Rassisme se suurstof

Ek glo dat swart mense in die land weet dat net ‘n baie klein proporsie Afrikaners soos daardie Reitz studente self direk iets walgliks aan ‘n swart mens sal doen. So hoekom is dit asof ons almal saam in die beskuldigdebank staan? Hoekom moet ons ‘hand in eie boesem steek’?
Want die res van ons is die lug waarin hulle hul stank versprei – ons gun hulle suurstof. Byvoorbeeld al die ander Reitz studente het skynbaar die video ‘n tyd gelede al gesien, maar nie een het dit goed gedink om ‘n klag daadoor in te dien nie. Wanneer iemand rassisties praat bly ons meesal eerder stil, en dis hoe ons aandadig is.
Hierdie idee van hoe die samelewing nie ‘n greintjie geduld met rassiste moet hê nie, is nie iets wat ek sommer self uit my duim suig nie – dis die manier hoe ander lande dit reggekry het om verder as ons te vorder met die uitwissing van die probleem.

Kom ons praat eerder oor ‘hulle’ rassisme
Telkens wanneer ons gevra word om oor wit rassisme te praat, word dinge soos swart misdaad en swart rassisme bygesleep. Ons kan eenvoudig nie by die onderwerp hou nie. Almal weet dat swart gemeenskappe soms misdadigers in hul geledere verdra en selfs bewonder. Ons wil graag hê hulle moet die misdadigers uitlewer. En nie rassisties teenoor ons wees nie.
Maar hoekom sal swart gemeenskappe, as hierdie dinge ter sprake kom, nie ook soos ons gedurig die onderwerp verander nie?

This entry was posted in afrikaners, rassisme, suid-afrika, witmense and tagged , , , . Bookmark the permalink.

3 Responses to Rassisme se suurstof

  1. Toe lees ek vandag die rubriek…en ek voel erg ongemaklik:

    http://www.news24.com/Rapport/Rubrieke/0,,752-801_2280320,00.html

    Hoe sou die betrokke joernalis gevoel het as daar ‘n organisasie was vir net wit joernaliste? Sy sou woedend gewees het. Alles behoort inklusief te wees, ook sakeklubs.

    Ek verstaan dat sy kwaad is oor die koshuis-ding. Ek is ook vies.

    Is dit reg om die k-woord te gebruik net omdat jy swart is? Is dit nie dubbelstandaarde nie. Ek weet ook nie meer nie. Ek verstaan haar punt nie lekker nie en dit is nie geloofwaardig nie.

    En soos ek dit verstaan is die jong man wat geskiet het op die mense in die plakkerskamp, regtig psigiatries nie toerekeningsvatbaar nie. Die gerekende forensiese kriminoloog Irma Labuschagne het dit ook so bevind. Die ander is misdadigers wat deur die hof skuldig bevind is. ‘n Moordenaar is ‘n moordenaar, hulle kom in alle kleure voor.

    Maar SEKERE DELE van die rubriek het net iets sleg in my mond gelaat. Sjoe.

    Is of alles nou gesneebal het.

  2. Alleman, ja die feit dat die ander Reitz-studente nie gepraat het nie is verkeerd.
    Dit kan kollektief teen die gehou word teen die wat dit gesien het en stilgebly het.
    Hoekom bly mens stil? Hoekom het duisende Duisters stilgebly oor die Jode?

    Mens gee suurstof aan diskriminasie teen mense met psigiatriese siektes en gestremdhede ook, dit grief my net so.

    As mense dinge maar net meer op die keper kan beskou sal ons mekaar soveel pyn spaar.

  3. jaydee sê:

    Rassime is net rassime as dit van die wittes se kant af kom. As dit van die ander kant af kom , is dit regstellende aksie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s