Selebi en politici in die algemeen

‘n Engelse vriend wat taamlik arm is het, toe ek so half aanneem hy stem Labour, sterk kapsie gemaak.  Nee, hy het in sy lewe al vir al 3 Engeland se partye gestem, maar van politici sê hy: “I hate the bastards – they are all the same.”   Maar wat van iemand soos Tony Benn vra ek hom.   Toe vloek hy al weer, en gebruik woorde soos fake, en bastard.
En mettertyd het ek begin verstaan wat hy bedoel.   Soos toe Tony Benn nie uit Labour bedank het oor Irak nie.   En toe die DA  toe nou nie die party van hoop is waarvoor ek gehoop het nie.  En Nicolas Sarkozy se African peasant toespraak.
En Mbeki  se illusies oor homself.  En Putin wat met sy muscles gepose het   (en nog baie ander dinge van Poetin, maar ek het nie genoeg plek of tyd nie.)

Ek kan nog oor Tony Blair, Gordon Brown, George Bush, FW de Klerk, Pik Botha, genl Musharraf,  en nog baie ander skryf, maar eintlik wil ek by Jackie Selebi uitkom.  Hy wat soos ‘n nar met ‘n geel trui, maar met sy polisiepet aan, by die Polokwane konferensie kloue vir die kamera gemaak het.   Want hy het in sy aansoek om nie aangekla te word nie, onder meer gesê dat as “besluit word om hom aan te kla, sal dit ’n ernstige en nadelige gevolg hê op wetstoepassing in die land”, en “polisielede oor die land heen is uiters lojaal teenoor hom en as hy aangekla word, sal dit hul moreel benadeel.”

Ondanks al my sinisme het dit my asem laat snak.  Dit lyk my daar is hoegenaamd geen perke aan politici se arrogansie en kak nie.  Onder hom is wet en orde in SA omtrent daarmee heen – dit kan net ‘n goeie ding wees dat hy waai.  Ek hoop sy opvolger is nie weer ‘n politikus nie, maar ‘n regte polisieman (maar nie Andre Pruis nie).
Maar vanaand vier ek Selebi se suspensie en vervolging met minstens een Grolsh.

This entry was posted in politiek and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Selebi en politici in die algemeen

  1. mykopop sê:

    Alleman, miskien moet jy sê die ANC se arrogansie ens.

    Ek moet sê ek is bietjie verstom dat hulle nou so gewillig is om Selebi te vervolg. Toe hulle Gerrie Nel van die skerpioene in hegtenis neem, het ek gedink hier is die begin van ‘n Zuma-cleansing. Nou is hierdie ding van Selebi reëlreg in stryd daarmee. Ek wonder of dit nie maar net games is wat hulle speel om die wêreld se vertroue te wen en die groot vis te laat wegkom nie. Selebi is ‘n kleinerige vissie.

    Ek dink ek het al die storie van ou Roger Whittaker elders as kommentaar gebruik. Ek het ‘n lewendige opname waarin hy sê: Politicians are like a bunch of bananas. Look, they all hang together, they are all yellow and there’s not a straight one among them!

  2. alleman sê:

    Ek verwys eerder na persone se arrogansie as die ANC s’n. Want die ANC bestaan uit meer as net die arrogante politici. Dit bestaan ook uit gewone mense teenoor wie ek nie vyandig voel nie.

    Ek hou van jou Whittaker aanhaling. Maar ek dink Selebi is ‘n grootman in die ANC – en het iewers gelees dat Mbeki hom vrees. En al is hy dalk ‘n kleinerige vissie sal die land nogtans baie help as hy weg is by die polisie.

    In die meeste politici sien ek tog iets goeds of mensliks raak – maar ek vind Selebi net sinister.

  3. mykopop sê:

    Ek stem, ek was miskien verkeerd om Selebi as ‘n klein vissie te beskryf, hy is groot, maar ek dink tog nie so groot dat hulle wil probeer om hom president te maak nie. Ek dink dis al waaroor die spel op die oomblik gaan, om vir Zuma met sy gewildheid te kan president maak – dit gaan absoluut net oor sy gewildheid wat die ANC bymekaar kan hou – sy beleid of integriteit maak nie vir hulle saak nie. Ek is ook nie vyandig teenoor gewone ANC-lede nie, net teleurgesteld in hulle dat hulle iemand soos Zuma kan aanhang.

  4. agoodway sê:

    Alleman, by ‘sinister’ aanvaar ek jy bedoel ‘skelm’. Aai en die man was nogal die hoof van Interpol ook. So baie mense is besig om klein treetjies vorentoe te gee om hierdie land van ons te verbeter vir almal. Selebi het ons land sommer nou ‘n paar groot tree teruggesit.

  5. Daar is net een ding wat ek GLAD nie kleinkry nie: Hoe de hel is Selebi in die eerste plek verkies tot hoof van Interpol???
    Terloops, oor ene mnr. Pruis kan ek nie meer saamstem nie!

  6. alleman sê:

    Sien http://www.thetimes.co.za/News/Article.aspx?id=679157 oor die R30 000 wat Agliotti na bewering vir Selebi gegee het om ‘n ete in Frankryk te hou vir Interpol afgevaardigdes

  7. alleman sê:

    Hier is nog ‘n paar aanhalings soortgelyk aan die Whittaker aanhaling: http://ibhubezi.co.za/?p=320

  8. Crime does not pay … as well as politics.
    ~ Alfred E. Newman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s