15-00 uit my beursie gesteel het, ek het hom polisiestasie toe gevat. Die polisieman het vir my gesê:”Ag siestog mevrou”, toe sê ek, dis dalk nou siestog, oor paar jaar steel hy karre en tv’s dan is dit net sies. Wel Renier het hom doodgeskrik en tot vandag toe sal hy vra as hy iets wil hê. Dis nie altyd nodig om te slaan nie, maar min mense het tyd vir ‘n stout kind, en ek wil nie hê die mense moet wegkruip as ek en my kroos kom kuier nie. Nee Prof – slaan sy gat!

  5. karoles sê:

    Ek slaan nie my kinders nie. Hier in Holland is dit absoluut verbode, ‘n kind kan jou aankla as jy hom slaan. Ek praat, straf op ‘n ander manier, dit werk!!

  6. n.s

    my ouers het my soms gevoeter toe ek klein was. maar dit was nie net ‘n oorveeg nie. hulle’t my mooi laat verstaan dat die hou(e) wat kom (of gekom het), kom omdat ek iets verkeerd gedoen het. daarna is ek vasgehou en laat verstaan dat hulle vir my lief bly, al begaan ek soms fokops.

    corny verby, ek weet. maar ek het nie juis een van die negatiewe karaktereienskappe wat jy toeskryf aan lyfstraf nie. point being – jou gebruik van ‘slaan’ is vaag. verhelder dit asseblief.

    ook:

    “Hierdie idees is goed bekend in Europa en die meeste ander dele van die wereld. Seker nêrens word kinders so geslaan soos in SA nie, en tog gaan dit baie goed in hierdie ander lande.”

    need i remind you dat dit ook “goed” gegaan het in al daardie jare gelede, toe lyfstraf wel toegepas is? ek koop nie die een nie.

  7. karoles sê:

    ‘n Kind onthou elke pakslae wat hy gekry het …. ek onthou alles tot vandag toe … is dit gesond? Nee!! Want dit is trauma. Hoekom moet jy ‘n kind slaan? Daar is baie ander maniere om ‘n kind te straf, ek is 100 % teen pakslae!!

  8. sonkind sê:

    ‘n Pak slae op sy tyd is soos kos op sy tyd. Punt. Jy mag daarmee verskil, dis jou goeie reg. Kyk hoe goed gaan dit in ander lande? Met wat gaan dit goed? Met wie gaan dit goed? Met die jeug in ander lande? Come again! Kyk hoe gaan dit met die kinders in Suid-Sfrika vandat hulle weet hulle mag nie meer geslaan word nie.

    Ek het my kinders geslaan, nie gemartel nie, nie mishandel nie. maar ‘n hou op die sitvlak, op die regte tyd. Ook nie in die openbaar nie. Ook nie sonder dat hulle geweet het waarom nie. Nie een van die twee het geweldadig uitgedraai nie.

    Ek het een dag in ‘n hof gesit waar ‘n seun in die beskuldigde bank omgedraai het en vir sy ma gese het: “Ma, jy moes my meer pak gegee het, dan het ek nie vandag hier gestaan nie.”

    Mens kan uit alle oogpunte daarna kyk. Slae werk ook nie vir elke kind nie. Maar dit werk vir die meeste.

  9. alleman sê:

    Johan, my gebruik van ‘slaan’ is glad nie vaag nie. Dis nie gekwalifiseer tot ‘n sekere soort slaan nie, en daarom sluit dit enige soort slaan in – van ‘n twee-vinger raps op die boud tot bliksem met ‘n swaar stok of houe met die vuis na die kind se gesig.
    Daar is baie mense (behalwe miskien in SA) wat geen soort hou ooit na hulle kinders slaan nie. Dit lyk my om nie te slaan nie, is vir jou so ondenkbaar dat jy moet seker maak watter soort slaan ek bedoel.

    Ek wil nie veroordelend wees teenoor ouers wat hul kinders slaan nie. My ouers het my geslaan, en ek het nie skade opgedoen nie. Maar ek glo vas dat as hulle my nie geslaan het nie, sou ek presies dieselfde uitgedraai het as wat ek nou is. Die miljoene Europeers, Eskimos, Suid-Amerikaanse Indiane ensomeer wat nooit slaan nie, bewys vir my dat die nodigheid van slaan ‘n mite is.

    En ek glo vas dat daardie ouers wat hul kinders “met liefde tugtig”, die verre minderheid is. Die oorgrote meerderheid ouers kry dit nie reg om so iets met liefde en selfbeheersing te doen nie. Hulle verloor maar net hul selfbeheersing, en doen dan hulself en die kind geweld aan.

    Die klein minderheid ouers wat so met liefde en selfbeersing slaan, gee aan die groot mensemassa wat woedend slaan ‘n vrypas om so voort te gaan.

    En kom ons kyk bietjie wat doen die groot mensemassa met hul kinders. In Brittanje word 2 kinders per week deur hul ouers of oppassers doodgeslaan. Dis so 100 kinders per jaar. Die wat oorleef, maar ernstig ly, tel seker in hul duisende of tienduisende. En ek glo in SA is die situasie veel erger.

    En laastens, ek het my seun ook al geslaan. En ek het opgehou. En dit lyk vir my of dit kan werk so.

  10. Ek dink ons stem eintlik saam. Altwee van ons dink dis nodig om kinders te tugtig. Jy hou bloot nie van die metode waarmee ek suksesvol as kind getugtig is nie.

    Bygesê, die lewe is nie ‘n binêre opposisie nie. Een straf sluit nie die moontlikheid van ander uit nie. Ek het soms pak gekry en soms is ek na my kamer gestuur of weerhou van voorregte. Elke situasie is uniek.

    Ek sou byvoorbeeld met jou saamstem dat dit GLAD NIE sin maak om ‘n kind te straf met ‘n hou of twee omdat hy sy maatjie geslaan het nie.

  11. labmuis sê:

    Ek stem honderd persent saam met Prof Jansen. Goed gese en dankie dat jy dit vir ons geplaas het.

    Om jou kind te slaan (op enige manier) maak geen sin nie. Dit is net so sinneloos as om op jou kind te skree (een van die gewoontes van agterlike Engelse ouers wat my baie ontstel). Daar is baie ander, minder geweldadige en vernederende maniere om jou kind te tugtig. Buitendien desensiteer slaan en skree net kinders. My seuntjie is nog nooit geslaan of op geskree nie. Gevolglik hoef mens net jou stem effens streng te maak en dit is genoeg om enige onanvaarbare gedrag te stop.

    Daardie mense van wie prof Jansen skryf, wat op die lughawens op hulle kinders skree en hulle dreig met: “Ek klap jou nou deur die gesig” is beslis boelies en baie agterlik.

  12. Ek verskil effens met jou stelling dat dit “geen sin” het nie. Om iemand te slaan is sielkundige kondisionering. Dis soos baba sirkusolifantjies wat met ‘n ketting aan ‘n paal vasgemaak word – sodra hulle groot is en maklik die ketting kan uitruk, dink hulle nog steeds die ketting hou hulle gevange en bly daar.

    Dieselfde met lyfstraf. Indien ‘n klein kind 1. ‘n kousale verband kan oplet tussen lyfstraf en ‘n sogenaamde verkeerde aksie en 2. die lyfstraf onaangenaam vind, dan sal die kind noodwendig (behalwe as hy homself met rede verder wil verset of reeds masochistiese neigings ontwikkel het) nie meer die verkeerde aksie uitvoer nie.

    Dis klassieke kondisionering a la Pavlov, niks meer, niks minder nie. Om dus te sê dit het geen sin nie, is op sigself reeds ‘n ongeldige stelling, want dit het juis sin – dit probeer die gedrag van ‘n lewende wese kondisioneer.

    Sinneloos is ‘n stelling soos “die epileptiese wagkaas eet silikon”. Lyfstraf? Ek is nie heeltemal so seker nie.

  13. Roer sê:

    Gun my die van selfsprekende noem…Elke kind verskil. My oudste is ‘n saggeaarde kind en pak sal hom beslis emosioneel skade doen. Indien hy wel die ‘pad ‘n bietjie beister geraak het’, het ‘time-out’ goed gewerk. Die jongste het ‘n sterk wil en het al ‘n paar houe met die houtlepel op die boud gekry, maar let wel, daar is ‘n verskil tussen ‘mishandel’ en ‘tugtig’ soos BiB tereg se^. Ek het ook iewers gelees indien jy vir jou kind ‘n raps gaan gee, maak seker dis nie met jou hand nie. Ek’s nou self nie ‘n sielkundige nie, maar hierdie metode het so ver goed gewerk vir ons en ons kinders. Hulle is baie gehoorsaam en nie uit vrees vir hul ouers nie. My kinders weet, my hand is daar vir liefde. Hulle weet ook ek of my man sal nie dadelik slaan nie. Hulle word twee maal gewaarsku en verduidelik dat indien hulle nou aan hou met wat ookal dit is hulle besig is om te doen, gaan hulle pak kry. Nooit, ooit voor mense nie. Ons gaan kamer toe as ons by die huis is.

  14. freddy sê:

    Ek is van mening dat ‘n mens gewoonlik slaan omdat jy nie gou genoeg kan dink aan ‘n beter manier om jou kind te leer dat h/sy dade gevolge het nie. Straf op sigself help nie, jy leer jou kind net om versigtiger te wees as h/sy oortree. Maar as h/sy leer dat sy keuses gevolge inhou wat verband hou met die keuse, leer h/sy verantwoordelikheid.

  15. Rustig sê:

    Asseblief nie nog ‘n ondersoek deur ‘n sogenaamde proffessor nie. Kom kyk bietjie hier in Ierland wat geen dissipline doen onder die jeug. As ons nie weet hoe om dit te hanteer nie dan gee ons dit ‘n naam. ‘n Sindroom. Mens kan ook nie heeldag slaan nie, maar pak op sy tyd is ook goed. Jung en Freud se moere! Ek is al so op onder die sogenaamde liberale humanitere ape dat ek my sommer nou veregr en gaan nou eers glas wyn drink.

  16. Gerrie sê:

    Wel datek julle n verhaal vertel daar was eendag twee seuntjies die een was n aangenome kind die ander een was die ouers se eie blood kind en as hulle stout was het die ma net haar eie kind geslaan maar eendag het die ma by die huis gekom en die twee het iets aan gevang en die ma het hulle kamertoe gestuur en sy het altwee n pak gegee daar na het sy na haar kamer gegaan en gehuil om dat sy die aan genome kind geslaan het en sy bang was dat hy haar sou haat ,maar daar was n klop aan haar deur en toe dit oop gaan kom die aangenome kind na haar toe en se dankie dat ma my ook n pakslae gegee het nou weet ek dat mammie my ook lief het.So wat se dit vir julle.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s