Hoe om nie liggelowig te wees nie

Myns insiens is die Afrikaner oor die algemeen maar ‘n liggelowige nasie, en mense – insluitend mede-Afrikaners – maak maklik misbruik van ons liggelowigheid.  Voorbeelde hiervan sluit in:

  • Adriaan Nieuwoudt se melk kulture en ander piramide skemas
  • Siener van Rensburg se voorspellings
  • Spreek in tale
  • Kettingbriewe
  • 11 Amptelike tale
  • Die ANC se versekerings in die vorige eeu dat Afrikaners ook as Afrikane gesien word.
  • Die Afrikaanse kerkleiers wat Mbeki geglo het toe hy gese het: ‘Trust me on Selebi’
  • Die Afrikaner-leiers wat so onderhandel het dat Cyril Ramaphosa en sy span op een stadium die verrigtinge moes verdaag ‘om te gaan lag’

So ek wil graag drie waarkuwingstekens lys wat mense dalk kan help om nie so so liggelowig en naief te wees nie.

Mense wat met Bybelversies iets probeer verkwansel.

My familie, en baie gelowiges wat ek ken wil nie hê handelaars moet met behulp van Bybelversies ‘n produk aan hulle probeer verkoop nie.
As iemand dit doen, is die kanse baie groot dat dit ‘n slenter is – en as jy daarvoor val, verdien jy om van jou geld bevry te word.

Mense wat niks van die wetenskap wil weet nie.

Die gelowiges wat ek ken, aanvaar dat God nie sommer net Sy eie natuurwette verbreek nie.  Daarom neem hulle kerke wat hulself op grond van geloofgenesing adverteer nie te ernstig op nie.  Veral as daardie kerke houtkrukke teen die mure uitstal van mense wat weer begin loop het.  Mens sien immers lankal nie meer houtkrukke nie – alluminium is mos waarvan dit deesdae gemaak word.

Mense wat mag oor jou wil bekom.

Moenie so naief te wees dat jy ander mense ‘n magsposisie oor jou gee nie.  Want dis in die mens se aard om die swakkeling te onderdruk.   Stap jou eie pad as jy kan.  Maar moet ook nie ander mense probeer onderdruk nie, want hulle sal jou haat en tot ‘n val probeer bring.
This entry was posted in afrikaners and tagged , . Bookmark the permalink.

10 Responses to Hoe om nie liggelowig te wees nie

  1. Ek dink die Amerikaners is ook maar liggelowig. Hoe verduidelik mens anders die sukses van mense soos Benny Hinn?

  2. Jy vat raak met hierdie inskrywing, alleman!

  3. alleman sê:

    Eintlik is ek half verbaas dat ek sulke voor die hand liggende goed moet skryf. Dit is spesifiek die Afrika-tekens ouens wat my dit laat doen het.
    Ek is bly jy sien my as ‘n nie-reaksionere ateis – en dit is waar, ek is nie vyandig teenoor die kerk en gelowiges nie. Maar ek glo eintlik die kerk is skuldig daaraan om mense in hul liggelowigheid te sterk. Ek dink nie 100 of selfs 50 jaar gelede se Afrikaners was so liggelowig nie.

    George ek moes op Wikipedia gaan kyk wie is Benny Hinn. Dit is so – liggelowigheid is ‘n groot probleem daar.

  4. vokof sê:

    Siener van Rensburg se ‘swart gevaar’ waarskuwings, was toe al die tyd ‘n waarskuwing teen ESKOM se kragtekort!

    Mmm, die Afrikaner sweep homself so op, dat hy homself natpie as een ‘wha’ skree.

    Dis nogal ‘n siekte – nie van ons tyd nie, maar van ons nasie.

    Sad but true. Hoe werk mens dit tee?

  5. Jip stem saam sekere mense hou ook van pseudo-wetenskap. Soos: astrologie, UFO’s, gesels met die dooies deur een of ander medium (iewers in die gehoor is iemand wie se iemand se naam met ‘n P begin…LOL).

    Of enige produk wat begin met kwantum- … (magnetiese pynmasjiene en elektriese datjies).

    En dan is daar die talle geneesmiddels, soos om ‘n koperarmband te dra en te dink dit neem pyn weg.

    Of dat een enkele pil wat bemark word deur een of ander kwak vir tientalle siektes werk. (lees: snake oil) En dan jaag dit jou sommer baie geld uit die sak ook.

    Ai hoe lank is die tragiese lys nie en hoe vet is die beursies van die kwaksalwers nie.

  6. alleman sê:

    Rosalind – ek het geweet die lys is baie langer – kon net nie mooi onthou nie.

  7. Skoor sê:

    Hey Frankie, my koper armband gee af aan my arm as ek regtig moeg is. In ‘n mediese tydskrif in my dr. se spreekkamer het ek gelees dat jou liggaam, indien die balans bietjie versteur word, koper ‘opneem’ uit so ‘n armband.

    Hoe betroubaar dit is, sal ek nie weet nie, maar my arm en armband lieg nie!

    Lekker blog Alleman.

  8. Mhambi sê:

    Jy’t my lekker laat smile Alleman.

  9. Skoor,daai koper-armband reageer met die sweet op jou vel (chemiese reaksie). Mens kan nie koper deur jou vel opneem nie, en dien jy dalk mikro-deeltjies sou opneem sou dit geen verskil maak nie. Dit sal ook nie skade maak nie.
    Dis ‘n kwak-tydskrif wat jy gelees het – dalk ‘n promosie-advertensie van ‘n alternatiewe geneeskunde produk?
    Maar koper kan nie die “balans” herstel in mens se liggaam nie.🙂

  10. Pingback: Nog Afrikaner goedgelowigheid « alleman

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s