Nog Afrikaner goedgelowigheid

Ek het voorheen geskryf oor Afrikaners wat so liggelowig is. Intussen het ek begin wonder of die regte woord dalk eerder goedgelowig is. Maar hier is nog ‘n teken van die sindroom:

‘n Jong man het gister vry en met “ ’n tweede kans” uit die Pretoriase streekhof gestap nadat sy slagoffers hom vergewe en saam met hom gebid het en die saak teen hom teruggetrek is.
Mnr. James Baloyi (20) is van ’n ernstige rooftog en poging tot moord aangekla nadat hy in Maart verlede jaar twee vroue in ’n huis in Erasmuskloof, in die ooste van Pretoria, aangeval en beroof het.
Hy het mev. Esther Makgoba, die huiswerker, met ’n mes gesteek. Mev. Bertha Pretorius, die huiseienaar se skoonma, is nie beseer nie.
Die polisie het Baloyi minute ná die rooftog in ’n veld agter die huis gearresteer. ’n Polisiehelikopter en ’n menigte polisielede het ná die rooftog na die boosdoeners help soek.
Mnr. Myndert Bloem, die huiseienaar, was by toe Baloyi gearresteer is en het Baloyi toe ’n drukkie gegee en hom in die naam van Jesus vergewe.

Gister het Makgoba én Pretorius in die hof ook gesê dat hulle Baloyi vergewe.

Volle storie hier.

Ek wonder of die Pretoriase streekhof se vrylating van die misdadiger bloot omdat sy slagoffers hom vergewe het, wettig is.

This entry was posted in afrikaners, witmense and tagged , . Bookmark the permalink.

9 Responses to Nog Afrikaner goedgelowigheid

  1. Sjoe…ja…
    Ek dink ek het dit al voorheen genoem, maar ek dink nie hierdie tipe liggelowigheid (EN goedgelowigheid) is beperk tot Afrikaners nie, maar kom onder vele volke voor (veral ook onder Amerikaners).

  2. alleman sê:

    Ek skryf hierdie dinge want ek wil vrae vra oor die saak.
    1. Is die aanklaer en landros se optrede wettig? Dit voel vir my die staat het ‘n plig om te vervolg ongeag of die slagoffer met die saak wil voortgaan.
    2. Hoeveel seggenskap het die huishulp – die enigste een wat met die mes gesteek is – in die saak gehad? Is sy nie ‘n onreg aangedoen deur die ander betrokkenes – wat almal meer mag as sy het nie?
    3. Wat van die publiek se reg om teen hierdie messteker beskerm te word?
    4. En veral: Wie is verantwoordelik vir hierdie probleem van naiewiteit onder ons mense?
    Moet die kerke dalk verduidelik wat presies hulle mee besig is, en wat hul rol in hierdie sindroom van naiewiteit is?

    Ek het aan Beeld ook geskryf hieroor.

  3. mykopop sê:

    Ek glo dis onwettig. Dis nie ‘n private geding nie, dis kriminele reg. As die staat kan bewys dat hy die misdaad gepleeg het, is die staat verplig om hom die minimum straf op te lê. Ek is net ‘n leek wat regssake aanbetref, so ek weet nie watter vryhede regters het nie, en of dit net die staatspresedent is wat iemand nog kan begenadig nie.

  4. attie sê:

    Ek het ook hierdie berig gelees. Ek het dieselfde vrae rondom die regspleging. Ek dink tog ook dat ‘n mens verantwoordbaar (accountable) moet wees vir jou dade.
    Oor die gewilligheid om te vergewe… Elke ou kan dit seker maar noem wat hy wil, maar daar is ook ‘n stuk grootmoedigheid daarin om die persoon wat jou so aangeval het te vergewe. Ek dink aan Pous Johannes Paulus wat sy aanvaller in die tronk gaan besoek het, hom vrygespreek het, maar op geen manier ingemeng het in die regspleging nie.
    Waarmee is die kerke besig? In hierdie geval moet mens dalk sê: Ons moedig mense aan om te vergewe soos hulle vergewe is.
    Wat sou die impak wees op hierdie brose samelewing van Suid Afrika as daar meer sigbare vergifnis was?
    Ek wil net sê: Ek was al aan die ontvangkant van sodanige vergifnis deur mense. Ek moes wel met die bitter seer gevolge van my dade saamleef, maar ek is ook vergewe. So ek is dalk bietjie subjektief in hierdie aangeleentheid.
    My stuiwer.

  5. Mhambi sê:

    Jong dit lyk vir my verdag. En ek het ‘n regsgraad. Hierdie is immers nie ‘n privaat geding nie.

    Spoggerige nuwe blog alleman, en ek hou van jou nuwe blogroll benamings. Dalk moet jy die vraag stuur aan die Prof wat vir die ANC stem.

  6. alleman sê:

    Wessel ek is nie seker of die prof omgee oor sulke dinge nie. En die hele ding is vir my ‘n teken van verval want dit kan maklik gebeur dat die saak maar net so sal verbygaan, sonder dat iemand die saak werklik opvolg. Ek sal nog sien of Beeld my brief gaan publiseer – hoeveel verder ek die saak kan neem is onseker. En dit pla my – ek het ‘n gevoel dat daar genoeg mense met die nodige energie kon gewees het om sulke sake op te volg – as hulle (ons!) nog in Suid-Afrika was.

  7. alleman sê:

    Attie, wat jy sê oor vergiffenis het my aan die dink – my kop raas daarvan. Ek het self onopgeloste kwessies rondom vergiffenis. Maar die reg (selfs Christelike reg, as daar so iets is), moet sy loop neem ongeag of die aanvaller vergewe is. Soos jy sê, mens moet met die gevolge van jou dade saamleef.

  8. alleman sê:

    Regsgeleerdes, insluitende prof de Vos, het op Wessel se vraag geantwoord. Dit blyk dat die aanklaer, mnr. George Pieterse, wel binne die reg opgetree het.
    Maar almal blyk saam te stem dat die situasie nie wenslik is nie, omdat weerlose mense deur hierdie soort diskresie verder blootgestel word.
    En dis genoem dat die aanklaer se diskresie om die saak te laat vaar, nie in ‘sekere Europese’ regstels bestaan nie. In hierdie lande word die weerloses beskerm deurdat die staat wetlik verplig sou wees om met so ‘n saak voort te gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s