Versoeking

Jare gelede het ek as student soms bus bestuur vir ekstra inkomste. Veral tydens diensplig-innames het ek en ander studente goed geld gemaak op die manier. Ons het soms ure gery wat onverantwoordelik – selfs krimineel was. Byvoorbeeld een keer het ek Bloemfontein – Lohatla – Bloemfontein – Kaapstad – Bloemfontein in een gery sonder enige slaap tussenin – dit het 2 nagte ingesluit. As die mammas maar geweet het hoe moeg daardie drywers aan wie hul seuns toevertrou is, soms was!
Maar ons is per kilometer betaal en vandag kan ek nie glo ek, die ander studente en die maatskappy het sulke kanse met almal se lewens gevat vir daai geld nie.

En daar was ‘n ander student wat ook so busgery het. Sy naam was Ian, en hy was ‘n baie slim en interessante ou – so ‘n regte natuurlike filosoof. Hy het met almal gesels – swart en wit was mal oor hom. In die wereld is daar maar min met soveel sjarme soos hy.
Ek en hy het eenkeer vêr saam gery in die Noord-Kaap – ek dink dit was Pomfret of Upington toe, en ons was met leë busse op pad terug.
Toe ons so 9-uur die aand in Kimberley kom is ons lekker honger, sat gery en dors. So ons stop toe en gaan eet by ‘n restaurant voor ons die laaste stuk Bloemfontein toe aanpak. Toe ons vir die kos wag, vertel ek vir Ian van ander busbestuurders wat uitgevang is omdat hulle passasiers (nie dienspligtiges nie), gesien het dat hulle bier drink en daarna ry. En ek se toe vir hom ek weet nie hoe kan ‘n mens so iets doen nie. ” So gepraat van bier”, se hy toe…

This entry was posted in sommer net. Bookmark the permalink.

2 Responses to Versoeking

  1. sonkind sê:

    Jy weet nie hoe kan die passassiers die bestuurders aangee omdat hulle bier drink nie, of jy weet nie hoe kan die bestuurders bier drink en bestuur nie?😈

  2. alleman sê:

    Hoe kan bestuurders bier drink en daarna bestuur nie. Ek sou nooit probeer argumenteer dat mense nie oor so iets moet kla of die bestuurder aangee nie. Hierdie was eintlik ‘n bieg-sessie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s