Litnet blogs is hier

Dit het al ‘n maand gelede bekend geword, dat Litnet gaan blogs kry, maar dis nou by Litnet self aangekondig.

Die artikel by book.co.za sê onder meer Litnet “is headed for the realm of web 2.0”.  So die afgelope maand sit ek in afwagting van ‘n mooi WordPress multiuser plek waarop mens kan trots wees.  En wat ook al die ander goed wat Litnet doen, huisves (in plaas van die huidige platform wat nie eers ‘n nuusvoer het nie).  Maar in plaas van WordPress multiuser, is dit maar net 24.com se ou platvorm, met ‘Litnet’ vooraan die URL geplak.  Ek was so teleurgesteld toe ek dit sien.

Nietemin, mens kan weekliks in aanmerking kom vir pryse van R1000, R500 en R300, en daar gaan interessante skrywers wees, so mens moet seker maar onthou dat die inhoud die belangrikste is.  En mens moet seker jou eie mense se pogings ondersteun, so ek sal beslis oorweeg om te skuif.

Skakels:
Litnet blogs
Pryse, reels ensomeer
Etienne van Heerden skryf daaroor

This entry was posted in witmense. Bookmark the permalink.

10 Responses to Litnet blogs is hier

  1. Ek sten saam die litnet blogs platform is uiters tereurstellend.

    As ons in ‘n laer moet terug, laat dit tog ‘n nice een wees. Ek gaan defnislis nie in die een in nie.

  2. alleman sê:

    Laer trek is darem nie wat ek in gedagte het nie. Ek wil net graag ‘n platform deel met mense wat oor dinge soos SA of tegnologie skryf (en nie hoofsaaklik oor hul persoonlike lewens nie). So as mens wil kommentaar lewer is dit maklik as jy op dieselfde platform is, en daardie platform is WordPress.
    Die manier hoe WordPress se kommentaar werk is net so uitstekend, byvoorbeeld die my-comments bladsy waar jy op hoogte bly met ou gespreke – as iemand later weer iets bydra. Iemand wat 24.com (of mweb) gebruik sal nie verstaan voor hy dit sien nie.
    En 24.com, blogs.24.com, litnetblogs.24.com en litnet.co.za is almal so lelik dat dit waarskynlik hordes mense afsit.

    En terwyl ek nou op spoed is. Hoekom moet die ander Afrikaanse koerante saam op dieselfde Vignette platform aansukkel? Hoekom kan hulle nie hul eie domains kry soos Die Burger nie, en verskillend lyk en voel nie? Wat dink Naspers gebeur wanneer ‘n Afrikaanse persoon op die Net rondkyk en alles lyk so Vignette- of Litnet – agtig? So tegnologies gestrem en lelik?
    Hulle wend hulle tot Thought Leader / The Times / M&G ens, dis wat.

  3. Rustig sê:

    Het gister so bietjie gaan loer. Lyk maar flou en dit het nie ‘n “wow” nie. Mens sal dink hulle kon so bietjie meer geld spandeer het op die uitleg. Wie weet dalk is dit nog te vroeg.

  4. Ek weet nie of ek van Litnet s’n hou nie.

    En hulle se-net plek (briewe) was jaar in jaar uit op dieselfde ou seer. boring verby. oor en oor dieselfde mense met dieselfde idees.

  5. mykopop sê:

    Ek weet darem nie. Ek het by da Mario s’n gaan kyk of ek kommentaar kan lewer – hulle wil hê ek moet registreer.

    Hulle het darem te veel reëls en regulasies. Hoekom wil hulle my persoonlike inligting hê en hoe weet ek wat hulle alles daarmee gaan maak.

    Volgens wat ek gelees het wil hulle hê jy moet jouself in een van ‘n paar kategorieë indruk, van my inskrywings val in verskillende van daardie of ander kategorieë.

    Ek wou eers opgewonde raak oor die pryse, maar sien dit word toegeken op grond van hits. Ek het gehoop mens kan miskien eenkeer in jou blogloopbaan ‘n R1000 wen vir een uitstekende inskrywing. In my ondervinding genereer ‘n enkele inskrywing gewoonlik verkeer vir so ‘n dag, maksimum 3 dae. Dus moet jy dit vir ‘n week aanmekaar doen.

    Ek weet darem nie.

    …maar! Nou sien ek daar word kaste wyn ook uitgeloof!

  6. alleman sê:

    Ja ek stem saam hits is ‘n baie bedenklike rede om pryse toe te ken. Onder meer omdat dit kunsmatig geproduseer kan word.

    Ek het natuurlik lankal ‘n 24.com blog wat ek net gebruik om op 24.com blogs kommentaar te lewer. Maar nou gebruik ek dit sommer ook om WordPress en 24.com te vergelyk:
    http://blogs.24.com/ViewBlog.aspx?blogid=17c12bc4-cd32-4c85-9f29-4dd53d9d3bdf

  7. Lilliput sê:

    What about an english version of the blogs for those expats that have forgotten their hard learned Afrikaans?

    I know I’m missing out here!

  8. annora sê:

    Genugtig, wat vertel julle alles. Ek hou nogal van die blogspot.com uitleggie, maar ek verstaan nog min van die blogger ding. WordPress lyk ook oulik. Litnet maak my al jare deurmekaar.
    Groete,
    Annie

  9. alleman sê:

    Annora ja, WordPress is nie opsigself noodwendig soveel beter as Blogger/Blogspot nie, maar die manier hoe kommentaar werk by WordPress, en die groot hoeveelheid Afrikaanse bloggers hier, maak dat as jy hier sou skryf sal jy meer lesers en interaksie kry as by enige ander plek.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s