Gesiglose mediabase

Ek is nie te gelukkig met my poging om te verklaar hoekom David Bullard dit kon regkry om jare lank onder Mondli Makhanya met soveel wit meerderwaardigheid te skryf nie, maar ek het nou ‘n ander vermoede van wat gebeur het. Chris Moerdyk skryf oor hoe Bullard die Sunday Times in Empire magazine gekritiseer het, en hy glo dit is hoekom Bullard onstlaan is. Ek stem nie met hom saam dat Bullard “nie eers weet hoe om rassisties te wees nie”, maar die Empire Magazine kwessie is beslis deel van die storie.
Makhanya was waarskynlik nooit gelukkig met Bullard nie, maar hy kon dalk nie van hom onstslae raak nie, want sy base by Avusa het miskien geglo dat Bullard baie werd was vir die koerant. Maar toe Bullard die koerant en Avusa kritiseer, was Bullard skielik vervangbaar, en het Makhanya uiteindelik sy sin gekry om van hom ontslae te raak. Net soos wat Llewellyn Kriel se doppie geklink het toe hy Avusa kritiseer het.

As ek reg is, is die gesiglose base by Avusa se optrede konsekwent laakbaar. Hulle laat toe dat Bullard wit meerderwaardige opinies verkoop in die naam van satire en vryheid van spraak, en opinieskrywers soos Bullard moet die regering, die ANC, en wie ook al nog vreesloos kritiseer, maar sodra hulle – die gesiglose base of die maatskappy self – onder skoot kom word die skrywer summier afgedank.

Nasionale Pers is vermoedelik minstens net so waardeloos en gierig as Avusa. Tim het waarskynlik nie alleen die besluit geneem dat Rapport se sirkulasie nie mag daal weens die SMS veldtog oor Deon Maas nie.

SA se media korporasies verkoop elke dag stories oor hoe die samelewing behoort te wees. Ek hoop nie hulle is almal so sinies en gierig is as wat ek dink hulle is nie.

This entry was posted in witmense and tagged , , . Bookmark the permalink.

6 Responses to Gesiglose mediabase

  1. Alleman, ek is ongelukkig genoop om van jou te verskil oor die Bullard-kwessie. Hoewel ek nie saamstem met alles wat Bullard skryf/geskryf het nie, sal ek sy reg om so satiries te skryf tot die dood toe verdedig. Behalwe dat ek dink hy is ‘n uitstekende rubriekskrywer, voel ek ook ons samelewing is net te fyngevoelig. Net so sal ek die Deense spotprentekenaars se reg om Mohammed-spotprente te teken verdedig…en net so sal ek Salman Rushdie verdedig. Vryheid van spraak is ononderhandelbaar en die wat aan die ontvangkant is, moet hulle vel begin dikker kweek.
    Party skryf uit ‘n oogpunt van Islam-meerderwaardigheid, ander uit die oogpunt van Christen-meerderwaardigheid, ander uit die oogpunt van Xhosa-meerderwaardigheid. Almal verdien om gehoor te word. Ek sou ook hoop dat die koerantlesende publiek van Suid-Afrika volwasse genoeg is om te onderskei tussen fiksie, feite en satire. As die skoen jou pas, trek hom dis aan…maar moenie die boodskapper op die brandstapel gooi nie.
    Natuurlik is dit ook enige redakteur se reg om te “hire” en te “fire” soos hy/sy wil. As Makhanya dit om die verkeerde redes gedoen het, is dit vir my soveel meer betreurenswaardig.

  2. NS: Lees ook gerus wat Zapiro onlangs gese het van mediavryheid.

  3. alleman sê:

    Boer ek is nog besig om hierdie dinge vir myself uit te maak, maar ek het nie die reg om so satiries te skryf bevraagteken nie. Bullard het nog steeds die reg om so te skryf (en ek stem saam hy moet dit hê).
    Maar die Sunday Times het ook die reg om te besluit dat dit nie in hul koerant moet wees nie.

    Maar daar is ‘n verskil tussen wat wetlik toelaatbaar is, en wat ‘n goeie ding is. En laasgenoemde is waaroor ek skryf.

  4. Ek dink steeds die redakteur moet rubrieke lees voor dit ingaan en dit nie onder sensuur plaas na publikasie nie. Dit is nie hoe dit werk nie.

    dan lyk dit of die redakteur swig onder druk van mense en of die koerante sy onafhanklikheid verloor. Koerante swig nie voor druk van buite nie, maak nie saak wat nie, dit is een van die hoekstene van die joernalistiek.

    Elke keer as mense ontsteld is kan jy nie mense hire en fire nie.

    Jy keer so iets voor dit ingaan as jy nie saamstem nie, meneer die redakteur.

  5. alleman sê:

    Dit is so Rosalind maar Bullard het al jare so geskryf, so mens moet aanvaar dat sy einde op pad was nog voor hierdie spesifieke artikel.

  6. Alleman, maar as hy jare lank so skryf, dan aanvaar mens die redakteur stem saam daarmee.

    Anton Harber het ook die naweek gese: Of jy maak seker dat jy sien wat in jou koerant kom, en as dit inkom verdedig jy dit tot die dood. Dit is hoe joernalistiek werk.

    Jy wag nie vir ‘n insident nie, jy laat loop die persoon na onderhandelings (nie permanente skrywers) of skuif hom na ‘n ander redaksionele eenheid (permanente skryers. Normaalweg is rubriekskrywers nie permanent op die redaksie nie, hulle lewer bydraes van buite. As hulle op die redaksie is, kan jy hulle net skuif om iets anders te doen.

    Rubriekskywers is NIE joernaliste nie. Hulle skryf nie artikels nie, maar lewer opinie. Reuse verskil tussen die twee. Dit is ook hoekom die afdelings en plasing duidelik geskei word.

    ‘n Rubriek bly dit: persoonlike kommentaar. Die betrokke koerant is veels te fyngevoelig en die mense ook (ek kyk analities hierna, ek se NIE die rubriek is goed/sleg nie). Maar k*kering geskryf. ‘n Rubriek moet emosie van watter aard ookal ontlok.

    Vir my is die enigste rede om iemand te laat loop wat permanent aangestel is (journalis/journalist), die joernalistiek se doodsonde: plagiaat.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s