Koos Kombuis hulpvonds

Koos Kombuis se inskrywing oor Ubuntu het my in so ‘n mate ontstel dat ek hier daaroor moes stoom afblaas. Koos blameer Ubuntu (naasteliefde) vir alles wat hom pla in Suid-Afrika. Ek dink hy is verkeerd – daar is heeltemal te min naasteliefde in SA. Maar ek dink mens moet tog probeer om vir Koos te verstaan – sy huis in ‘n spogbuurt se waarde staan gevaar om te val. So my voorstel is nou dat ons ‘n hulpvonds stig en die geld wat ons daardeur in, aan Koos skenk om op te maak vir die moontlike verlies aan waarde.
Maar wat as jy dalk jou geld vir meer verdienstelike sake wil gee? Wel, Koos stel dit duidelik dat die arm mense wat die staat naby hom wil vestig is ‘less deserving’.

So kontak my gerus as jy graag wil bydra.

This entry was posted in witmense and tagged . Bookmark the permalink.

7 Responses to Koos Kombuis hulpvonds

  1. Ek stem saam met jou dat Koos se inskrywing so ‘n bietjie skeef-beredeneerd is en kontroversieel is. Maar nou het ek jou ten minste aangevuur tot ‘n blog-inskrywing!😉

  2. mykopop sê:

    Ek dink Koos is bietjie kras met die Ubuntu-uitlating, miskien probeer hy bietjie maas-publisiteit trek. Ek het onlangs sy CD Elke Boemelaar se Droom gekoop en wil nog eendag daaroor skryf, ek gaan ook baie negatief te sê he oor baie dinge daarop.

    Tog deel ek van sy sentimente, bv. waar hy sê “I was probably quite naive: I envisaged the New South Africa as a vastly different place than what we are currently experiencing”, as jy kyk na my inskrywing Gimme Hope, Thabo, sal jy sien ek het dieselfde ondervind.

    Van hom om nie grondeise te verwag nie was baie naief.

    Net ‘n vragie aan jou: Veronderstel twee baba’s (kleur onbelangrik) beland saam in ‘n kinderhuis, word groot onder presies dieselfde omstandighede. Die eerste een kan nie geleer kry nie en gaan vroeg uit die skool en word ‘n padwerker of straatveeër. Die ander een maak matriek klaar, werk saans as kelner en gebruik sy geld om te studeer in kry ‘n doktorsgraad. Is een van die twee “less deserving” of nie? Ek praat nou van ‘n lekker huis om in te bly, ‘n lekker kar om mee te ry ens.

  3. mmm…..mykopop laat mens dink. Wat mens aan iets anders laat dink. Wanneer is die afsnypunt vir “previously disadvantaged”?

  4. alleman sê:

    Chris ek het met die sentimente in jou inskrywing saamgestem. Die gesindheid daar is heeltemal anders as Koos se stuk – wat vir my vyandig is teenoor stappe wat die nuwe regering neem om die swart armes op te hef.

    Net soos baie ander mense het ek ook gehoop die Nuwe Suid-Afrika kon baie anders gewees het. Spesifiek dat dit nie ‘n plek moes word waar mense so gemoor en gemartel word nie. ‘n Meer gelyke plek waar mense mekaar probeer help en verstaan.

    Dis nie verkeerd om vir jou eie regte op te kom nie. Selfs nie om jou huisprys se waarde te probeer beskerm al is jy relatief stinkryk nie – maar moet mens dit met so ‘n haatlike gesindheid doen? Ek dink niks goeds kan uit so ‘n gesindheid volg nie.

  5. alleman sê:

    En wat die ‘less deserving’ betref – dit is so dat iemand wat homself ophef verdien om die vrugte van sy sukses te smaak. Maar dit is veel makliker om jouself op te hef as jy nie in absolute armoede leef nie. Ek sal miskien nog iets skryf oor die ‘culture of entitlement’ – ek dink as mens daaroor praat moet jy probeer om nie allerande ander kwessies soos identiteit bysleep nie.

  6. mykopop sê:

    Presies wat ek wou probeer sê, Alleman. Ek het my vingers stompies gewerk om my huis af te betaal en nog steeds om hom te verbeter. Binnekort gaan hulle my erfbelasting verhoog met 300 tot 400% om vir dieselfde “previously disadvantaged” mense dinge verniet te gee waarvoor ek werk, so ek wil nie graag hê hulle moet ‘n plakkerskamp of subekonomies behuising kom sit op die stuk oop grond om die hoek en my huis se prys in sy skroefie in laat val nie. Mens werk vir die voorreg om in ‘n gegoede of meer welgestelde buurt te mag woon.

  7. Pingback: Koos Kombuis - Elke Boemelaar Se Droom « My Kop Op ‘n Blok!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s