Hoe om oninteressant te wees

Mans:   Aanbid jou maag.   Mans het ‘n neiging om, namate hulle ouer word, hul mae voorop te stel.   Dis nou nie  die manier waarop die maag uiterlik meer prominent word nie, maar eintlik die manier hoe ons kan aangaan oor kos / bier / wyn. Ons word fynproewers en namate ons mae belangriker word kwyn dinge soos avontuurlus, moed, ambisie en libido.

Vrouens:  Kwel oor jou en jou familie se sosiale status.  Is jou huis / meubels ens goed genoeg?   Het jou man ‘n belangrike werk?  Is jou kind in ‘n beter land as jou vriendinne se kinders?   (Buite Afrika het kinders in Engeland die laagste statuswaarde – mik eerder om jou kinders in Kanada of Skandinawië te kry)

Jong mense: Glo jou ouers en maats oor hoe interessant jy is.

This entry was posted in witmense. Bookmark the permalink.

3 Responses to Hoe om oninteressant te wees

  1. mykopop sê:

    He he he, van wanneer af is jy “ouer” dat jy sal weet?

  2. machiel sê:

    Nee man, vandat ek my maag voorop gestel het, het ek al hoe interessanter geword (hoop ek). Ek het altyd net geëet om vol te word, maar deesdae eksperimenteer ek al hoe meer met kos tot my (en my vrou) se groot genot…

    Avontuur, moed, ambisie en libido groei alleen maar daardeur.

    Ek het nooit geweet dis ‘n statussimbool om kinders oorsee te hê nie? En hier dog ek nog altyd mense skaam hulle eerde om te s6e dat hulle kinders ge-chickenrun het…

  3. alleman sê:

    Chris ek is oud genoeg om te begin vermoed, maar ek hoop eintlik Machiel is reg oor die kos.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s