Wreedheid

Wanneer dit by menslike boosheid kom, worstel mens maar aan, sonder om finale antwoorde te vind. Of jou antwoorde verander – naderhand besef jy jy is “soos soos ‘n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word”

Mieliepap spekuleer oor verkragting in SA, en die rol wat ras en mag daarin speel. Maar Anthony Anderson is ‘n voorbeeld van uiterste wreedheid waarmee ek deesdae worstel. Hy is blank, soos sy slagoffer, en hy het nie in ‘n sink-shack grootgeword nie. Hy was welvarend genoeg om homself by Youtube te vermaak – vergeleke met SA se plakkerskamp-bewoners het hy baie bevoorregde lewe. Tog is sy opperste wreedheid, en gebrek aan empatie met sy slagoffer, na my mening soortgelyk aan SA se verkragters. Ek glo dat as Anthony Anderson gedink het hy kan daarmee wegkom, hy ook sou moor en verkrag.

Ek glo nie meer enige verklarings oor mag, ras, Apartheid of armoede nie. Al sekerheid wat ek oor boosheid het, is dat daar ‘n sekere persentasie mense is wat inherent en onomkeerbaar wreed is – hoekom, weet ek nie, maar hulle is. Al wat hulle teehou, is die samelewing se vermoë om hulle te vang en kwaai te straf. Die dommes onder hulle, soos Anthony Anderson, pleeg nogtans sulke dade, maar as hulle in plekke soos Engeland woon, word hulle gevang en gestraf. Die slimmes word ‘n sekere soort baas, en maak hul ondergeskiktes se lewens ondraaglik, maar kom meesal daarmee weg.

Die enigste rede hoekom daar so verkrag en gemartel word in SA, is omdat ons grootliks die vermoe om die wreedaards te vang en te straf verloor het.

This entry was posted in politiek and tagged , , , , , . Bookmark the permalink.

13 Responses to Wreedheid

  1. Ek luister anderdag hoe twee kleurlinge oor hul jong dae praat. Met nostalgie en lekkerlag het hulle vertel hoe die “boere” hulle geskraap het as hulle vir kwaadgeld rondgehang het. En hoe meer knorrig die “boere” was as WP die dag verloor het. Dan het hulle sommer by die huis gebly. Die manne noem dit die goeie ou dae waarin hulle veilig gevoel het.

  2. sonkind sê:

    Alleman, ek het nog nooit geglo dat boosheid net in ‘n sekere velkleur of sosiale stand kom nie. Boosheid is inherent.

    Maar dit is ook so dat omstandighede mense soms dryf tot dade wat hulle andersins nooit sou pleeg nie. Dit verskoon nie die daad nie; dit plaas net ‘n ander perspektief daarop.

    Maar in my boek is daar NIKS wat verkragting verskoon nie – dit is en bly die laagste daad op aarde. Dit en die mishandel, misbruik of enige nadelige behandeling van ‘n weerlose kind.

    Ek sal moor as iemand my kinders seer maak. Punt.

  3. mykopop sê:

    Ek stem saam dat boosheid nie noodwendig rasgedrewe is nie. Maar soos jy sê, ‘n sekere persentasie mense is wreed. Maar nou is rassisme ‘n slegte eienskap, en as die ou reeds inherent so is, kan hy maklik by sy ander sondes nog rassisme ook byvat. Alle gevalle is dus dalk nie net “swart of wit” (geen pun op velkleur) nie.

  4. Daar is al vele studies gedoen oor die verwantskap tussen rasse-haat en misdaad, armoede en misdaad, enkel ouerhuise en misdaad, TV en misdaad, en tot dusvêr nog niks oor Free Range Chickens en misdaad….maar een oorsaak wat orals ‘n sterk verwantskap het, is kinders wat sonder ‘n pa grootword.

    Mens kan seker baie diep filosofeer, en redeneer dat verkragtings en moord pa-lose huise kweek….een oordonderende sneeubal effek!

  5. alleman sê:

    Jo-Ann dis nou baie on-PC wat jy sê, maar ek het mense in Thaba Nchu ook al so hoor praat.

    Sonkind ek het nog nie gehoor van iemand wat agterna self geregtigheid geneem het nie. As jy daardie belofte van jou wil gestand doen, moet jy so voorbereid wees dat die indringer in jou huis sal sterf.

    Louw ek wou nie skryf oor misdaad as sulks nie, maar spesifiek oor sinnelose wreedheid. Wat ek graag wil sien is dat mense ophou om wreedheid te verklaar aan die hand van oorsake. Daar is dalk oorsake (ek dink nog steeds die tipe wreedheid waarvan ons praat is inherent), maar eintlik moet ons net sê dit gebeur omdat die wreedaards op vrye voet is. Mense wat aan dieselfde ‘oorsake’ lei, doen grootliks nie dieselfde dinge in ander lande nie – so ons moet verklaar hoekom dit in SA so erg gaan.

  6. Alleman, jou laaste sin som die misdaad-probleem in SA uitstekend op!!!!

  7. Alleman, ek moet met jou saamstem. Kom ons kry hierdie wreedaards eers agter slot en grendel en dan kan die sielkundiges, of wie ookal, probeer agterkom wat die rede(s) vir die wreedheid is.

    Ek gee nie werklik om wat hierdie redes mag wees nie. Al wat ek weet is dat my kinders hulle omgewing moet deel met hierdie wreedaards. Vat hulle weg, beveilig die strate en dan kan ons redekawel vir solank as wat ons wil.

  8. Alleman, glo jy/julle dat bose mense kan verander? en voor enige iemand se^ ‘nee’…glo jy/julle goeie mense kan boos word? Ek stem met jou saam. Veral oor straf, maar die woordjie ‘onomkeerbaar’ pla my, want in daai geval mors ek my tyd om hierdie land ‘n beter plek te probeer maak.

  9. ek stem saam met Boer – jou laaste paragraaf is vir my nogal ‘n goeie waarneming.

    maar ek is versigtig vir daai inherente boosheid van jou. doen ‘n eenvoudige denkoefening – reverse die horlosie en kyk na anthony anderson op ouderdom 16 maande.

    daar. is. nie. ‘n. kans. in. hel. hy. was. toe. boos. nie.

    ek verskil sterk. boosheid is nie inherent nie. ook nie anthony anderson s’n nie.

    wat ek wel sal toegee is dat daar ‘n soort dierlikheid in ons almal is. ek is egter nie seker of ‘n mens dit boosheid kan noem nie. want dan sal jy leeus en haaie boos moet noem.

    (terwyl ek daai laaste paragraaf getik het, het ek onwillekeurig aan oorloë gedink en myself amper weer van die teendeel oortuig. nou weet ek nie meer nie. geluk, jy’t my gekonfoes😉 )

  10. ok, nou’t ek weer my mind opgemaak😉

    “Anderson, a former soldier, had smoked a cannabis joint and been drinking when he and two friends spotted her.” (my klem)

    komaan. daar’s social hotwiring van die brein vir jou in ‘n nutshell.

  11. alleman sê:

    Johan en Roer julle vra moeilike vrae. Gewone mense kan bose en wrede dinge doen – gewoonlik omdat verreweg die meeste mense lafaards is. Maar gewone mense kan ook verander, en verbeter.

    Maar ‘n sekere soort mens is heeltemal genadeloos. Ek wil nie te sterk daarop staan dat Anderson so ‘n geval is nie, maar ek dring aan dat die moordenaars van Justin Browne wel is. Ek dink nie dat hulle kan verander, of dat hulle moet bly leef nie.

  12. idiwidi sê:

    Boosheid is so ‘n gevaarlike, en deesdae ook gelaaide term. (George W slinger dit so onverskillig rond en het gemaak dat ek die woord “evil” vir ewig uit my woordeskat wil verban.) Die enigste manier waarop ‘n mens boosheid kan raaksien of meet, is aan die dade van die bose persoon. En soos jy ook noem, almal is tot ‘n mate in staat tot bose dade. Hoe sou ‘n mens dan kon weet of iemand inherent boos is?

  13. Izak sê:

    Daar is sekerlik verskillende grade van boosheid. Die een se boosheid is doodslaan, die ander se boosheid is swiets steel.

    Dit voel vir my net dat as daar ‘n tendens tot boosheid binne ‘n siel bestaan is die enigste grens wat te make het met die intensiteit van die boosheid, die teenwoordigheid van gewete.

    Nou onlangs (gister om die waarheid te se) loop ek my trompop vas in wat ek ervaar as boosheid.

    Hier is ‘n man wat tussen ons rondbeweeg. Heel bekend in die gemeenskap met sommer ‘n klomp toekennings en onder sekere groepe ‘n groot aansien. In ‘n posisie waar mense aan sy lippe hang en met geloofwaardigheid na sy opinies luister.

    En hy lieg klakkeloos.

    Die boosheid wat ek hierin ervaar is byna net so erg as die boosheid van doodslaan. Dit is erg want sy leuens doen skade aan ander en kan veroorsaak dat baie slegte emosies, soos haat, ter sprake raak.

    Arnold Goodway, wat het jy teen die Afrikaner om sulke lelike onwaarhede kwyt te raak? En jy sit hier tussen die Afrikaners?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s