Fotos van Indië

Kliek op die fotos om te vergroot.

Armoede en rykdom, asook Tata en kommunikasietorings.

Tata Indicom.  Behalwe motorfabrieke en ‘n selfoonnetwerk, het Tata ook verskeie ander tentakels in omtrent elke sektor, byvoorbeeld hulle het ook ‘n hotelgroep, en teeplantasies.

Motorfietsryers in Mumbai.  Mhambi het ook oor Indië en die feit dat sommige vroue nie helms dra nie, geskryf.

Sypaadjies is dikwels ‘n swakpunt – vuil, smal en vol gate soos hieronder in Ernakulam, of totaal afwesig of vervang deur oop rioolslote soos sekere plekke in Thrissur.

Mense wat in telekoms belangstel, sal die drade ook interessant vind.   My indruk van telekoms in Indië (ondanks die toestand van die kabels hieronder), is dat dit goed is in vergelyking met ander infrastruktuur van die land.  Internet toegang blyk oral beskikbaar te wees, en is nie duur nie.

‘n Hindu troue is iets om te beleef, en is nie net een seremonie op een dag nie.  Hierdie foto wys my twee seuns en ‘n Delhi egpaar se dogtertjie.

Hierdie olifant was ook by die troue.

Een deel van die troue was ‘n rit vir gaste op ‘n huisboot by Alappuzha.

Dink jy daaraan om jou kind Brandon of Samantha te noem?   Die Indiers – soos hierdie lugwaardin – beskou ons seuns se gewone Afrikaanse name as baie eksoties.

This entry was posted in witmense and tagged . Bookmark the permalink.

6 Responses to Fotos van Indië

  1. Dankie vir die foto’s. Ek dink itv van armoede/rykdom en Tata wat vingers orals indruk, volg Indie seker maar min of meer die Koreaanse paadjie van ontwikkeling. Die groot verskil is natuurlik dat Korea BAIE minder mense het en minder armoede.

    Die lugwaardin (en seuntjie!!) is pragtig! Mag ek vra watter lugredery sulke pragtige lugwaardinne oplewer?

  2. alleman sê:

    Dankie! Ek dink nie Tata is ‘n bose maatskappy nie, hulle bou en onderhou byvoorbeeld skole ook, en Indiers met wie ons gepraat het, is trots op die maatskappy. Tata is tans in ‘n groot debakel betrokke oor kleinboere wat onteien is in Singur om plek te maak vir ‘n Tata fabriek – waar die Nano vervaardig moet word. (hulle sal vergoed word, maar hulle is gedwing). Die protes daar is besig om hulle uit te dryf, miskien na ‘n ander Indiese staat. Maar vir duisende armes in Singur sal dit ‘n ramp wees as Tata verdryf word.

    Die lugwaardin is van IndiGo – http://goindigo.in

  3. Dankie vir die pics…Sal ook graag eendag Indie wil besoek!

  4. Hallo. Die troue lyk lekker, ek is moeg vir boere-troues…wens ek kon so troue ervaar, of sommer enige ander troue wat nie deel is van die kultuur waarin ek grootgeword het nie.

  5. flippiefanus sê:

    Baie interessant. Sal ook eendag dit wil ervaar.

  6. Die Brein sê:

    Hi Alleman ek was darem ookal oorsee,…..Robbeneiland is mos oorsee.?!Nee ek hoop jy het die tyd daar geniet en ek dink dis lekker om so iets soos`n ander buitelande kultuur se troue by te woon.Hoop jy het nie te veel gesuie nie.Mooi fotos en ek dink ook die lugwaardin lyk regtig mooi.

    Lekker aand.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s