Waarheid wat verlore gemaak word

Mense praat van die doodstraf as ‘n manier is om misdaad te voorkom. Voorstanders en teenstanders ‘bewys’ hul standpunte met statistieke en voorbeelde. Maar wat het Justin Browne se kindertjies en familie aan midaadvoorkoming?
Die samelewing is aan hulle iets heeltemal anders as midaadvoorkoming verskuldig. Dit is iets wat ‘n fundamentele menslike noodsaaklikheid is, maar wat skynbaar uit ons woordeskat en denkwyse verlore gemaak word: geregtigheid.

Geregtigheid beteken vergelding – nie rehabilitasie nie. Iewers langs die pad het dinge soos rehabilitasie en midaadvoorkoming die regswese van sy ware doel laat vergeet. Geregtigheid vereis niks minder as die doodstraf vir Justin Browne se moordenaars nie.

This entry was posted in politiek and tagged , , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Waarheid wat verlore gemaak word

  1. Jonny Steinberg, ‘n bekende teenstander van die doodstraf het die volgende te se gehad so ‘n wyle terug:

    ‘Formally, the courts one and only role is to interpret the constitution. It is indisputable that a sound interpretation of the bill of rights leans heavily against the death penalty. The constitution prohibits cruel and unusual punishment. It also safeguards the rights to life and to dignity.

    Yet the constitution also provides that rights be limited to the extent that the limitation is reasonable and justifiable in an open and democratic society.’

    Dit lyk vir my of die antwoord te vinde is in die ‘geregtigheid’ van die betrokke saak.

    As ek na die Justin Browne geval kyk dan is die ‘geregtigheid’ beslis daar maar ongelukkiig kan die regters in hierdie geval niks daaromtrent doen nie. Die besluit van die Konstitisionele Hof moet eers ter syde gestel word en die doodstraf moet amptelik herstel word.

    Al wat ek hoop is dat daar nie te veel Justin Brownes sal hoef te wees (een is al reeds te veel) voordat iemand iets doen aan die saak nie.

  2. mykopop sê:

    Ek stem saam: doodstraf.

    1. Dis Bybels. Sover ek weet is dit ook reg volgens Islam, as ek ‘n oningeligte raai moet vat, miskien die volgende grootste Godsdiens in S.A.
    2. “Lewenslank” beteken gewoonlik hoogstens ‘n klompie jare, nie veel meer as 10 nie. As iemand wel lewenslank gaan sit is dit ‘n baie hoë onkoste, vir … die slagoffers!

  3. Sela, Alleman, Sela! Ek glo aan die spreuk (weet nie wie dit oorspronklik gese het nie): “Drastic times call for drastic measures”. Of ons nou dit wil erken of nie, maar misdaad in SA het die vorm van ‘n lae intensiteit oorlog aangeneem.

  4. Die doodstraf sal nie SA se misdaadprobleme oplos nie. SA se grootste probleem is dat misdadigers nie skuldig bevind word nie. Ek kan nie sien hoe die doodstraf enige verskil gaan maak nie, as ‘n misdadiger weet die kanse om gevang te word is baie skraal.

  5. sonkind sê:

    Ek het een keer gelees dat een van hierdie wetterse verkragters glo in die hof gese het dat, sou die doodstraf nog bestaan het, hulle twee keer sou gedink het voor hulle misdaad pleeg.

    Maar doodstraf bly ‘n taai tameletjie.

    Ek wil een stap verder gaan. As hulle ‘n geweldsmisdadiger vang en 100% seker is dat hy skuldig is, gee hom vir die gemeenskap – Kangaroo Court. Dan sal ons sien hoe gou neem misdaad af.

    Klink wreed, ek weet. maar soos Boer se – “desperate measures for desperate times”!

  6. alleman sê:

    Boer en George julle het mis gelees. Ek sê nie dat daar doodstraf moet wees om ons misdaadprobleem te help oplos nie, en ek glo nie dat mens jou jou beginsels oor die doodstraf moet verander omdat dit “desperate times” is nie.
    Ek wil hê dat die slagoffers se families geregtigheid kan kry. Al sou ons misdaadprobleem vannag heeltemal verdwyn, sal ek nog steeds wil hê Justin Browne se moordenaars moet die doodstraf kry, want dis waarop sy familie geregtig is, en om hulle dit te weier is ‘n onreg.

  7. Roer sê:

    Dit sal nie Justin Browne terug bring nie. Eerder kompensasie dan vanaf die Staat, maar ons almal weet dit gaan nie gebeur nie. Ook soos die doodstraf nooit deur die ANC ingestel sal word nie. Ek stem inelkgeval saam met George wat dit betref. Dit sal nie ons probleme op los nie. ‘n ‘Ware’ krimineel leef op die moto van ‘live by the sword, die by die sword’. Ek dink nie die doodstraf sal hulle afskrik nie. Enige lengte van tronkstraf is inelkgeval deesdae ‘n doodstraf, want die kanse dat jy gaan vigs kry, is baie hoog. Waar ek nie saam stem nie is dat misdadigers nie deesdae gevang word en skuldig bevind word nie. Ons tronke is tog vol en nie almal is verhoorafwagtend nie. Iewers doen iemand tog hulle werk.

  8. alleman sê:

    Ek gee nie om of die doodstraf misdadigers afskrik of nie. Om gedurig daarvan te praat is om net aan jou eie veiligheid te dink.
    Ek wil weet wat is julle antwoord aan slagoffers soos Justin Browne se familie? Waarop is hulle geregtig – nie volgens ons grondwet nie maar vanuit die beginsels van natuurlike reg?

    Ek dink as mens ‘n slagoffer se smagting na vergelding werklik verstaan sal jy moet erken dat dit ‘n menslike reg is.

  9. Alleman, ek is baie ongemaklik met die idee dat vergelding ‘n menslike reg is. Dit is natuurlik ‘n ander perspektief wat jy ten gunste van die doodstraf bied, en nie so maklik om van die tafel te vee soos die “doodstraf as afskrikmiddel”-argument nie. Ek sal bietjie hieroor wil dink.

  10. alleman sê:

    George ek verstaan jou ongemak, maar ek reken dat vergelding die kern en die hele punt van die reg is in die meeste lande, en dat dit so was deur die eeue heen. Dit is amper te vanselfsprekend om te moet sê, want dit is ook soos Chris hierbo uitwys, wat Christene, Moslems (en Jode) glo.

    Slegs in dele van die wereld, byvoorbeeld Wes-Europa het dit weens spesiale en unieke omstandighede onlangs (nie meer as 50 jaar gelede nie) verander na ‘n situasie waar idees soos misdaadvoorkoming en rehabilitasie ingesluip het as mooi en menslike ideale van wat bykomend in die regstelsel kan gebeur. Maar hierdie ideale het toe opsigself die doel geword. Die bietjie mense in Europa wat onder wrede misdaad deurloop het nie genoeg mag om die ongeregtige stelsel te verander nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s