‘n Afrikaan maak dit tot in die Moederland

Naby ons woon ‘n Keniaanse vrou.  Sy het ‘n haarsalon in Kenia gehad, en ‘n dogtertjie by haar eerste man. Sy was nie te sleg daaraan toe nie, maar het ‘n Brit in  Kenia ontmoet, en met hom getrou.  Met verwagtinge van ‘n lewe sonder kwelling oor probleme soos misdaad, besmette water of kragonderbrekings is sy saam met hom na Engeland.  Hier te lande, is die illusie gou gekelder.  Hy het haar begin slaan.  Sy het eenkeer die polisie gebel – hulle het opgedaag, dadelik haar man se kant gekies, en vir haar gese sy kan maar terug Kenia toe.
Haar man het hulle geld vermors – ook haar spaargeld wat sy van Kenia af gebring het, en geld wat  sy hier verdien het.  Maar hulle het op ‘n manier aangekarring want hulle seuntjie is gebore en… wel ek weet nie eintlik hoe nie.  Sy wou eintlik graag terug gaan, want die lewe in Kenia was beter.  Maar sy het niks meer oorgehad nie.

Toe kom sy agter die man molesteer haar 8-jarige dogtertjie.  Sy het haar man op heter daad betrap, en uit die huis gejaag met die dreigement dat sy sal polisie toe gaan.  Sy het begin reel om te skei, en aanvanklik het dit gelyk of sy suksesvol gaan wees.   Maar toe vind sy uit dat sy het as getroude persoon net ‘n voorwaardelike reg verkry om in Brittanje te woon, en as sy skei voor sy ‘n sekere aantal jaar hier gewoon het, moet sy, met kinders en al terug Kenia toe.   Om daar met niks te begin.

Haar man het nou weer daar ingetrek.

This entry was posted in witmense. Bookmark the permalink.

7 Responses to ‘n Afrikaan maak dit tot in die Moederland

  1. mykopop sê:

    As sy nie die kind teen haar man kan beskerm nie, dink ek sy het die verkeerde keuse gemaak.

  2. oopkop sê:

    Ek voel so jammer vir die kinders.

  3. boendoe sê:

    Ek voel jammer vir die vrou.

  4. Dis ‘n goeie post. succinct. En dis revealing oor die (rasse) politieke ekonomie van immigrasie.

  5. Roer sê:

    Ek gaan eerder terug Kenia toe en begin van voor (as haarkapster) as wat ek bly by ‘n monster wat my dogter as sy persoonlike hoer gebruik. Enigste probleem sal die seuntjie wees. Hy is ‘n Brit en Britse howe sal heel moontlik oor sy lot besluit as die pa vir hom veg.

  6. alleman sê:

    Ek het die storie maar met ‘n ompad gehoor, en my feite was nie presies reg nie. Die vrou is wetlik al lank genoeg hier om aan te bly al skei sy, en sy is geregtig op staatstoelaes omdat sy kinders het. Maar weens die Home Office se gesloer met haar aansoek om aan te bly kan haar aansoek om toelaes nie voortgaan nie, en sonder toelaes is sy op straat.

    Sy sal nie die man maklik weer alleen by haar dogter toelaat nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s