Mag*

‘n Lang, slanke vrou, in hoëhakskoene, gestileerde jeans, ‘n kort leerbaadjie en met netjies ge-permde hare, het by die mall gestaan en praat met ‘n bedelaar.   Hy was ten minste ‘n voet korter as sy, slordig en stink.   Hy het ongemaklik gelyk.   Sy het gelag: “O ja, ja!, ha ha ha!”;  sy oë het vinnig geknip.   Sy was besig met ‘n vertoning – hy ‘n nuttige byspeler, ‘n bykomstigheid tot haar pragtige menswees.  Dit was asof sy wou sê: “Ek is wel mooi en ryk, maar kyk hoe goedhartig is ek teenoor bedelaars!”
Hy het geweet sy geniet sy armoede, en het gevoel sy het sy staanplek oorgeneem.  Hy was in haar skaduwee.
Ek wou wag om te sien hoe sy volgende na die Delicatessen-winkel toe stap, maar sy sou my sien en ek wou haar nie aanmoedig nie.   Ek wou haar met ‘n eier gooi, maar was te lafhartig.

Die aansitterigheid van witmense benou my.

———————————–

* My vertaling van Power van Lara Pawson.  Ek het liberties gevat met dit – verskoon tog maar.

This entry was posted in politiek, witmense and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Mag*

  1. Was die bedelaar nie blank nie? Ek neem so aan uit jou skrywe? Indien wel, bedoel jy witmense se aansitterigheid teenoor armoede (dan beteken dit die ras van die bedelaar is irrelevant) of spesifiek teenoor swart armoede? Sou die dametjie minder van ‘n vertoning gelewer het as die bedelaar ook blank was?

  2. alleman sê:

    Die bedelaar was sekerlik blank – en die toneeltjie het afgespeel in London. Dit gaan nie oor ras nie, maar oor mag en magloosheid – en seker ook die manier hoe mense se ‘goedheid’ ‘n statussimbool word. Ek was moedswillig om die woord witmense te gebruik – wat Lara nie het nie, maar die afwyking wat beskryf word is vir my ‘n siekte van witmense.

    Sien die oorspronklike hier:
    http://unstrung-larapawson.blogspot.com/2007/08/power.html

  3. Ek sal graag met jou wou verskil. Op grond van wat sal jy se dis ‘n siekte wat beperk is tot witmense? Miskien sien ons net nie genoeg swart(gekleurde) mense in so ‘n situasie waar hulle die bevoorregtes is nie? Ek sou eerder wou se dis ‘n siekte van klas-bewustheid en snobisme…

  4. mykopop sê:

    Ek haat aansitterigheid by enigiemand. En ek sien die verskynsel deesdae by mense wat nie wit is nie.

  5. Ek moet hier met boerinballingskap saamstem Daar’s ‘n eerste vir alles!

    BTW,vir jou inligting ek het van huis verander. Ek is ook nou op WordPress by: http://theleoafricanus.com

  6. alleman sê:

    Ek dink WordPress is ‘n goeie keuse Sean.

    Ek wil darem nie sê die siekte (‘n baie spesifieke soort aansitterigheid) is beperk tot witmense nie. Miskien het iemand soos Oprah Winfrey dit ook.
    Maar dit is tog grootliks ‘n siekte van witmense. En wanneer dit kom by wit siektes dink ek wit mense moet self daaroor praat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s