Moet mens Afrikaanse koerante vermy?

George skryf dat mens die Afrikaanse pers moet vermy. Ek verskil want dis al wat ons het, en daarom moet ons omgee vir die gehalte daarvan. Anders wen die spreekkoor-brigade.

En verder is daar iets wat Chris my van bewus gemaak het, naamlik Nietzsche se siening van ‘n nasie. Daardie gedeelde verwysingsraamwerk is vir my baie belangrik, en daarom pla dit my geweldig as Afrikaners (die SMS’ers maar Tim ook), ‘n gemors van die Afrikaanse koerant maak.

This entry was posted in politiek and tagged . Bookmark the permalink.

7 Responses to Moet mens Afrikaanse koerante vermy?

  1. mykopop sê:

    Ek weet ook maar nie veel van Nietzsche af nie, behalwe dat hy ‘n Duitse filosoof was, dus dank aan Annemie by Lezen om te leven (wat een leuke blog)!

    Wat my getref het daarvan is die teenstelling met wat ons hier in Suid-Afrika probeer doen. Nie dat ek sê wat ons probeer doen kan nie werk nie – dit moet werk, dis al wat ons het.

    Ek stem saam met jou punt – deur ons menings uit te spreek moet ons ‘n verskil maak om die gehalte te kry wat ons soek.

  2. Die Afrikaanse pers is al vir geruime tyd baie middelmatig. Die feit dat Maas ‘n rubriek in Rapport gegee is, is maar net tekenend van hierdie middelmatigheid. Ek sal altyd die Afrikaanse pers lees, want ek hou van Afrikaans. Dit var maar net van my om mooi te sif, want daar is altyd goeie artikels/rubrieke tussenin versteek.

  3. Alleman, die Afrikaanse koerante – soos enige ander – het ‘n sekere redaksionele beleid wat hulle volg. Sekere briewe van lesers word geplaas, ander nie. Sekere rubrieke word geplaas, ander nie.

    Lewendige debat en gesprekvoering in die Afrikaanse pers word nie geduld nie. Onlangse gebeure is maar net weer ‘n bewys daarvan. Iemand soos ek val nie in hulle teikenmark nie.

    Hiermee probeer ek nie die Afrikaner as die primitiefste, agterlikste volk in die wêreld tipeer nie. Ek dink dit het ook maar te make met grootte wat lei tot kritiese massa. As Amerika bv. ‘n baie kleiner populasie gehad het, sou daar baie minder gehalte-produkte gewees het. Ek dink nie die Afrikaanse mark is groot genoeg om ook publikasies met ‘n kritiese, denkende ingesteldheid te onderhou nie. Die kritiese massa is gewoon nie daar nie.

    Verder dink ek dat die Afrikaner se isolasie – ook psigies – bygedra het tot sy verkrampte denke. Dit kan natuurlik verander word, en sal ook namate die jonger geslagte aan die stuur van sake kom (die wat nou nie oorsee is nie). Dan mag dit dalk verander, wie weet.

    Maar ek lees nie meer net omdat dit in Afrikaans is nie. Dit is nie goed genoeg nie. As ek kwaliteit soek, kan dit in enige taal wees wat ek verstaan en ek sal dit koop. Die belangrikste is kwaliteit, nie taal nie.

    Ek is ook nie anti-Afrikaans per se nie. Ek dink bv. daar is baie om oor opgewonde te raak wat die letterkunde betref.

    Net nie in die pers nie. Ja, soos Boer sê is daar die versteekte juwele, maar ek gaan nie geld betaal en ‘n saak ondersteun waarin ek nie glo nie, net vir een of twee juwele. Iemand kan my dan eerder die internet-skakel daarheen plaas en ek kan net dit lees.

  4. alleman sê:

    Komaan George, hoekom lees jy dan my blog? Hou eerder verby en lees die Economist. Ek kan jou verseker die gehalte is veel beter.
    Dit gaan nie vir my ook nie oor Afrikaans as sulks nie, maar om deel van jou eie mense te bly en om van hulle dinge te lees. Miskien sal jy dit beter verstaan as jy die dag aan jou wanderlust toegee en in die buiteland sit.
    As die Afrikaanse koerante se swakhede werklik soveel aan vraag-faktore toegeskryf kan word, dan is dit waarskynlik omdat mense soos jy wegdryf in plaas daarvan om op beter aan te dring.

    Ek lees in elk geval dikwels goeie goed in Beeld, Vrye Afrikaan, en selfs in Rapport.

  5. George – Dit is (myns insiens) tog hoekom die blogosfeer daar is. Wie gaan ons sensor? Ewenwe, ek stem saam met Alleman, hoewel ek besig is om lelik die moer in te raak vir die sensasiegedrewe snert wat al hoe meer in Die Burger verskyn.

  6. Alleman, mens lees darem nie altyd net vir kwaliteit nie. Natuurlik kan mens nie blog en The Economist vergelyk nie. Ek dink ook nie dit is nodig nie. (Natuurlik hang dit ook af wat jy met kwaliteit bedoel. Ek dink daar is kwaliteit op blogs ook, maar dit is anders as byv. The Economist.) Afrikaanse blogs bied juis vir my ‘n manier om deel te bly van my gemeenskap. Ek dink nie ek hoef dit in die koerante ook te soek nie. Myns insiens is ‘n koerant soos Rapport beperk tot rugbystories en wat alles verkeerd is met SA. Ek stel gewoon net nie genoeg daarin belang nie. En om ‘n koerant te koop vir een of twee goeie artikels, maak nie vir my sin nie.

  7. George, ek wil darem van jou verskil dat lewendige debatvoering in Afrikaanse koerante nie geduld word nie. Mens kry darem baie verskillende standpunte. As Dan Roodt en Max du Preez (as voorbeeld) mekaar pak, is dit definitief lewendige debatvoering. Daar was ookal sulke debatvoering oor baie ander onderwerpe (bv. gays en die kerk) met verskillende (en soms ekstreme) standpunte wat gelees kan word. Ek dink ook nie jy moet die mantel van verkrampte denke so breed oor die Afrikaner as geheel drapeer nie.
    Die groot probleem met die Afrikaanse pers is dat die mark so klein is. Lande soos die VSA en VK se mark is groot genoeg om van die swakste tot beste publikasies ‘n teikenmark te bied. In SA het Media24 ongelukkig ‘n monopolie en daar is nie ‘n onafhanklike alternatief nie(soos destyds met Vrye Weekblad). Dis regtig jammer. Daar was al mindere pogings om met alternatiewe te begin, maar die monopolie is net te oorweldigend.
    Maar totdat daar ‘n alternatief is, sif ek maar deur baie stront om by die “juwele” uit te kom, want ten minste is die juwele in my taal.
    Terloops, Johan, ek stem volkome saam oor Die Burger se standaarde. Ek het altyd gewonder wat die swakker koerant is…Beeld of Burger? Op hierdie stadium dink ek laasgenoemde kom 2de.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s