Hoe om ‘detribalised’ te wees*

Natuurlik praat jy Engels met almal wat nie Afrikaans is nie – jy is mos darem nie nie ‘n taal – Nazi nie! Veral met swartmense want mens moet tog nie so neerbuigend teenoor swartmense wees om te dink hulle kan nie Engels praat nie.

Jy kry soms skaam vir jou volksgenote. Veral as dit by dinge soos “Poena is Koning” kom. Engelse hou van jou – jy is nes hulle – en soms laat hulle jou so goed voel daaroor dat jy so verstandig is om nie ‘n tribal Afrikaner te wees nie. Dalk beywer jy jou daarvoor om vir die Engelse te wys ‘ons is nie almal so nie’.

Jy haat niemand nie, en jy wens dat almal net in vrede kon saamleef. Eintlik sou almal in vrede kon saamleef as almal net alles soos jy ingesien het. Jy kan nie mooi verstaan hoekom hulle nie kan nie – dalk het hulle iewers te veel gely. En daarvoor moet ‘n mens ook begrip hê. As daar tog maar net meer gelykheid was.

Jy verstaan hoekom die Engelse voortdurend aangaan oor die Duitsers want jy hou self nie so baie van die Duitsers nie (maar jy hou van enige Duitser wat nie tribal is nie). Hoe kon die Nazi’s so aangaan teen die Jode? Die Duitsers (en ja, die Afrikaners ook) behoort eintlik meer versoenend te wees na alles wat hulle die wêreld aangedoen het.

Toe jy in Febrarie 2003 in London was, het jy ook teen die oorlog in Irak gemarch. Jy was trots om deel van 2 miljoen sulke goeie mense te wees wat teen oorlog is. Die Britse linkses daar het die pad aangedui. Hulle is werklik ‘n oulike klomp.

Toe kom jy later agter hulle stem weer vir Labour. En jy begin wonder hoe dit is dat 2 miljoen mense nie die einde van daardie Britse regering kon (wou?) opeis nie. Jy besef hulle het wel verkies dat Britanje Irak nie aanval nie, maar dit was net ‘n voorkeur. Hulle het verstaan dat dit om hulle eie voordeel gedoen is, en hulle het dit gou so aanvaar al was is dit met ‘n gebrom van ‘not in my name’. Jy begin verstaan dat die Britse linkses deel is van die Britse Ryk wat eintlik maar nog steeds bestaan.

As jy detribalised wil wees moet jy nog steeds deel van hulle wees want jy sien nie ‘n ander manier om detribalised te wees nie. As jy detribalised goedkeuring ontvang sal dit in Engels wees. En dan besef jy met ‘n skok: jy het eintlik die tribe van Milner, Kitchener en Blair gejoin.

*Vir Walton

This entry was posted in afrikaners and tagged , , , . Bookmark the permalink.

2 Responses to Hoe om ‘detribalised’ te wees*

  1. alleman sê:

    Iemand het laat blyk dat my bedoeling hierdie stuk, spesifiek die verwysing na mhambi nie duidelik is nie. Ek geniet en bewonder Mhambi se blog – waarvan (myns insiens) een van die hoof-temas die verdediging van Afrikaners teen Britse skynheiligheid is, maar ook is daar ‘n sterk poging om goedkeuring te soek.
    Ek het simpatie met dit (was self ook in daardie posisie), en verseker kan Afrikaners doen met minder vyande.
    Maar ek meen dat daar nie regtig salf te smeer is aan die skynheiligheid van die Britte nie, en daarom is ‘n houding van ‘julle kan gaan doppies blaas’ meer van pas.

    En Walton is nog ‘n blogger wat interessant skryf. Maar hy is lekker skynheilig, en hy het ‘n agenda vir Afrikaners en hoe hulle moet wees om sy goedkeuring te verdien. Hy gaan graag aan oor hoe sleg dit is om ‘tribal’ te wees (veral tribal Afrikaner, maar nie tribal Skot nie).

    Myns insiens is die Britse tribe groot en magtig genoeg om ander in te sluk maar self staande bly. Diegene wat wat so ingesluk word, maak dan ook groot bydraes tot die Britse tribe se belange. En mense soos Walton, wat reken hulle is non-tribal is eintlik deel van hierdie proses. Hulle werk is om die ingesluktes te laat goed voel.
    Soos vir Walton, is om tribal te wees vir my dikwels lelik. Maar Walton sien glad nie in hoe hy sy rol speel vir die Britse tribe nie, en hoe moeilik of selfs onmoontlik dit is om weg te kom van stamverbondenheid nie.

    Mens wil wegkom daarvan. Maar dan word jou stam voortdurend aangeval – van die skynheilige Engelse pers tot gedurige plaasmoorde. En iewers raak dit onmoontlik.

  2. Mhambi sê:

    Hoezit Alleman, bly jy geniet my blog. Verduidelik tog vir my *hoe* mens ‘n tribal Afrikaner is.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s