Ek raak die kluts kwyt

Ek wys deesdae graag Onverskrokke vir my seuntjie – dis so oulik gedoen, en meesleurend. Ek het eintlik nie bygehou met hoe Afrikaanse musiek ontwikkel het nie. As ek nou ‘n musieklys maak moet ek begin met Koos du Plessis, Gert Vlok Nel asook Laurika Rauch, veral ‘Die Gang’ en wanneer sy Ingrid Jonker se ‘Toemaar die donker man’ sing.

Ek kan ook nie sonder Miriam Makeba nie, al is ek een van daardie southern lions wat doodgemaak moet word. En ek het ‘n New Internationalist Rough Guide to South African Jazz waarvoor ek uiters lief is. Op daardie cd is ‘Thaba Bosio’ van Sipho Mabuse, en ‘Election day Serenade’ van Pops Mohamed, om maar net twee te noem. Die Maliese sanger Ali Farka Touré is verlede jaar oorlede. Ek het een van sy CDs (eintlike ‘n onwettige kopie) naby Ouagadougou se lughawe by ‘n smous gekoop. Dit was die bargain van ‘n leeftyd. Die Burkinabes sê die Maliers sien neer op hulle. Maar hulle kan ook nie sonder Ali Farka Touré klaarkom nie.

En ek het ‘n CD genaamd ‘the Music of Cosmos’. Hierdie cd bevat musiek wat Carl Sagan self gekies het, en dit raak my diep. Ek het dit die eerste keer op sy wonderlike televisiereeks gehoor, hoewel my ouers nie altyd seker was of ek vir Carl Sagan moet kyk nie. Ek het dit baie geluister as ek Wes gery het, die Noord Kaap in.
Ek het dit ook geluister toe ek saam met ‘n klomp geologie studente na Barkly pas en daardie dele is. Net so entjie bo die pas het ons op ‘n vulkaanpyp geklim en van daar die son laag sien hang. Daardie plek, die pas en die pad daarheen van Bloemfontein af is vir my wonderlik mooi. En so is alles wat op The Music of Cosmos is (behalwe miskien Vivaldi se Spring pas nie so lekker in nie). En die hoogste hoogtepunt van daardie CD is Stravinsky se “The Rite of Spring” – ek weet nie of ander orkeste ooit sal kan verbeter op hoe die London Symphony Orchestra dit daar speel nie.

Ek is ook mal oor Finlandia, maar as ek Britse pop soos “why does it always rain on me” hoor, wil ek sê – staak onmiddellik jou geteem! Gee my veel eerder Sally Nyolo – of selfs Sussie Wie se ‘Ring ka ting ting’ wat my half aan Sally se ‘Un Jour Au Village’ laat dink (maar Sally is eintlik meer gesofistikeerd waar Sussie laf is en laasgenoemde kan gerus los om die motorfietse so te ref).

Miskien is hier bo iewers ‘n lydraad vir Mhambi oor hoekom ek tot dusver nie daarin kon slaag om te verduidelik *hoe* mens ‘n tribal Afrikaner is nie.

This entry was posted in musiek and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Ek raak die kluts kwyt

  1. Lekker kry ek nou – jy het soveel fantastiese musiek opgenoem, ek weet skoon nie waarop om te reageer nie. Ek onthou wel die eerste keer wat ek “Rite of Spring” gehoor het, dat ek gedog het die man is mal, want dit klink nie soos musiek nie.

    Ek was verkeerd.

    En nou gaan ek sommer weer dadelik Finlandia afstof.

  2. Vandag skryf ek met ‘n baie mismoedige hart vir u.

    My man het 2 maande terug sy werk verloor as gevolg van die Balju van Wellington wat sy vrou vermoor het. My man was die adjunk balju.Hulle is dadelik afgedank en dus sonder inkomste.

    Ons het 3 tienner dogters en ons moet eet, ons moet rekeninge betaal, en noodsaaklikhede vir die tienners koop en weet nie wat alles nie.

    Ons is moedeloos, waarheen gaan ons. Daar is niks wat ons kan eet in ons huis nie en die kinders moet meeste van die tyd skool toe gaan sonder ontbyt.

    Waar kan ons hulp kry. Niemand sien ooit raak wat ons moet deur gaan nie. Mense dink nie daaraan dat daar honger blanke Suid-Afrikaanse gesinne is nie. Ons hele gesin is wedergebore kinders van die Here. Ons dien die Here met oorgawe.

    Ons het al orals probeer, selfs by ons kerk. Hulle het een maal gehelp en toe nie weer nie.
    Ek weet daar is mense wat kanse vat, maar hierdie is ‘n ware verhaal. Ek sou nie vra as dit nie regtig sleg met ons gegaan het nie/
    Hierdie is ‘n noodkreet.

    My bank besonderhede is as volg as u dit dalk in u hard dit vind om ons te help
    Standard Bank Paarl
    Rekening nommer: 076838692
    Takkode: 051001
    Rekening naam: L Lourens

    Louise Lourens
    my email adres is louisetik@telkomsa.net

  3. Mhambi sê:

    Haai nou wonder ek of hierdie begenoemde ‘brief’ van Me Lourens ‘n Afrikaanse weergawe van die Nigeriese 419 epos scams kan wees? Hoogs waarskynlik.

    Sien, nog ‘n bewys ons Afrikaners is eg Afrika!🙂

  4. onthou fokofpolisiekar😉

  5. alleman sê:

    Mhambi Afrikaanse bloggers het die saak opgevolg en dit lyk nie op die oomblik na ‘n 419 nie.

  6. mykopop sê:

    Daardie Music of Cosmos CD klink baie lekker. Finlandia – ditto, George.

  7. samboerou sê:

    Alleman,met daai Sipho Mabuse het jy reg getip,befunkt.Iets om na te luister terwyl jy op n berg sit,daar is ook n ander een,Dollar Brand se Thaba Nchu,net so etherial soos Thaba Bosiu. Groentenis Samboerou

  8. alleman sê:

    Samboerou dankie, ek sal Dollar Brand se Thaba Nchu moet aanskaf – nie net oor die aanbeveling nie, maar ook omdat ek baie lief is vir daardie ou berg. Ek het hom baie kere geklim, en ook 3 jaar in die dorp Thaba Nchu gewerk. In die berg is daar is so ‘n weggesteekte vallei, en ‘n diep bakkrans wat bo die vallei is. ‘n Namibier wat die berg saam met my geklim het, het gesê dis die mooiste plek wat hy nog ooit gesien het.

  9. samboerou sê:

    Sal hom ook graag wil klim,ken daai geweste nie so goed nie,onthou dit was een van Bop se vlekke op die landskap.Abdullah het baie songs oor berge,daai spesifieke een is op die album , Natural Rhythm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s