Nooit klaar met SA nie

Baie Afrikaanse mense sit nou in die buiteland – ons weet wat die redes daarvoor is.  Dit lyk vir my daar is meer as een manier om ‘n ekspat te wees:

  • Een soort mis goed soos blatjang, biltong of niknaks en gaan heeltyd omtrent net daaroor aan.  As hulle net die regte soort goed te ete kan kry maak dit nie vir hulle saak dat Suid-Afrika besig is om agteruit te boer nie.
  • ‘n Tweede soort het SA se stof van hulle voete afgeskud.   In hul briewe aan SA koerante kan mens omtrent aanvoel hoe hulle hul lippe aflek daarvoor dat SA heeltemal moet faal.  My persepsie is dat baie van hulle in Australie is.
  • Maar wat van ekspats wat op ‘n positiewe manier met hul geboorteland wil omgaan?   Hulle (ons) families en vriende woon tog daar! Afrikane in Europa en die VSA het ‘n lang geskiedenis daarvan om ‘n positiewe bydrae te probeer maak.  Hulle het baie organisasies geskep wat hulle ten doel stel om dinge vir hul lande, of Afrika as geheel, te verbeter.     Een voorbeeld is die African Foundation for Development, wat hulle ten doel stel om Afrika se diaspora in te span om welvaart en werk in Afrika te help skep.    Ek het AFFORD se direkteur ontmoet – hy kom van Sierra Leone, ‘n land waar verskriklike dinge gebeur het.   Maar eerder as om op die negatiewe te konsentreer, het hy alreeds baie positiewe dinge bereik vir sy land en Afrika as geheel.

Ek beskou laasgenoemde as die beste manier om ‘n ekspat te wees, en ek wens daar was meer organisasies wat spesifiek Afrikaners in die buiteland kan betrek.

Mag ‘n ekspat ‘n opinie oor SA hê?
Ek word soms gekonfronteer met stellings soos “Ja, maar jy sit veilig in die buiteland”, of “Dis maklik as jy in die buiteland is”.  Ek dink ook dis baie maklik om van hier af te sit en skryf.   Maar mens moet eerder vra of ‘n ekspat se bydaes nuttig of insiggewend is.  En ‘n ekspat kan soms  insigte kan hê wat hy nie sou gehad het as hy in SA gebly het nie.  Maar ons moet ook, net soos enigeen wat nie wil nonsens praat nie, baie meer lees en luister as om van ons te laat hoor.

This entry was posted in afrika, afrikaners, politiek, suid-afrika and tagged , , , . Bookmark the permalink.

14 Responses to Nooit klaar met SA nie

  1. mykopop sê:

    Ek kopieer my kommentaar by http://namakwanooi.wordpress.com/2008/03/06/ek-kan-nie-wat-verkeerd-is-verbyloop-nie/
    hieronder:

    Ek het half die gevoel die buiteland gaan nie jou storie koop nie (dis nou hoe dit met die blankes in SA gaan), want jy is die verkeerde kleur. Dalk, vir die van ons wat reeds besluit het om hier te bly, kan jy die grootste verskil maak deur ook te bly en ons getalle te versterk. Solank daar menseregtevergrype hier plaasvind sal die buiteland dit hopelik eendag raaksien. As ons almal ons laat wegdryf dan is daar mos niks nie?

  2. alleman sê:

    Chris, as dit gaan oor wie “ons storie koop”, dan kan ek vir jou sê dit gaan nie oor of ons velle wit is nie – eerder oor die feit dat ons Afrikaners is, en wat dit vir die wereld, veral vir die Britte en vir die BBC beteken.

    Ek het nie in die eerste plek in gedagte om Afrikaners se saak in die buiteland te stel nie. Daar is verskeie redes daarvoor. Die een is dat die gemiddelde buitelander, en veral die gemiddelde Brit, voel dat Suid-Afrikaners hul eie sake moet uitsorteer. Ek dink die meeste Britte is ook heeltemal OK daarmee dat Afrikaners so ‘n bietjie moet suffer. En ek noem spesifiek die Britte, want van almal het hulle sekerlik by verre die meeste mag oor wat in Suid-Afrika aangaan, en dus ook teoreties oor wat met Afrikaners gebeur.

    Tweedens, sekere mense, soos die Reitz videomakers, en die skrywer van die South Africa Sucks website, het in die fontein van moontlike simpatie gepis. As dit kom by hulp soek in die buiteland oor dinge soos plaasmoorde en martelaanvalle dink ek nie daar is tans baie moontlikhede nie. Nie dat ek wil sê daardie deur is vir altyd toe nie, maar dis nie iets wat ek nou sou probeer aanpak nie. Ek sal eerder deel wil wees van ‘n groep wat baie deeglik besin oor wat ons te doen staan.

    Oor om in SA te bly en ‘ons getalle te versterk’ – ek dink baie oor Psalm 127:4. Dit gaan so:
    “Seuns is geskenke van die Here, kinders word deur Hom gegee. Soos pyle in die hand van ‘n krygsman, so is seuns wat gebore is toe hulle vader nog jonk was. Dit gaan goed met die man wat sy pylkoker so gevul het! Sulke mense het niks te vrees as hulle met die vyand in die stadspoort onderhandel nie.”
    Ek dink baie oor daardie stuk, maar toe ek en my vrou in 1997 Engeland toe gekom het vir haar studies het ons geensins negatief oor SA gevoel nie, en het dus nie gedink dat ons vlug nie. Die intensie was om terug te kom, maar mens raak betrokke by nuwe geleenthede – maar dalk kom ons wel eendag terug.

  3. mykopop sê:

    Jammer, ek dink ek het per ongeluk die term “wit” as uitruilbaar met “Afrikaner” gebruik, maar ek werk saam met Engelssprekende blankes wat hierdie dinge eerstehands aan hulle eie bas ook ervaar.

    Eienaardig dat die Britte (en andere) nou voel dat Suid-Afrikaners hulle eie sake moet uitsorteer terwyl hulle nie gedurende apartheid so gedink het nie.

  4. Sammi sê:

    Alleman
    Ek dink dit vat baie moed om weg te trek van wat mens ken. Ek verwys altyd na die “chicken-stay” as “chicken-run”. Baie Suid-Afrikaners wat in die buiteland bly, het dit vir verskeie redes gedoen.
    1) Veiligheid
    2) Beter werks-geleenthede
    3) Beter persoonlike groei
    4) Meer geld
    ens, ens
    Vir die van ons wat agtergebly het, al is dit soms met families wat opgebreek is, was dit altyd ons keuses om hier dinge te probeer laat werk. Ek glo daar is Suid-Afrikaners wat hul keuses aan hulself moet bevestig deur alles aan te vat en lekker kry oor die lelike gebeure hier. Die wat terug verlang het vir die verkeerde redes gegaan in die eerste plek.
    Die begrip van wat in Afrika aan die afspeel is, is die moeilike een om te verwerk.
    Natuurlik het ons expats nodig om saam te staan en iets positiefs te probeer doen. Maar ai, daar’s maar bitter min van hulle/julle.

  5. Sammi sê:

    Nounet julle kommentare gelees en wil net sê, as ek verwys oor ons stories, dan moet julle verstaan waarna ek verwys en dis gedek by een van my eerste inskrywings. Dit het NIKS uit te maak met die blanke nie. Ek dink dis onder die opskrif, “Vandag die Polisiekommissaris se kantoor gebel” lees dit en dan praat ons weer, ek kry baie goeie terugvoer van die mense met wie ek in die verskillende departemente gepraat het.

  6. wildebees sê:

    Alleman, dit is ‘n uitstekende idee om so ‘n organisasie te stig. ‘n Afrikaanse organisasie wat Afrikaners en Suid-Afrika bystaan. Dit hoef natuurlik nie net beperk te wees tot expats nie, maar dit kan expat kundigheid, konneksies en middele inspan.

  7. Ek glo aan vryheid van spraak en dat enigie iemand geregtig is op sy/haar opinie. Net omdat iemand die land verlaat het beteken nie dat hulle nie meer omgee vir die geboorteland nie? En as hulle nie meer omgee nie, wel dan is dit seker maar hulle saak.

    Maar as ek ‘n brief/opinie lees waarin iemand het negatief sit en kerm, sonder feite dan hou ek op lees. Dit is gelukkig ook my reg om my nie te steur aan iemand wat vol waninformasie is nie.

  8. Rustig sê:

    Alleman: Ek woon al sedert 1996 in buiteland. Het getrek oor werk en nie oor politiek en misdaad nie. Ek voel die wereld het nie erg aan hoe dinge in Suid Afrika gaan nie. Dit pas hulle hoe vinniger dinge in duie stort. Al wat ek mis is my familie. Tannie Balls se blatjang het ook al sy kwaliteit verloor. Ek is op twee forums wat SA help met advies oor immigrasie ens. Ons is maar tog op einde van dag ‘n “trek volk”.

  9. Nikita sê:

    Hi Alleman… ons het slegs aan ons kinders en hul toekoms vorentoe gedink toe ons besluit het om op te pak. Ja, ons mis Suid-Afrika baie beslis! Dis ONS land, ons voel ons is “weggedryf” deur ‘n onderwysstelsel wat begin ondergaan het.. en ‘n land wat nie meer ‘n toekoms vir ons kinders sou inhou nie…as ons kon kies, het ons gebly, ten spyte van die veiligheid-situasie! Ons het vir byna 10 jaar in ‘n baie onveilige omgewing gebly, waar baie mense nie sal wil bly nie, maar vir ons was dit “veilig” genoeg. Ons lewens was daardie tydperk byna daagliks in gevaar…ons het nie omgegee nie, want Jesus het ons beskerm. Ons het beslis nie vir meer geld…of beter werksgeleenthede gegaan nie…want onderwys is oral dieselfde en kry oral swak betaling. Moenie dink mense soos ons sit hier en kritiseer mense in SA.. ons VOEL vir almal daar, beide van ons se HELE familie is nog in SA en lewe ook daagliks in gevaar, dus is ons in kontak met SA, alhoewel ons nie elke minuut weet wat aangaan nie. Stig ‘n organisasie waar ek kan inskakel (met my tyd beskikbaar) om SA te help opbou en reken my in! Ek voel wat ek huidiglik kan doen…is om my blog te gebruik om die mooi van SA uit te beeld en die positiwiteit daarin terug te sit, want ek glo steeds in my hart dat SA sal opstaan…eendag en weer die plek sal wees wat hy was met almal se positiwiteit. Net soos julle nie hou van briewe in die koerante nie, hou ons (ek) nie daarvan om negatiwiteit te lees oor expats nie.. Ja, jy’s reg oor die Engelse.. hulle hou steeds niks daarvan nadat ons hulle met die Boere-oorlog eintlik “ore” aangesit het as ‘n nasie wat ‘n wil het! en…oor die Springbokke natuurlik!😉

  10. alleman sê:

    Nikita ek sal jou per e-pos kontak

  11. Nikita sê:

    http://www.news24.com/Rapport/Nuus/0,,752-795_2296514,00.html

    Dankie! reg so…lees solank hier ook!

  12. knersis sê:

    Eks ook ‘n ekspat-
    Ekspatriooties, ek bly net hier!

  13. Pingback: GG - Uitgawe 3 « Gert Gariep

  14. Okakanja sê:

    Wat tans in SA aan die gebeur is is die ingilse se straf vir die uitroep van republieke óp ingelse grond. Hulle sal voortgaan om terroriste te befonds om die muiters (afrikaans en ingils sprekend) in Rhodesie en SA te straf vir hulle verraad. Hulle verlekker hulle in die chaos en ellende (straf) wat hulle geskep het. Muitery is strafbaar met die dood. Dit pas hulle ekonomies om met kommunistiese barbaare ruilhandel te doen. Veel eerder as met muiters soos Iain Smith of Paul Kruger en hulle gevolg. As jy bereid is om hoed in te hand by die queen te gaan omvergifnis vra sal jy half teesinig toegelaat word om weer aan die tafel te eet. Moennie asem ophou dat hulle iets aan die “genocide” gaan doen nie. Dit is en was van die begin af hul rede vir die ondersteuning van die ANC.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s