Lit Brother

Om te blog gee ‘n persoonlike perspektief op waaroor jy ook al oor blog.  As dit nie persoonlik was nie, sou dit ‘n formele artikel gewees het – iets wat baie werk kos, en etlike kere weer deurgelees moet word om seker te maak die feite is reg, die argumente volg logies, en die hele ding is nie op emosie gebaseer nie.
Die Afrikaanse blogs by WordPress is meesal ‘n lekker geselsery, baie soos wat Afrikaanse mense gesels wanneer hulle mekaar teekom. Ek hou oor die algemeen daarvan.   Ek sal nou nie so diep op my eie persoonlike lewe ingaan soos party ouens nie, maar ek het vrede met die wat dit doen, want hulle blogs is dalk hul persoonlike dagboeke waar hulle dinge vir hulself uitwerk.

Maar as iemand by LitNet blog, het ek gedink, doen hy dit omdat hy iets te  sê het in die openbare sfeer – iets wat mense wat hom nie ken nie kan interesseer.  Miskien sy persoonlike kykie na een of ander politieke, ekonomiese, tegnologiese saak.  Of dalk ‘n godsdienstige, musikale of sport insig wat met ons gedeel kan word.  Of dalk iets van boeke – dis tog LitNet after all.

Moenie glo nie.  LitNet blogs gaan eerder oor Carl Niehaus se persoonlike lewe, en hoe Neil Kroese gym.  Die selfobsessie daarvan!
Om die waarheid te sê, ek is baie bly Afrikaans het my toegerus met presies die regte woorde om LitNet blogs te benoem: dis ‘n pot kak.

Kom eerder weg daar as jy dalk per ongeluk daar beland het want die ding lyk aansteeklik.

This entry was posted in witmense and tagged , , . Bookmark the permalink.

8 Responses to Lit Brother

  1. Ek stem 100% saam met jou! Te veel ego’s en te min common sense.

  2. Jo-Ann Schou sê:

    Ek dink hier in die Afrikaanse Woordstoot hoekie kuier ons lekker oor en weer. Soos jy sê, sommige baie persoonlik, ander baie oorspronklik, maar oor die algemeen ‘n verfrissende eerlike klomp bymekaar. Ek het ‘n slag oor die draad geloer, maar ek bly liewer hier waar ek kaalvoet kan rondloop. Noem my maar Plain Jane….

  3. Alleman ek wil nie se: “Ek het jou gese nie”….:) :0

    soos ‘n passer al om dieselfde gat? of soos ‘n passer al om mekaar se gat(t)e

    LOL…groete

  4. Neil Kroese sê:

    Soos ek deur jou blog blaai en lees raak ek toenemend dankbaarder dat Afrikaans jou toegerus het met presies die regte beskrywende woorde…….

  5. alleman sê:

    Wel Neil ek is nie seker wat jy bedoel nie, maar ek voel nou sleg dat ek uit al die die derduisende selfbehepte blogs juis jou gekies het om oor te kla. Daar is eintlik baie interessante goed op jou blog ook.

  6. Neil Kroese sê:

    Is alle blogs dan nie maar by implikasie “selfbehep” nie…joune inkluis?

    En jy is regtig vry om te kla,kommentaar te lewer en te kritiseer soveel jy wil. Blogging is nie vir my ‘n popularity contest nie.

    Maar regtigwaar, behalwe vir die funky sagteware op wordpress is daar geen verskil in inhoud tussen wat hier aangaan en wat op LitNet se blogs aangaan nie.

  7. alleman sê:

    Nee ek dink daar is mense wat nie selfbehep skryf nie (kyk so ‘n bietjie deur my Leeslys).

    Natuurlik kan mense oor hulself skryf en ek het nie ‘n probleem daarmee nie hoewel ek nie kan verstaan hoekom ‘n vreemdeling dit sou wou lees nie.

    Maar as jy by LitNet skryf wil jy mos op ‘n seepkissie klim, en ‘n klip in die openbare domein gooi. Dit kan interessant wees om mense se opinies te hoor, en dis wat ek gedink het mens gaan by LitNet blogs kry. Maar toe nie – die mense daar skryf grootliks oor hulself.

  8. Hmm…die funky sagteware is onontbeerlik vir goeie blogs. ‘n Blog is ‘n website, ‘n website is ‘n teks, ‘n teks moet aantreklik wees vir lesers.

    Sonder funky sagteware…wel, daarsonder sit jy met jou vinger in jou IP-adres.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s