van sterretekens

Gewoonlik as iemand van sterretekens skryf hou ek summier op met lees – ek moes dit ook gedoen het toe hier gelees het.

1. Ek hou van droë en verlate plekke – soos die Karoo.
2. Ek het in die laaste 10 jaar gevorder van iemand wat werksonderhoude gevrees en gehaat het, na iemand wat dit geniet.
3. LabMuis is my vrou, en sy is ‘n slimmetjie. As ons seuntjie seerkry moet ons daar soen – ook as hy sy tong raakbyt. Maar deesdae glo hy vrouens soen beter as mans. Vandag toe ek hom skool toe vat (hy op sy fietsie), stop hy skielik en beweer sy boud het seergekry…
4. Net soos John droom ek soms van mede-bloggers.
5. blik is die ander plek waar ek probeer sin maak van my land en mense. Ek het ook al heelwat geld gemaak met blik
6. Ek dink ek is aan die einde van ‘n lang ‘verhouding’ met linksheid. Ek is seker nog steeds links-agtig, maar eintlik spandeer ek meer tyd om oor skynheiligheid te karring, want ek dink ek woon in die skynheiligheids-hoofkwartier van die wereld. Ek vermoed iemand sal skynheiligheid by my ook kan uitwys – doen dit gerus want ek is ‘n sucker vir daai soort pyn.
7. Ek is ‘n ateïs, maar ek verkies gelowiges bo die meeste ateïste, en ek dink dat ateïste wat gelowiges probeer oortuig is besig om vir die maan te blaf. Al sien ek die leed wat godsdienste sommige mense soms aandoen, glo ek nie dat ‘n wereld sonder geloof beter sal wees nie, trouens dit kan dalk andersom uitwerk.
8. Agt is ‘n bietjie te veel vir my.

Ek tag vir Luigi, Anton (wat jare lank die eerste en enigste Afrikaanse blog gehad het), John (om vas te stel of hy nog met ons is), Sean en Jens.

This entry was posted in sommer net and tagged . Bookmark the permalink.

9 Responses to van sterretekens

  1. mykopop sê:

    Nou toe nou! Labmuis! Wat maak jy haar dat sy nooit meer skryf nie! Soen jy bietjie die seuntjie se einas en gee haar die keyboard! Tag haar of ons tag haar!

  2. 2 van jou “openbarings” het my verras:

    dat Labmuis jou vrou is

    dat jy ‘n ateis is (jy’s definitief nie ‘n reaksionere ateis nie!)

    Lekker om jou in die blogosfeer te he en dankie vir jou “openbarings”

  3. Ek is net so verras dat LabMuis jou vrou is! Het dit nie geweet nie.

  4. alleman sê:

    Wel my die doel van my blog is nie om oor ons persoonlike lewens te skryf nie, maar hierdie tag-ery is seker goed om mense ‘n kans te gee om darem ‘n idee te vorm van die persoon wat skryf, so daarom het ek dit gedoen.
    Dankie in elk geval vir julle vriendelike kommentaar! Hier tag ek nou vir LabMuis al weet ek sy is eintlik te besig.

  5. Ek wonder wat bedoel boerinballingskap by “reaksionere ateis”?

    Verwys hy na die sogenaamde “weak” and “strong” argumente?

  6. Reaksionere ateis = ‘n sendeling vir ateisme, wat bv. sy blog sal gebruik om ateisme op te hemel en geloof af te kraak. (my eie definisie)

  7. Ek sien.

    Maar tog gebruik baie ander mense hulle blogs om hulle betrokke geloof “op te hemel.” Of ‘n betrokke boodskap oor te dra.

    So dit is wel fine om dit te doen (solank dit in jou eie gemaksone is, en jy daarmee saamstem. i.e dit ooreenstem met jou eie geloof).

    Maar as dit sekulêr is, of humanisties of watookal, mag dit nie blatant wees nie? Ek het hier en daar blogs gesien wat openlik ‘n bepaalde geloof op hemel. (waarmee ek nie ‘n probleem het nie)

    Gaan geloofsvryheid nie juis daaroor dat mens ‘n sendeling vir enige iets kan wees nie? Moet wat vir die een geld nie vir ander ook geld nie, mits die blog-eienaar so voel?

  8. As ‘n persoon sy eie geloof kan verkondig sonder om ‘n ander se geloof of andersdenkendes met duidelike voorbedagte rade af te kraak, het ek geen probleem met die verkondiging van geloof/teoriee/sienswyses nie. Reaksioner beteken vir my ‘n denkwyse/doenwyse wat vevynig van aard is en aanvallend in styl.

  9. Ja inderdaad, dit geld vir ‘n tipe mens en kom in alle gelowe/denkwyses voor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s