Christene en mag

Ek het nie Philip Pullman se Dark Materials – trilogie gelees, of The Golden Compass gesien nie. Maar ek weet dat die boeke onder meer gesien word as ‘n antwoord op CS Lewis se Narnia boeke (wat ‘n sterk Christelike tema het). Ek het ook ‘n onderhoud met Pullman gesien, waarin hy vir Lewis aanval oor die manier hoe Susan, die oudste dogter in die Narnia-boeke, in die laaste boek verdoem word tot die hel – oftewel Narnia se ekwivalent daarvan, omdat: “She’s interested in nothing nowadays except nylons and lipstick and invitations.” Pullman vind hierdie bevestiging van die uitverkiesingsleer afskuwelik, asook Lewis se preutse afsku in die feit dat Susan ontwaak as seksuele wese. Vir hom is daardie ontwaking mooi en natuurlik. Sy siening (soos ek dit verstaan) is dat hierdie lewe mooi en waardevol is, en dat Christene soms, weens hul fokus op die hiernamaals, geneig is om fatalisties en morsig met hierdie lewe om te gaan. Daarom is sy trilogie anti-Christelik en veral anti-kerk.

Nou het ons Christene in SA wat ‘n SMS veldtog teen The Golden Compass voer. Hulle wil die anti-Christen regsien. En hulle dink dat mense wat soos Pullman voel, Jesus of Christene haat. En ek wil dit stel dat diegene wat soos Pullman dink, en ek is een, haat nie vir Jesus of Christene nie. Ons weet maar net dat mag korrupteer, en dat wanneer Christene die mag het korrupteer dit hulle ook.

Dit was so onder die Roomse Kerk, die Victoriaanse imperialiste, die NG Kerk asook die fundamentaliste in die VSA vandag. Christene wat almal wil beheer en voorsê.
‘n Groot klomp van hulle haat alles wat nie soos hulle is nie, en wil dit verwoes of verander. Ek dink die SMS’ers is van daardie soort. En om God dood te maak in ‘n boek is dalk ‘n manier om te sê dat ons moeg is om deur julle rondgestamp te word.

Hoe Christene kan verander

Die mooi in die Christelike geloof na my mening is die klem op die liefde, nederigheid en onselfsugtigheid. Hierdie dinge kom na vore wanneer Christene nie die mag het nie, soos in die tyd voor die Christelike geloof Rome se amptelike godsdiens geword het. Ek vermoed die stigters van die Roomse ordes wat ‘n eed van armoede geneem het, was Christene wat al in die Roomse tyd besef het dat mag en rykdom die Christelike geloof korrupteer. Maar vandag is Christene ryker en magtiger as ooit. En dit wys.
Miskien moet daar vandag ‘n protesantse kerk begin word wat armoede, liefde en nederigheid as waardes het. En wat bevestig dat hierdie lewe mooi en waardevol is.

This entry was posted in religie and tagged , , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Christene en mag

  1. Steve sê:

    Dit was ‘n Roomse geskiedeniskunde (en ‘n liberaal, of soos Wyle Eerste Minister B.J. Vorster sou gese het, ‘n “liberalis”) wat gese het: “All power tends to corrupt, and absolute power corrupts absolutely.”

  2. alleman sê:

    Dit is so Steve, en dis nie asof die Afrikaanse kerke vandag juis mag het nie, dis eerder dat hulle nog nie gewoond is daaraan om nie die mag te hê nie. Tog is daar al mense wat begin verstaan. Sien byvoorbeeld hier

  3. Fredddy sê:

    Laat my dink aan ‘n boekie wat in die 80s uitgegee is deur ‘n Suid-Afrikaanse teoloog: “Kan ons welvaart bekostig?”

  4. Thinus sê:

    Geestelikheid is universieel, en kerk is ‘n mens gemaakte organiesasie, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie, en omdat dit mense is wat die kerk tot stand bring is daar altyd die moontlikheid dat iets kan verkeerd gaan, daar is boosheid in enige kring, Selfs die beste mense is in staat tot boosheid as hul voel hulle op een of ander manier bedreig word, Of dit die kerk is en of dit komunisme is, dit maak nie saak nie.

    Ons moet onthou dat Christus nie ‘n kerk gepropageer het nie maar die VAder en die blye boodskap niks anders nie, selfs hy het met die kerk baklei agv hulle boosheid en hoogmoedigheid.

    Laaik jou blog

    My Spelling is sleg – Skuus

  5. attie sê:

    Alleman: Ek is nou deel van die NG Kerk. Deel van ‘n baie groot gemeente ook. Maar ek kan nie met jou verskil nie. “Power corrupts.” Ek sou graag wou sien dat die onder 35 geslag Christen van vandag hierdie saak anders benader en doen wat hulle doen, nie omdat hulle ‘n kans of ‘n geleentheid het om in een of ander magsposisie te kom nie, maar omdat hulle die Here liefhet en omdat hulle op die Here Jesus se agenda wil werk. Kerke, gemeentes, Christene gaan van die spoor af wanneer hulle op hulle eie agenda werk en nie meer besig bly met dit waarmee Jesus besig was nie. WSLD (Wat sal Jesus Doen?) het ‘n etiese kode *Rege of verkeerd) geword toe dit eintlik ‘n missie verklaring moes gewees het. Die bandjie moet ons laat vra: Waarmee is God in hierdie wêreld besig? en dan daarby betrokke raak.
    Maar… die kerk is in ‘n ernstige oorgangsfase. Ons betree nuwe terrein. “It’s a jungle out there!”

  6. attie sê:

    Sorry, daardie moet wees: WSJD en nie WSLD!!

  7. Skitter sê:

    Was eintlik opsoek na meer inligting oor die ‘uitverkiesingsleer’ Het mense na aan my wat daarmee worstel. Vir myself ,is dit een van daai dinge waar ek aanhaal : I do not concern myself with great matters or things to wonderful for me…..’ Dit is waar wat jy se: Vandag is Christene ryk en magtig en dit wys. Ek dink dit is die wortel van die probleem dat meeste van ons se getuienis op dowe ore/oe val. Nie -Christene redeneer bloot: ‘Ek kan die leefstyl wat jy as Christen het, bekom sonder die godsdienstige leer wat jy aan my wil voorhou as winsgewend vir my lewe.’ Ek het iewers gelees van hoe ons getuienis moet lyk: A Christian is just one beggar showing another beggar where to get bread’ .Dit spreek tot my.

  8. wolliem sê:

    Thinus, om te sê dat Jesus nie ‘n “kerk” gepropageer het, is nie waar nie. Wat van Sy woorde; Petrus, rots, op jou sal ek my gemeente bou. (Die engelse teks gebruik die woord “church”? Jesus het juis met die kerk baklei waarin hy groot geword het en ‘n nuwe kerk tot stand gebring, waar handel dryf in die tempel nie aanvaarbaar is nie.
    Lees maar Mat.16 v 18 asook Mat. 18 v 17 en sien Jesus se eie woorde. Lees ook verder in die briewe van die Apostels en sien hoe hulle verder die “kerk” wat Jesus tot stand gebring het, propageer. Ons moet juis oppas vir manne soos Simon die towenaar, wat ‘n groot aanhang gehad het en roem en rykdom vir homself verwerf het. Huurlinge,Fariseers en Skrifgeleerdes, soos Jesus dit sou stel.

  9. idiwidi sê:

    Ek dink deesdae baie daaraan dat dit eintlik die beste met ons gaan wanneer dit sleg gaan. Seker maar so met die kerk ook. Mag en gemak is glibberige posisies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s